| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
Polisie werf wittes, bruines, Indiërs volstoom Erna van Wyk
Johannesburg Die program om wittes, bruines en Indiërs vir die polisiediens te werf, is aan die gang en skole kan binnekort moontlik by die veldtog betrek word om rekrute te werf. Die demografiese verteenwoordiging van bevolkingsgroepe in die polisie het die laaste paar jaar baie skeefgetrek omdat talle wit, bruin en Indiërpolisielede die diens verlaat het. Dir. Selby Bokaba, polisiewoordvoerder vir die veldtog, sê teen einde Maart vanjaar het die polisiediens meer as 137 000 werknemers gehad, van wie 72% (98 061) swart was. Die wittes (20 934) maak 15% van die werkerskorps uit, bruines (14 126) 10% en Indiërs (4 055) 3%. Die SAPD wil teen 2010 sowat 200 000 lede hê. Bokaba sê dié werwingsveldtog is juis ingestel om te keer dat die polisiediens oor ’n paar jaar soos “ ’n Bantoestan” lyk. “Ons ervaar ’n geruime tyd al ’n kwynende inname uit dié groepe by polisiekolleges en ons wil voorkom dat die polisie eendag geheel en al swart is. “Daar is ’n gaping op intreevlak en ons kort wit konstabels en sersante.” Die werwingsveldtog is egter daarop gemik om rekrute van ’n hoë standaard te werf. Bokaba sê 12 wit mans wat vroeër vanjaar in Soweto aansoek gedoen het, het nie die toelatingtoetse vir polisiekolleges geslaag nie. “Ons soek die bestes en slimstes. Die polisie moet ’n professionele werkplek word en moet toekomstige lede se eerste keuse vir ’n loopbaan wees, nie hul laaste uitweg nie,” sê Bo-kaba. Volgens hom kort die polisie veral mense wat sielkundiges, psigiaters en tegnici in die lugvleuel wil word. Ná twee jaar opleiding kan suksesvolle lede aansoek doen om beurse vir tersiêre studie. Maar dié werwingsveldtog kry ook baie kritiek uit polisiegeledere, veral van wit polisielede wat sê wit nuwelinge moet weet hulle gaan nie bevorder word nie. Bokaba sê dié kritiek is ongegrond. “In Maart het ons drie wit Afrikaanse mans bevorder tot assisstentkommissarisse by misdaadintelligensie. Daar is twee wit adjunk- nasionale kommissarisse. “Soms is daar net nie wit polisielede om te bevorder nie, dan moet ons swartes bevorder,” sê Bokaba. Die burgerregte-inisiatief AfriForum sê op sy beurt dit sal die polisie help om wittes en bruines te werf as die polisiebestuur teen swart lede optree wat aanhoudend ongegronde aantygings van rassisme teen wit lede maak. “Ons het reeds ’n klomp klagtes ontvang dat wit polisielede van rassisme beskuldig word wanneer hulle dissipline toepas. “Daar is ’n huiwering om die polisie se veldtog te ondersteun voordat ons hul versekering kry dat die polisiebestuur teen dié (swart) lede gaan optree. “Dit help nie mens werf aan die een kant polisielede en aan die anker kant gaan dié dinge voort nie,” sê mnr. Kallie Kriel, woordvoerder vir AfriForum. Bokaba sê die polisie het AfriForum en die vakbond Solidariteit om hulp genader omdat hulle kan help om mense bewus te maak van die beroepsmoontlikhede wat die polisie bied. Die polisie hou môre ’n vergadering met die departement van onderwys om te vra dat beroepsvoorligting-onderwysers die polisiediens as loopbaangeleentheid bevorder. Elke jaar word meer as 11 000 kadette opgelei. Die eerste inname vanjaar was in Januarie, toe 6 000 kadette met hul opleiding begin het. Die volgende inname by die 10 polisiekolleges is in Junie, wanneer nog 5 000 kadette met opleiding sal begin.
|
||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|