| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 31 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
Chikane gelooi oor omswaai Erna van Wyk & Sonja Carstens
Johannesburg en Pretoria Nege maande gelede het eerw. Frank Chikane roerend op ’n nuuskonferensie gesê die hoofstuk is afgesluit oor hoe oudmin. Adriaan Vlok en nog vyf hom in 1989 probeer vergiftig het. Maar net twee maande later het hy in ’n brief aan me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, gekla dat die ses se opgeskorte vonnisse nie sy goedkeuring wegdra nie. Chikane, direkteur-generaal in die presidentskantoor, moes die afgelope week in die Ginwala-ondersoek bontstaan om dié skielike ommeswaai te verduidelik. Sy antwoord: Om staatsinstellings in die openbaar te kritiseer, “is nie hoe hy dinge doen nie”. Daaraan sluk talle mense nou swaar. In die Ginwala-ondersoek na die skorsing van adv. Vusi Pikoli, hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NV), het Chikane getuig hy is nooit oor die pleitooreenkomste ingelig nie. “Dis uiters vreemd,” sê adv. Johann Engelbrecht, SC, wat die pleitooreenkoms namens Vlok en genl. Johan van der Merwe, oudpolisiehoof, onderteken het. Hy en adv. Anton Ackermann, SC, namens die staat, het die pleit-ooreenkoms onderteken en dit is in Chikane se teenwoordigheid in die hof voorgelees. “Chikane kon in die hof opgestaan en ontken het dat hy in die bepalings van die pleitooreenkoms geken is. Hy het nie,” sê Engelbrecht. “Chikane het ook nie agterna in sy persverklaring gesê hy is nie geken nie. Nooit is ’n woord daaroor in die openbaar gerep nie, hoewel daar herhaaldelik geleentheid daarvoor was.” Chikane het kort ná die Vlok-verhoor Pikoli se departement in ’n brief aan City Press, Rapport se susterkoerant, geprys: “Die bewyse dat die NV se riglyne (vir vervolging) ’n wen-wen-uitslag het, is daar vir almal om te sien.” Maar in sy brief aan Mabandla twee maande ná die Vlok-verhoor (en ’n maand ná Pikoli se skorsing) het Chikane gekla. En by die Ginwala-kommissie die afgelope week sê Chikane hy wou die volle waarheid oor die aanval op hom weet. Wéér het Pikoli se regsverteenwoordiger, adv. Tim Bruinders, SC, die City Press-brief voorgehou waarin Chikane geskryf het: “Ek het nou die volle prentjie van wat gebeur het en my familie het nie enige verdere vrae nie.” Bruinders: “In dié brief wat u in u persoonlike hoedanigheid as ’n slagoffer geskryf het, verwys u nie na enige kritiek teen die NV nie.” Chikane: “Dis nie hoe ek dinge doen nie (om in die openbaar te kla). Die brief (aan Mabandla) is nou in die openbaar weens die (Ginwala-)ondersoek.” Bruinders: “(Ackermann) het verstaan dat u geen probleem het met die vervolging nie . . . geen beswaar (het) teen die opgeskorte vonnis in die pleitooreenkoms nie.” Chikane: “Ek was verras oor die dinge wat in die pleitooreenkoms behandel is. Ek is net meegedeel daar is ’n pleitooreenkoms.” Volgens Engelbrecht word pleitooreenkomste nie gesluit sonder dat die klaers geken word in die bepalings daarvan nie. Hy sê Chikane se stelling wek die indruk dat Ackermann die hof mislei het toe daar gesê is die pleitooreenkoms dra Chikane se goedkeuring weg. “Dit sal ek nooit van Ackermann glo nie,” sê Engelbrecht.
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|