| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
Jaloesie kortwiek samewerking Lizel Steenkamp
Parlementêre Beriggewer Institusionele jaloesie, kleinlike mededinging en persoonlikheidsverskille het samewerking tussen die polisie en die Skerpioene gekortwiek. Regter Sisi Khampepe sê in haar verslag komm. Jackie Selebi, geskorste nasionale polisiehoof, en adv. Vusi Pikoli, nasionale direkteur van openbare vervolging, was so behep met hul persoonlike botsings dat hulle hul konstitusionele mandaat versaak het. “Ek het ’n totale misnoeë in dié hooggeplaaste beamptes in die SA Polisiediens en die DSO (direktoraat vir spesiale ondersoeke) wat toelaat dat hul persoonlike probleme hul statutêre verpligtinge benewel.” Só bekommerd was Khampepe oor die uitwerking van dié tweegevegte op misdaadbestryding dat sy pres. Thabo Mbeki onomwonde beveel het om Selebi en Pikoli in die bek te ruk. Haar sterk bewoorde aanmaning verskyn op bl. 116 van die lywige verslag wat die afgelope week vir die eerste keer sedert Februarie 2006 openbaar gemaak is. Sy herinner Mbeki daaraan dat dit sy grondwetlike plig en verantwoordelikheid is om te verseker dat wetgewing nagekom word. “Dit is dus belangrik dat u, mnr. die president, korrektiewe stappe doen deur die hoofde aan die stuur van die SA Polisiediens en die direktoraat vir spesiale ondersoeke behoorlik tereg te wys sodat hulle hul by die wetgewing (ter sprake) sal hou.” Of Mbeki wel vir Selebi en Pikoli oor die kole gehaal het, is ’n ope vraag. Eerw. Frank Chikane, direkteur-generaal in die presidentskantoor, het Maandag gesê Mbeki het albei op ’n vergadering in Augustus 2006 oor die kole gehaal. Pikoli kon dit die afgelope week nie onthou nie. Khampepe het voorts bevind die DSO se ministeriële koördineringskomitee (MKK) bestaande uit minstens vyf kabinetsministers, het selde vergader en nie voldoende leiding gegee nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|