News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Voorste boer vermoor, vrou geskiet
Maryna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Jacques Moll (64) van die plaas Stolberg naby Ficksburg is Vrydagaand deur plaasaanvallers doodgeskiet. Hy was 'n stigterslid van Sentraoes en is landwyd bekend vir sy bydrae tot melkproduksie en die uitvoer van vrugte. (Foto: Volksblad)


Bloemfontein

’n Vooraanstaande boer van Fickburg is Vrydagaand koelbloedig doodgeskiet ten tyde van sy sesde kleinkind se geboorte in Bethlehem.

Mnr. Jacques Moll (64) van die plaas Stolberg is in die bors geskiet en het op die toneel gesterf.

Terwyl die Moll-familie hul plaasopstal in ’n opgeruimde luim genader het, het die vyf moordenaars reeds in die huis geskuil.

Mev. Janine Moll (52) en drie van die egpaar se kleinkinders het eerste in die plaashuis ingestap en is oorval en vasgebind.

Twee skote is op mev. Moll geskiet wat haar rakelings in die gesig en die been getref het.

Haar man, wat landwyd bekend is vir sy Jersey-boerdery en betrokkenheid by die Ficksburgse Kersiefees, is geskiet toe hy die huis binnegegaan het.

Die egpaar se jongste seun, Xavier, is oorval nadat hy ingestap het. Hy het oor sy gewonde ma gekniel en begin bid toe ’n vuurwapen teen sy kop gedruk is.

Mev. Moll het gemaak of sy dood is nadat sy ook geskop is en die aanvallers op haar gespring het.

Die booswigte het geld en vuurwapens gesoek en in mnr. Moll se bakkie ge-vlug.

Hulle is langs die pad voorgekeer deur die Molls se buurman, mnr. Nic van den Berg, ’n voormalige bevelvoerder van 1 Valskermbataljon.

Hy het op ’n noodsein gereageer. Hy is drie keer getref toe daar op hom geskiet is.

Hy is na ’n Bloemfonteinse hospitaal gebring en sy toestand is stabiel.

Mnr. Thabo Olivier, ’n ANC-raadslid van Bloemfontein en neef van die oorledene, het gister aan Rapport gesê die aanval het voor die kinders van mnr. Jacques Moll jr. plaasgevind. Moll jr. was in Bethlehem by sy vrou terwyl sy hul dogtertjie in die wêreld gebring het.

Olivier sê mev. Moll is in ’n Bethlehemse hospitaal opgeneem. Haar toestand is stabiel en sy ly aan skok.

“Ons samelewing is siek omdat ’n studentevideo wêreldwyd opslae maak, maar moord en verkragting verswyg word. Dit is tyd dat alle misdadigers soos die vyand behandel word.”

Olivier sê Moll was gelief by sy plaaswerkers. Hy het reeds in 1982 vir hulle huise in Ficksburg gekoop.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
terreur, 12/05/2008, vellies
Nee, moenie tekere gaan oor die moordenaars nie. Hulle is maar net die natuurlike gevolg van wat de klerk en sy gespuis gedoen het: Ons staat en sy beskerming weggegee. HULLE't die hek oopgemaak. Nou loop die wildehonde amok. Wat anders het julle verwag?????
Oom Jacques, 12/05/2008, Fred
Ons gebede gaan uit aan die Moll familie vir hulle verlies. Oom Jacques ons sal jou mis. Pelser gesin (Secunda)
Moorde op plaasboere, 11/05/2008, Neels Fourie
Ek voel baie jammer vir die families wat treur oor hul naasbestaandes wat vermoor is.Dit is tyd dat ons begin terugbaklei,skiet die boewe,laat hulle hul eie medisyne proe.Vir elke keer dat die misdadigers lees of hoor wat met hul makkers gebeur,sal hul hopenlik twee keer dink voor hul moor en roof.
Plaasmoorde, 11/05/2008, Fanie Cremer
Die plaasaanval op die Moll familie het ons geweldig geskok omdat dit nie meer net iemand ver is nie maar 'n vriend en broer in Christus. Ons moet ophou om te kyk na die regering vir hulp,(hulle het reeds gewys dat hulle nie wil help nie) ons voor God verootmoedig en Hom vertrou vir Sy beskerming. Hierdie is 'n stryd tussen lig en duisternis en die vyand misbruik mense wat nie die Here ken en Hom dien nie. Kom ons waak teen 'n nuwe vlaag van rassisme vanuit ons geledere en raak deel daarvan om die Evangelie te versprei aan elkeen wat verlore gaan. Ons manne wat by Angus se MMC was het die boodskap ook van hom gehoor dat dit tyd is om ons harte skoon te maak teenoor ander rasse en ek glo dat dit nou tyd is vir daardie toets. Kom ons bid dat elke verlore siel gered sal word want dis die enigste ware oplossing vir ons land. As die naam van Jesus Jaques se seun Xavier kan red van 'n gewisse dood, sal dit nie net ons ook red nie maar ook elke verlore sondaar.
Hoeveel nog?, 11/05/2008, Deon
Hoe lank gaan ons nog op ons vetgevrete agterstewes sit en lees van plaasmoorde en -aanvalle voor ons opstaan en iets daaraan doen? Bring terug die kommando's! Bring terug die doodstraf! Dit sal my glad nie verbaas as mens lees dat die bakkie verlate opgespoor is nie.... Die gemeenskap gaa begin reg in eie hande neem...
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo