News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  14°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Mbeki se laksheid DSO se doodsteek
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Regter Sisi Khampepe.

Verwante Berigte
  • 'SA kan nie sonder dié eenheid klaarkom nie'
  • Jaloesie kortwiek samewerking

  • Parlementêre Beriggewer

    Pres. Thabo Mbeki was die Skerpioene se ondergang.

    Politieke ontleders meen sy laksheid om regter Sisi Khampepe se aanbevelings twee jaar gelede in werking te stel, was die direktoraat vir spesiale ondersoeke (DSO) se eintlike doodsteek.

    “As Mbeki gedoen het wat Khampepe gesê het, sou ons nie nou dié gesprek gehad het nie. Maar hy is ’n swak bestuurder wat nie kan prioritiseer nie. Hy was oorgerus oor ’n oorwinning by Polokwane (tydens die ANC se nasionale konferensie) en dís hoekom hy die aanbevelings nie in werking gestel het nie,” sê William Gumede, politieke kommentator en skrywer van die boek Thabo Mbeki and the Battle for the Soul of the ANC.

    Khampepe het haar lywige verslag in die eerste helfte van 2006 aan Mbeki gegee.

    Van die aanbevelings behels dat Mbeki ’n spesiale koördineringskomitee (MVS) moes aanstel. Dié komitee sou die DSO monitor en magmisbruik voorkom. Die komitee sou ook bepaal watter sake die DSO moet ondersoek en sou dus ’n oorsig-rol vervul het in die sin dat die Skerpioene nie self sou kies en keur tussen sake nie.

    Sy het ook bevind Mbeki moes die wetstoepassingskomponent van die DSO onder die politieke leierskap van mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, plaas, terwyl me. Brigitte Mabandla, minister van justisie, steeds die aanklaers se politieke hoof bly.

    Eerw. Frank Chikane, direkteur-generaal in die presidensie, het Maandag gesê Mbeki hét gedoen wat Khampepe aanbeveel het en het met van haar verskil oor die spesiale koördineringskomitee.

    Prof. Adam Habib, politieke ontleder, meen Mbeki het wel die vernaamste bevinding nagekom deur die Skerpioene te behou.

    “Maar van sy ingrypings was stil-stil en agteraf. Dié agter-kamer-politiekery is kenmerkend van Mbeki. Hy verkies om dinge in die geheim te doen en dit ondermyn vertroue in die proses.”

    Die gebrek aan deursigtigheid gekombineer met die aanklagte teen komm. Jackie Selebi het enige hoop om die Skerpioene te red reeds maande voor die Polokwane-konferensie verydel, sê Habib.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Mbeki, 12/05/2008, Marti
    Wat 'n gemors ! Alles wat Mbeki aanraak, is later 'n groot probleem, enige iets waaraan jy kan dink. Van onderwys,gesondheid,Zim,ons paaie en natuurlik die skerpioene, as ek moet kies tussen hom en Zuma, (Zuma met al sy probleme ) wen Zuma op die oomblik loshande
    Mbeki, 11/05/2008, Geprg Kellermann
    Die prentjie word by die dag helderder. Mbeki weet dat wanneer hy eersdaags uittree, hy die onderwerp van 'n ondersoek kan word wat deur die Skerpioene hanteer sal word, vandaar sy koorsagtige haas om hulle tot niet te maak. Ek dink daar is 'n baie duistere donker agtergrond by Mbeki aanwesig waarvan Selebi en Mugabe weet. Hy het beslis iets om weg te steek. Het hy miskien ook groot persoonlike voordeel uit die wapen transaksie gekry?
    Mbeki, 11/05/2008, Johan
    Well, what can be expected from a lame duck president. Mbeki is probably the only president in the history of the planet that has been a lame duck from day one... South Africa will suffer for many, many years due to Mbeki, and the ANC's, incompetence.
    mbeki se LAKSHEID, 11/05/2008, Jakkie
    Die opskrif in die koerant s?it alles! Mbeki reis die w?d vol om Afrika sake te bevorder en te besleg maar hy kry niks reg nie. mbeki! jy mors belasting geld! Die miljoene wat jy uitmors om so rond te reis kan vir baie beter redes aangewend word.LAKSHEID! Jy sal ondergaan in die geskiedenis as die swakste president wat SA nog gehad het.Vir wie is jy n voorbeeld? die koruptes gedy en jy ondersteun hulle, is dit hoekom die skerpioene moet waai? is jy bang jy land weer in die tronk? moet s?nie n slegte idee nie, veral nie na die afgelope week se onthullings nie.
    Mbeki se laksheid, 10/05/2008, Bolander
    Softly softly. Dit is wat gebeur as 'n president hom verbeel hy is minister van buitelandse sake en net so dan en wan op staatsbesoek SA toe kom. Hoe kan 'n bestuurder van 'n besigheid effektief wees as hy nie op kantoor is nie. Nee die punt is hulle soek nie skerpioene nie, hulle soek sker-pionne vir hul politieke skaakspel.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Stuur jou video
    Afrikaanse boeke
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
    Werkgeleenthede
        Stem
    Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
    Ja, beslis!
    Nee, beslis nie!
    Ja, maar...

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo