News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Sy kan miljoene erf omdat status nie gewysig is
Sonja Carstens    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mev. Regina Catharina (Reg) Lehmann (née Janse van Rensburg). (Foto: Craig Nieuwenhuizen)


Pretoria

’n Verswakte 86-jarige miljoenêr is dood enkele dae voordat sy 52-jarige bruid ingevolge ’n hofbevel hul huwelikstatus na buite gemeenskap van goedere moes verander het.

Dit beteken dat mev. Regina Catharina (Reg) Lehmann (née Janse van Rensburg) waarskynlik al mnr. Herbert Bruno Otto Lehmann, met wie sy op 7 April verlede jaar binne gemeenskap van goedere getroud is, se bates erf.

In hofstukke voor die Pretoriase hooggeregshof is vroeër aangevoer sy boedel beloop minstens R19 miljoen.

Regter Chris Botha het mev. Lehmann in November verlede jaar gelas om hul huwelikstatus binne drie maande na buite gemeenskap van goedere te wysig.

“As dit bewerkstellig kan word, is ek tevrede dat enige nadeel wat mnr. Lehmann vanweë sy huwelik kan ly, besweer sal word,” het die regter gesê.

Mnr. Louis Benn, eksekuteur van mnr. Lehmann se boedel, het die afgelope week bevestig dat mnr. Lehmann op 20 Februarie oorlede is, maar het geweier om te sê of sy vrou hul huwelikstatus voor sy dood laat wysig het omdat dit “vertroulike inligting is wat ek nie sommer so kan bespreek nie”.

Mnr. Johan Botha, die rekenmeester wat vroeër as mnr. Lehmann se curator bonis aangestel is, het by navraag aan Rapport bevestig dat ’n aansoek om die egpaar se huwelikstatus te wysig nooit aan hom as party beteken is nie. “Sover ek weet, het mnr. Lehmann gesterf sonder dat sy huwelikstatus gewysig is,” sê hy.

Dit kom nadat mnr. Botha vroeër hof toe is om die egpaar se huwelik nietig te laat verklaar omdat hy geglo het dat mnr. Lehmann nie by sy “volle verstand” was toe hy getroud is nie. Mnr. Lehmann, wat aan Alzheimersiekte gely het, is sonder mnr. Botha se medewete getroud.

Regter Botha het adv. Hans Fabricius, SC, aangestel om ’n onderhoud met mnr. Lehmann te voer. Fabricius het ’n onafhanklike verslag by die hof ingedien waarvolgens hy aangenaam verras was deur mnr. Lehmann se liggaam-like en verstandelike toestand. Volgens hom was mnr. Lehmann gelukkig getroud.

Regter Botha het mnr. Botha se aansoek met koste van die hand gewys en ’n versoek geweier dat ’n dokter mnr. Lehmann ondersoek om sy toestand te bepaal. Die regter het wel gelas dat die huwelikstatus verander moet word nadat mev. Lehmann aangebied het om dit te doen.

Sy kon nie die afgelope week vir kommentaar bereik word nie.

Mev. Lehmann het vroeër in ’n openhartige onderhoud aan Rapport gesê sy is geen fortuinsoeker nie, maar ’n vrou wat haar lewe aan die versorging van ander gewy het. Sy het nie die hart gehad om vir mnr. Lehmann nee te sê toe hy haar gevra het om te trou omdat hy nie in ’n tehuis wou gaan woon nie. “Ek het op my manier vir hom lief geword.”

Mnr. Lehmann het geen kinders nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo