| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 13 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
Beurse dringend benodig vir Afrikaanse onderwysers Sonja Carstens
Pretoria Net ’n handjie vol Afrikaanse onderwysers sal oor twintig jaar oorbly as dringende stappe nie gedoen word om studiebeurse aan Afrikaanssprekende studente te gee nie. “Ons is besig om op ’n krisis af te stuur. Tans is die gemiddelde ouderdom van die Afrikaanse onderwyser 47 jaar. “Rolspelers wat veg vir die behoud van Afrikaans moet hande vat en drasties begin om vir Afrikaanse leerlinge beurse te gee,” sê mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU). Daar is tans sowat 28 000 Afrikaanssprekende onderwysers, van wie 24 000 lede van die SAOU is. Volgens Klopper word die kriteria vir studiebeurse só opgestel dat Afrikaanse leerlinge nie meer aan die vereistes daarvoor voldoen nie. Die onderwyssektor is voorts nie meer vir leerlinge ’n belowende loopbaanrigting nie. “Die SAOU het R9 miljoen belê in ’n beursskema, maar dit is skaars ’n druppel aan die emmer. “As iets nie nou gedoen word nie, gaan daar nie mense wees om 50% van die Afrikaanse onderwysers op te volg as hulle oor tien jaar aftree nie,” sê Klopper. Klopper sê daar is reeds ’n tendens dat skole vakante poste vir vakke soos tegniese tekene ses maande of langer moet adverteer omdat geen geskikte kandidate aansoek doen nie. “In die lig daarvan dat Suid-Afrika se gr.4’s en gr.5’s die laaste plek uit veertig lande in ’n lees-en-geletterdheidstoets behaal het, kan ons dit nie bekostig dat nóg Afrikaanse onderwysers verlore gaan nie. Dis nie sommer enige persoon wat ’n onderwyser kan nie word nie, dis net mense met besondere karakter-eienskappe,” sê Klopper. Volgens hom is daar reeds bitter min suiwer Afrikaanse skole oor omdat die meeste laer skole parallelmedium-skole moet word. “En die hoër skole word van gr.10 af gedwing om dubbelmediumskole te wees.”
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|