News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 13 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  6°C  18°C
Kpstd  16°C  19°C
Dbn  14°C  22°C
Jhb  2°C  16°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Dr. Ivy se eis lei glo tot Mpofu, Snuki se skorsing
Johan Eybers    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Dr. Ivy Matsepe-Casaburri, minister van kommunikasie. (Foto: Hendri Pelser)

Verwante Berigte
  • SABC ook uitsaairegte vir krieket kwyt

  • Johannesburg

    Dit was dr. Ivy Matsepe-Casaburri, minister van kommunikasie, se aandrang dat ’n afgedankte werknemer weer by die SABC aangestel moet word wat daartoe gelei dat twee van die magtigste persone by die openbare uitsaaier dié week geskors is.

    Die Broadcast, Electronic Media and Allied Workers’ Union (Bemawu) beweer mnr. Dali Mpofu het opdrag van Matsepe-Casaburri gekry om mnr. Hlaudi Motsoeneng, afgedankte uitvoerende vervaardiger van die radiostasie Lesedi FM, weer aan te stel.

    Mpofu het die opdrag aan dr. Snuki Zikalala, die groephoof van nuus oorgedra, maar dié het glo geweier om dit uit te voer.

    Mpofu het Zikalala glo Dinsdag summier geskors nadat hy uitgevind het dat Zikalala met Motsoeneng se werkrekord onder die arm by mnr. Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, en me. Kanyisiwe Mkonza, voorsitter van die SABC-raad, gaan kla het oor sy heraanstelling. Die amptelike rede wat Mpofu aangevoer het, was die “lekkasie van sensitiewe dokumente”.

    Mpofu is enkele ure later deur die SABC-raad geskors hangende ’n ondersoek na “baie ernstige bewerings” oor sy gedrag.

    City Press, Rapport se susterskoerant, berig dat die SABC se uitvoerende raad Woensdag in ’n brief aan Mkonza geëis het dat Mpofu onmiddellik heraangestel word.

    Senior personeel wat die brief onderteken het, sluit in mnr. Gabriel Mampone (wat in Mpofu se plek waarneem), me. Phumelele Ntombela-Nzimande (vrou van mnre. Blade Nzimande, sekretaris-generaal van die SAKP) en Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder.

    Bemawu het reeds in Maart vanjaar sy besorgdheid oor Matsepe-Casaburri se beweerde inmenging uitgespreek.

    Die SABC het Motsoeneng in 2006 aangekla van rassisme, oneerlikheid, ontwrigting van verhoudings in die werkplek, intimidasie en die oortreding van SABC-reëls.

    Die vakbond voer aan die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het sy afdanking bekragtig, maar Motsoeneng se prokureur ontken dit.

    In die brief aan die SABC se vakbondonderhandelaar, mnr. Nhlakanipho Nkontwana, dreig Bemawu om ’n arbeidsdispuut te verklaar indien Motsoeneng weer aangestel word.

    Mnr. Hannes du Buisson, president van Bemawu, skryf dat sy lede nie bereid is om weer saam met Motsoeneng te werk nie.

    De Buisson val Matsepe-Casaburri in die brief ook aan oor haar inmenging in die daaglikse bestuur van die korporasie.

    “Dit (haar inmenging) is hoogs onreëlmatig en dui op besliste beheer van die uitsaaier deur die regering,” skryf hy in die brief.

    Motsoeneng, wat noue bande het met die Jacob Zuma-kamp, is kort ná sy afdanking aangestel as ’n amptenaar in die Vrystaatse departement van plaaslike regering.

    Hy was veronderstel om verlede maand weer by die SABC te begin werk.

    Die SABC het Bemawu se brief tot dusver geïgnoreer.

    Mpofu beplan nou om die SABC in ’n hofstryd te pak oor sy skorsing.

    In hofdokumente gaan hy glo impliseer dat dr. Essop Pahad, minister in die presidensie, met die SABC-raad saamgesweer het om van hom ontslae te raak.

    In ’n maand van drama het die parlementêre portefeulje-komitee oor kommunikasie ’n mosie van wantroue in die SABC-raad ingestel in ’n poging om druk op raadslede te plaas om te bedank.

    Dit volg op ’n memorandum wat aan die media uitgelek het oor kritiek teen Mpofu se bestuurstyl en dat hy van Zikalala probeer ontslae raak.

    Mkonza kritiseer Mpofu persoonlik in die memorandum oor die fiasko dat die korporasie die regte verloor het om die Wêreldbeker-kriekettoernooi uit te saai omdat hy nie betyds sy deposito betaal het nie.

    Dit word glo nou as die vernaamste rede aangevoer waarom Mpofu sy werk verloor het. Mkonza hou hom ook aanspreeklik daarvoor dat die SABC die uitsaairegte vir die Premiersokkerliga verloor het en die korporasie se swak finansiële situasie.

    Die ANC-Jeugliga het die jongste gebeure as “spaza-winkelbestuur” bestempel.

    Mnr. Joe Makhafola, Matsepe-Casaburri se woordvoerder, ontken dat sy enigsins betrokke was by Motsoeneng se heraanstelling.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    SABC, 13/05/2008, stoflap
    Ag ja, ja, ja, whatever. Die staat beheer in elk geval die SABC - so who cares! Die hele lot kan maar gefire word. Miskien sal ons dan weer ordentlike kykstof kry of die openbare kanale.
    SABC , 11/05/2008, Wim Kotze
    Soos gewoonlik is die ANC-Jeugliga so effens van die kol af: as 'n Spazawinkel soos die SABC bestuur word sal dit teen 'n verlies bedryf word.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Sal jy een van Angus Buchan se saamtrekke bywoon?
    Ja
    Nee
    Nie weer nie

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo