News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
‘SA kan nie sonder dié eenheid klaarkom nie’
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementêre Beriggewer

Georganiseerde misdaad is van só ’n aard dat Suid-Afrika nie sonder die Skerpioene kan klaarkom nie.

Dít is regter Sisi Khampepe se eerste gevolgtrekking in haar verslag.

Volgens Khampepe is die direktoraat vir spesiale ondersoeke (DSO) gestig weens die polisie se onvermoë om prioriteitsmisdaad te ondersoek; hul swak skuldigbevindingsyfer en korrupsie in eie geledere; omdat daar ’n behoefte was aan ’n troika-benadering in die stryd teen korrupsie en ook polisiekorrupsie en dit noodsaaklik was om hoogs professionele ondersoekers, ontleders en aanklaers te werf en behoorlik te vergoed.

Sy het in haar verslag geskryf bogenoemde omstandighede is steeds van toepassing en dat die bestaan van die Skerpioene “vandag net so geldig is soos op die dag van hul ontstaan”.

Khampepe het ook bevind:

• Die polisie se argument dat die DSO ongrondwetlik is, is ongegrond. Hoewel die Grondwet na “een” polisiediens verwys, beteken dit nie die polisie het die “eksklusiewe” reg om misdaad te ondersoek nie.

• Die Skerpioene moet onder die nasionale vervolgingsgesag (NV) funksioneer. Dít is nie strydig met die Grondwet nie.

• Die Skerpioene het landsveiligheid bedreig deur agente en personeellede sonder veiligheidsklarings in ondersoeke te gebruik.

• Die Skerpioene het onwettig intelligensie versamel en moes dít onmiddellik staak.

• Die Skerpioene het onprofessioneel opgetree deur inligting aan die media te laat uitlek. Hul ondersoeke is gereeld “gesensasionaliseer” en het beskuldigdes se reg op ’n regverdige verhoor ondermyn.

• ’n Koördineringskomitee (MVS) moet aangewys word om die Sker-pioene te monitor, sake vir onder-soek te verwys en om samewerking tussen die DSO en die polisie te koördineer.

• Nes in die geval van die polisie moet die Onafhanklike Klagtedirektoraat se mandaat uitgebrei word om ook lede van die Skerpioene vir vergrype te ondersoek.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
?SA kan nie sonder di?enheid klaarkom nie?, 11/05/2008, frikkie botes
Mbeki het van Pikoli ontslae geraak omrede Pikoli n bedreiging inhou vir korrupte staats amptenare
MBEKI KOS ONS GELD, 11/05/2008, Schalk Van Schalkwyk
Soos met soveel ander aangele?hede,of moet ek s?VERleenthede) kos Mbeki ons net weer geld! - Hy stel die kommissies van ondersoek ten duurste aan wanneer die probleem in openbare oog is, maar teen die tyd dat die verslag gelewer word, het die dringendheid verval en hy ignoreer dit blatant! Dit is ons die publiek, se skuld dat hy daarmee wegkom en nie eens "oeps!" as verskoning aanbied nie! - Ons aanvaar elke keer die verduidelikings van Frank Chikane of ander poppies in die President se kantoor! Ek hoop daar is 'n beesboer in Transkei wat vir Mbeki 'n pos het wanneer hy aftree!
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo