| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
SABC ook uitsaairegte vir krieket kwyt Johan Eybers
Johannesburg Die SABC het nog ’n kontrak verloor om ’n prima sporttoernooi uit te saai. SuperSport het die regte opgeraap om die Wêreldbeker-kriekettoernooi in 2011 uit te saai nadat die SABC op sy hande bly sit het en nie betyds die vereiste deposito betaal het nie. Verlede jaar het die SABC die regte verloor om die sokkerwedstryde van die gewildste sokkerliga in die land, die Premier-sokkerliga (PSL), uit te saai. SuperSport het ook die SABC se hand vir dié uitsaairegte aan miljoene SA sokkergeesdriftiges in die as geslaan. Die verlies van die regte om die Wêreldbeker-krieket in 2011 uit te saai, gaan ongetwyfel ook op die brood gesmeer word van die SABC se geskorste en beleërde uitvoerende hoof, mnr. Dali Mpofu. Mpofu se versuim om die PSL-regte vir die SABC te bekom, word deur sy kritici in die SABC-raad as een van die belangrikste redes gegee waarom hy permanent afgedank moet word. Die besluit oor die krieket beteken Suid-Afrikaners wat nie DStv het nie, sal nie die Wêreldbeker-toernooi in 2011 op televisie kan sien nie. Kragtens ’n kontrak tussen die SABC en die televisiekanaal ESPN Star Sports moes die openbare uitsaaier ’n deposito van miljoene rande voor ’n sekere datum betaal het. Volgens ’n woordvoerder van ESPN Star Sports het die SABC se bestuur die bal laat val toe hulle nie die geld betyds betaal het nie. ESPN Sports het die kontrak toe opgeskort. Dit is intussen toegeken aan SuperSport, wat die krieket op DStv sal uitsaai. Benewens sokker en krieket het die SABC ook die regte verloor vir ander groot sportsoorte, soos rugby, Formule Een- Grand Prix-wedrenne, tennis en gholf. In ’n memorandum wat verlede maand aan die media uitgelek het, kritiseer me. Kanyisiwe Mkonza, voorsitter van die SABC-raad, onder meer vir Mpofu omdat die SABC onder sy voorsitterskap die uitsaairegte vir sokker en krieket verloor het. Mnr. Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, sê die SABC kan nie hieroor kommentaar lewer nie, aangesien dit deel is van die interne ondersoek teen Mpofu.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|