| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:09 - (SA)
Man vry nadat kind doodgery is, maar iets haper met borggeld Willem Pelser
Die Suid-Afrikaanse man wat die afgelope twee weke in huisarres in Mosambiek was nadat hy ’n Mosambiekse kind doodgery het, is Vrydagmiddag op borgtog van 55 000 metical (sowat R18 000) vrygelaat. Mnr. Rudi Labuschagne (24) het voorverlede Vrydag net buite Maxixe ‘n vyftienjarige seun doodgery wat voor die voertuig wat hy bestuur het, ingehardloop het. Die voertuig en sy paspoort is gekonfiskeer. Labuschagne is in huisarres geplaas en verbied om die land te verlaat terwyl hy gewag het dat die saak in die kom kom. Gister het ’n baie emosionele en ’n afgematte Labuschagne by die gesin se huis in Nelspruit oor sy nagmerrie-ervaring gepraat. Hy is erg getraumatiseerd en sal “nooit weer in Mosambiek kan bestuur nie”. “Elke keer as ek iemand langs die pad sien, is ek vas oortuig daarvan hy gaan voor my inhardloop en ek gaan hom dan doodry,” sê Labuschagne. Volgens hom sal hy moontlik berading moet kry om die gebeure te verwerk. “In ’n stadium is prontuit vir my gesê daar is ’n moontlikheid dat ek nie borgtog gaan kry nie en in die gevangenis opgesluit gaan word. Dit was my heel grootste vrees. Ek was geweldig bekommerd daaroor,” sê Labuschagne. Die aanklaer wat die saak behartig het, het Labuschagne met minagting behandel en sy pa, Johan, toegesnou: “Julle Suid-Afrikaners dink omdat julle versekering van R150 by die grenspos uitneem, kan julle mense hier kom doodry.” Labuschagne het twee weke lank byna daagliks by die hof probeer uitvind wanneer die saak gaan kom, maar niemand kon of wou hom help nie. Probleme by die hof was legio. Niemand praat Engels nie, die magistraat gaan elke dag voor 14:00 huis toe en die prokureur wat die gesin aangestel het, is by die hof weggejaag omdat hy dronk was. ’n Engelssprekende Mosambieker het hom die afgelope week gehelp om die staatsaanklaer in Maxixe te oorreed om die saak op die hofrol te plaas. Die Ford Ranger-bakkie wat Labuschagne bestuur het, is ná sy borgtogaansoek deur die polisie aan Labuschagne terugbesorg. Die bakkie behoort aan ’n familievriend. Labuschagne se pa sê die saak het hom reeds sowat R40 000 uit die sak gejaag – onder meer vir die borgtog, om ’n tolk te huur en regskoste. Niemand – nie eens die magistraat – kon tydens sy borgtogaansoek vir Labuschagne sê wanneer hy weer in die hof moet wees nie. Daar is bloot aan hom gesê “iemand sal hom laat weet”, al het niemand sy telefoonnommer of adres in Suid-Afrika gevra nie. Labuschagne se pa sê hy het gehoor die oorledene se familie gaan ná afloop van die hofsaak ’n siviele eis instel. Labuschagne se ouers meen iets is dalk nie pluis nie met die groot bedrag borggeld wat gevra is. Dit is glo tien keer meer as wat gewoonlik gevra word as iemand doodgery word. Labuschagne is boonop aangesê om nie die geld by die hof te betaal nie, maar in twee verskillende Mosambiekse bankrekenings.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|