News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Rapport-blogs
Dié wat weet sê dis die beste stry-plek in die kuberruim. Kom maak jóú stem dik!
Sondag 6 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Loopbane24
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  0°C  17°C
Kpstd  12°C  14°C
Dbn  10°C  25°C
Jhb  1°C  15°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Só het Bokheld se suster verkraghel oorleef
Marlene Malan, Karin Burger & Chantelle Nicholas    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Kaapstad

Twee dinge het waarskynlik die lewe gered van die suster van een van die land se Wêreldbeker-rugbyhelde.

Sy het koelkop gebly tydens die verkragting-nagmerrie en die aanvallers het haar motorsleutel in die motor gelos - wat haar die geleentheid gegee het om te ontsnap.

Met ’n besoek gister aan die die Karooplaas waar die familie hulself tans afsonder, wou niemand oor Maandag se voorval praat nie. Rapport is gevra om die plaas te verlaat en om ook nie die identiteit van die slagoffer – wat regtens ook beskerm word – bekend te maak nie.

Die student (20) is helder oordag oorval onder die neuse van sekuriteitswagte op die parkeerterrein van Tygerberg-hospitaal in Parow deur drie mans met messe.

Sy is terug in haar kar gedwing en ontvoer.

Hulle het met haar na ’n leë huis tussen Joostenbergvlakte en Klipheuwel – ongeveer 30 km vanaf die kampus – gery waar sy herhaardelik verkrag en aangerand is. Sy is ook met vuiste in die gesig geslaan en met messe aan haar voorarm gesny.

Daar is tans teenstrydige weergawes oor hoe sy ontsnap het. ’n Polisiebron sê aan Rapport die verkragters het dwelms begin gebruik en fokus verloor. Sy het toe haar kans gebruik om uit die huis te hardloop.

Haar motor was reg buite geparkeer met die sleutel steeds in die aansit-slot en haar handsak met selfoon steeds daarin.

Volgens die polisie se amptelike weergawe het die verkragters gaan ondersoek instel na ’n geluid buitekant en dit het haar kans gegee het om weg te kom.

Sy het weggejaag en op pad ’n vriendin gebel. Dié het op haar beurt die meisie se ouers gebel. Sy en haar ouers het gelyktydig op Stellenbosch aangekom, waarna hulle haar dadelik na ’n hospitaal gebring is.

Die slagoffer is ’n tweedejaar-student aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy was die middag op pad om klas by te woon by Tygerberg-tersiêre hospitaal.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

• In ’n Rapport-ondersoek gister by die kampus is gevind die sekuriteit is só power dat enigiemand met gemak die kampusterrein kan betree en weer verlaat.

’n Vroulike dokter wat verkies om anoniem te bly en onlangs afgestudeer het, sê daar staan gewoonlik deur die dag ’n paar mense by die hek. “Daar is hier en daar ook sekuriteitswagte by die hospitaal se deure, maar nie altyd nie.”

Sy sê die studente kan nie naby die hospitaal parkeer nie en moet “’n hele ent” oor die parkeerterrein stap om by hulle motors te kom. “Ons het maar altyd in groepies probeer stap, juis omdat jy nie veilig voel om alleen daar te loop nie.”

Volgens me. Melissa-Sue Pheko, ’n vyfdejaar- mediese student by die Tygerberg-kampus, is die Hippokrates-gebou skaars ’n kilometer van die ingang van die kampus, waar die sekuriteit is.

“Ek voel nou nie meer veilig nie. Ons moet saans alleen na en van die hospitaal loop. Dit voel nou vir my asof my lewe ook in gedrang is.”

“En wanneer voertuie by die Tygerberg-kampus inkom, word dit nie deursoek nie. Slegs die motors se registrasienommers word geneem,” sê Pheko.

Volgens die rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland, prof. Brian O’Connell, is die universiteit geskok oor die voorval.

“Ons soek antwoorde. Ons hoop die polisie vang gou die verdagtes. Waarom moet mans só wreed wees met ons vroue?

“Dit is die provinsiale regering se kampus. H?lle sal moet verduidelik oor die sekuriteit. Die Tygerberg-hospitaal is ’n besige plek met duisende pasiënte en studente.

“Boonop is daar nog die plakkers van die Joe Slovo-plakkerkamp wat ook daar gehuisves word sedert ’n brand vier jaar gelede.

“Maar alle aanduidings is dat die veiligheid baie effektief is.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Is die regering te vertrou met 'n nasionale aftreefonds?
Ja
Nee
Nee, maar ek steun die idee

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo