News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Lotto nuusbrief
Kry die Lotto-uitslae elke Woensdag en Saterdag per e-pos! Kliek hier om in te teken.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 20 Julie 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Perspektief
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Gauteng-Rapport
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
Spaarmaand
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  20°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  16°C  24°C
Jhb  3°C  17°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

10/05/2008 21:08  - (SA)  
Buchan lok weer duisende mense
Marthinus van Vuuren    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Sowat 35 000 mense het gister na die Isak Steyl-stadion gestroom om na die aartappelboer Angus Buchan te luister. (Foto: Lauren Mulligan)


Vanderbijlpark

Nagenoeg 35 000 mense – wit en swart – van verskillende denominasies het gister na die Isak Steyl-stadion in Vanderbijlpark gestroom om na die aartappelboer Angus Buchan se boodskap van hoop te luister.

“Jesus het julle hiernatoe gebring,” het Buchan gesê toe hy kort ná 16:00 sy boodskap gelewer het. Dit het gewentel om die beginsel dat Jesus leef en dat hy “die vriend van sondaars” is.

Buchan het in April by die Mighty Men-saamtrek op sy plaas buite Greytown sowat 60 000 mans toegespreek.

Tydens ’n emosiebelaaide, energieke preek gister was hy veral opgewonde oor die herlewing wat tans in die Christendom in Suid-Afrika plaasvind.

“Ons bevind ons in die herlewing. Ons probeer nie herleef nie, ons is in herlewing,” het hy opgewonde gesê.

Hy het ook die skare voor hom herinner dat “hul lot nie aan enige politikus in hierdie land behoort nie”.

“Julle lot behoort aan God.”

Duisende van die skare het weer lang afstande afgelê om na Buchan se boodskap te luister – veral nadat al 50 000 kaartjies vir sy Loftus vir Jesus-saamtrek, op 19 Julie in Pretoria, uitverkoop is.

Volgens mnr. Jurie Cilliers, organiseerder van die saamtrek, het die mense gister teen 08:00 reeds in hul hordes na die stadion begin stroom.

Die dag se verrigtinge is omstreeks 11:00 met lof- en pryssang begin. Daar was ook dansers en kore wat opgetree het.

“Ek het die visie vir vandag by verlede jaar se Mighty Men-konferensie gekry en het by Hom gehoor ons móét dit vandag vir die Vaaldriehoek doen.”

Cilliers se mede-organiseerder, Pieter Kriel, het glo tydens dieselfde konferensie ’n soortgelyke visie gekry.

Kriel was teen gistermiddag baie in sy skik met die opkoms.

“Ek het by verskeie dominees en predikers gehoor dat daar al so baie mense iets soortgelyks probeer doen het, maar dit nie kon regkry nie.

“Boonop was dit nie nodig om enigiemand te smeek om te kom help nie.

“God is besig om ons land te herstel – mense keer terug na die Here.”

Volgens Cilliers kon baie van die mense in die stadion alleenlik vir Buchan gekom het, maar die dag het nie oor hom gegaan nie.

“Dit gaan oor die Groter Mag wat vandag hier is.”


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
my aandeel in die bitterheid, 13/05/2008, Matthys Steyn
My eerste reaksie as christen op die stroom van negatiewe kritiek in koerante, blogs, e-kerk en elders was skok en afgryse. Nadenke het my by die vraag uitgebring: Is dit nie by die grootste deel van die mense 'n spontane uitdrukking van teleurstelling en bitterheid op die liefdeloosheid en verwerping wat hulle ?ns gister en eergister van die kerk (christene soos ek) ervaar het nie? Ek men dat ons eers voor ons eie deure moet vee voordat ons deur ons reaksie op hulle aggressie net bevestig wat hulle reeds glo: Die Farise? is uit op 'n kragtoertjie om verlore aansien te (probeer) herwin. Daar is vandag nog tyd om te besin, vir verootmoediging voor Hom en nederig en in afhanklikheid voor te begin en te lewe soos Jesus dit bedoel en gedemonstreer het. Ek glo en hoop dat Sy liefde aan weerskante van die huidige linies sal heling bring.
Oom Angus geld steel?, 12/05/2008, Pieter Louw
Oom Angus het getuig van hoe hy teruggegaan het doeane kantoor om goed te gaan verklaar wat hy nie destyds voor betaal het toe hy van Zambie afgekom het nie. In een van sy boodskappe by Mighty Men het hy daarop gedruk dat mens nie belasting moet ontduik nie want dis God se geld en nie jou geld nie. Nou, hoe kan mens so iemand beskuldig dat hy massas opsweep om geld te kry..?
Herlewing, 12/05/2008, Jana
Die Herlewing behoort aan die Here. Aan Hom al die eer. Prys Hom vir ewig en altyd! Baie dankie, Mr Buchan! Mag Hy jou aanhou se? Groete, JM Derksen.
Bolander en kie, 12/05/2008, Jakkie
Bolander herinner my aan n viend uit my kinderdae. Die man het getrou met n baie mooi blond,maar hy was nie getrou aan haar soos sy aan hom was nie,en het haar dan herhaaldelik van ontrouheid beskuldig om sy eie ontrouheid weg te steek en sy gewete te sus. Het jy n bybel? Lees daarin en dan sal jy verbaas wees oor wat daarin staan,hoe die Jesus waarvan daar in die bybel gepraat word ongeleerde vissermanne gebruik het wat BEREIDWILLIG was en hul lewens aan Hom toevertrou het gebruik het om die evangelie van hoop en liefde te verkondig.LW. Hy het nie die sogenaamde skrifgeleerdes en Fariseers en destydse priesters gebruik nie.Teologie en kerkwette soos ons in al die verskillende denominasies vandag kry,maak nie vry nie.DIE WAARHEID SAL JY KEN EN DIE WAARHEID(JESUS)SAL JOU VRYMAAK.Oom Angus maak nie vry of gesond nie, dit is Jesus deur Sy Gees wat dit doen.Oom Angus is net n dienaar van Jesus wat homself aan Jesus uitverkoop het om Sy wil te doen. Jammer as jy dit nie verstaan nie want dit toon volgens wat in die skrif staan wat jou verhouding met Hom is,die Gees is soos die wind,dit waai waar dit wil en niemand weet waarheen nie. Maar die wedergebore,bloedgewasde en Gees vervulde kind van die Here wat tyd saam met Hom spandeer weet wat Hy wil h?esus s?pesifiek om nie die perels voor die varke te gooi nie,dink jy Hy sal sy kosbaarhede aan iemand bekend maak wat daar nie n belang in het nie? Oom Angus is nie die probleem waarmee jy te kampe het nie, dit is jou ongeloof in Jesus en jy stry teen Sy stem soos Paules op pad na Damaskus.Gaan lees maar Joh.12:48-50. Ons as mens word geoordeel aan wat daar in die skrif staan,hoeveel van dit wat daar staan het jy al gelees? Jy sal geoordeel word deur alles wat tussen die buite blaaie van die bybel staan. Die vraag is nou, wat weet jy van wat alles daar staan?Jesus het jou lief en wil in n oomblik jou verlos en jou sonde vergewe en staan en wag vir jou soos die verlore seun se pa vir hom gewag het, jy is kosbaar in Sy oog en Hy wil nie h?at jy verlore gaan nie,maar die ewige lewe saam met Hom beerwe.Efes.4:5 s?EN HERE,EEN GELOOF EN EEN DOOP.Nie die geloof, doop of here van n denominasie nie,maar die geloof,doop en Here soos wat in die Bybel geleer word. Jesus verklaar voorts in Mark.7:7-9 dat Hy vergeefs vereer word deur leringe te leer wat gebooie van mense is, dit is nie wat jou kerk of denominasie s?ie maar wat Jesus s?n Sy woord.Het jy al die skrif gelees van begin tot einde,indien nie ,hoe gaan jy weet wat jy moet doen om saam met Jesus te wees? Jesus vergeef en vergeet sonder berou en dit doen Hy uit liefde vir jou en almal wat in Hom glo soos die skrif s? Fontein kan nie bitter en soet water lewer nie! Die boom sal aan sy vrugte geken word!Oom Angus leef en preek Jesus en daar sal altyd mense wees wat die werk van die Here sal teenstaan en afmaak asof dit uit mense is,dit is net Sy Gees wat jou kan oortuig en geen mens nie. Wie wil sal vrygemaak word!Die keuse is joune!Skoenmaker, hou jou by jou lees!
Aartappelboer, 12/05/2008, Ann
Oom jy is n inspirasie vir almal.Natuurlik sal daar mense wees wat teen die werking van God opstaan. Mense maak oop julle oe en weet God is in beheer en dat daar n doel is met Suid Afrika. Dit is die beste land in die hele wereld en prys die Here vir herlewing. Hou op kla en begin God prys. Moenie iets se teen iemand wat net n instrument in God se hand is nie. Oom Angus is n gesalfde van God....
God sal maak soos hy goed dink, 12/05/2008, Les
Laat vaar die trots en die false wysheid in julle harte, God het 'n plan en dit sal gebeur soos hy dit beplan of julle in God glo of nie, Hy is my Koning. Vat die geskenk wat God julle gee, dis verniet, want wanneer hy terug keer wil ek nie teen Hom wees nie. Angus word deur God geinspireer en dit sal 'n mens verstaan as jy hom hoor praat. Aan die wat so met wysheid antwoord teen die herlewing, ek daag julle uit om na volgende jaar se kamp te gaan, dan kan julle deur ervaring komentaar en deur wat julle eiesinnig uit dink nie. Mag God met julle harte werk.
hard koppige mense sonder feite, 12/05/2008, Arnold & Shen?u Toit
Eric de Carlos - dit is logies dat stadions moet betaal word, vir wat ook al. 'n mens sal honderde rande betaal om rugby, sokker ens. by te woon, maar die selfde mense wil verniet he iemand wat vir God werk en n boodskap bring moet self die kostes dra. hoe dom kan n mens wees. as jy nie gister by die byeenkoms was nie, hoe kan jy oordeel? volgende keer as jy Loftus toe gaan, kyk of jy verniet kan in gaan. Jesus het gese, "As jy my ontken, sal Ek jou ontken voor die Vader." Sterkte vir al julle mense wat iets oor Angus te se het. daar is soveel politiek in vandag se kerke, maar 1 mens kry dit reg om soveel verskillende kerke by mekaar te kry.
konings , 12/05/2008, Hennie
Lees die briewe en julle kan sien watter Vader regeer in sommige konings se harte. Angus en al die nuwe familie in Christus "Die Vader se?julle in die naam van Jesus Christus"
Angus Buchan, 12/05/2008, Trudie Myburgh
Ek was daar Saterdag 10 Mei en het gehelp met takies wat nodig was. Ek het omtrent 90% van die mense gesien wat by daardie hekke ingeloop het en ek het nie een (1) persoon gesien of gehoor wat ongeduldig of onbeskofte aanmerkings oor enige iets gemaak het nie. Gaan jy na 'n rugby wedstryd en kyk of jy by die 30 000 mense bymekaar kan kry met dieselfde "atitude" Ek s?ir julle God se hand was oor daardie area en oor die stadium. Het julle die hartjie in die wolke gesien toe die Angus Buchan begin het? Come on Mense word wakker! Al hierdie mense wat so kritiek lewer - Ons sal vir julle bid, dalk het julle seer gekry in julle lewens, maar God is ons groot geneesheer, van vlees en gees. Ek sal julle opdra aan God in my gebede. Christus liefde vir julle ALMAL Trudie (Meyerton)
Angus Buchan, 11/05/2008, Danie Jacobs Windhoek
Mense wat gaan aan.Dit is vandag soveel makliker om negatiewe komintaar te lewer en fout te vind by ander mense.Begin by jouself of het jy geen foute nie.Dit is te danke aan God dat ons lewe,en dit is tyd dat ons sy hulp inroep.Die antwoord is JESUS.Soek Hom en jy sal Hom find/klop en Hy sal vir jou oopmaak Mattheus 7:7Prys die Here vir mense wat so gehoorsaam is soos Angus.
Gehoorsaamheid, 11/05/2008, Mariane
Noag het 'n ark gebou in gehoorsaamheid aan God. Die mense het vir hom gelag en gedink hy is mal. Ons dank die Here vir gehoorsame mense wat bereid is om uitgelag en gejou te word vir waarin hulle glo. Angus al lag hulle vir jou het die vyand klaar verloor want Jesus het reeds die prys betaal. Ons is in herlewing want Jesus leef. Goed gedaan en ons kan jou liefde vir Jesus sien.
Lag Lekker Julle - wie laaste lag????, 11/05/2008, S Veldman
Om te dink dat meeste dink hierdie is 'n groot grap! Is dit julle skuldige gewetes? Te swak om self iets aan julle siele te doen? Ek sal enige iets doen om ook by Loftus te kon wees. Daar is nie 'n meer opregte mens as Angus nie. Dit is meer as wat baie in ons land van kan droom. Dit is nou maar tipies Afrikaans-sprekendes - gun niemand niks, kon nog nooit saam staan vir iets beters nie en vernaam nie vir SA nie. Onthou julle dat Noag ook uitgelag was oor sy Ark maar nou ja julle sal ook nie daaraan glo nie. Sterkte ek dink aan julle almal wat so negatief is.
Die prekende aartappelboer Bolander 10/05/08, 11/05/2008, Petra
Bolander mag ek asb vir jou iets vertel?"n Ander kosbare boer en sy vrou was vir my en my man geestelike ouers na ons wedergeboorte en hulle en ons kon op ons beurt mense bereik wat dalk nooit by die Here Jesus christus sou uitkom nie. Elia was 'n mens net soos ek en jy en Jesus Christus se opdrag was "Gaan dan heen, maak dissipels van al die Nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het." Prys liewer die Here dat daar stadions is en vir elke saamtrek. Hoe anders gaan soveel mense die evangelie hoor? Ek glo ook dat baie van die geld is nodig om die kostes van krag en klanktoerusting te dek. Ander kere is Loftus beskikbaar vir Rugby. Moet liewer nie die gesalfdes van God aanraak nie! Vrede vir jou
Angus Buchan, 11/05/2008, Pieter
Bolander, Angus doen dit nie vir die geld nie! Izak Steyl beyeenkoms was gratis. Loftus kos R20. Ek glo dis vir die venue en niks anders nie. MM conference was R100. Kos, grootste tent ter wereld, toilette vir 60000 mense warm storte. Dit vir R100. Gaan maak jou sommetjies ou maat. God vertrou Angus om mense nou bewus te maak dat die koms van Jesus nie meer ver is nie.
Angus verdien dit, 11/05/2008, Kyla
Ag, bitter bolander. Ten minste DOEN Angus iets posetief in ons land. Te veel mense kla oor die land, en dan kla hulle oor die mense wat iets probeer doen ook! Jy reken seker nie, hy't kostes om te dek nie. Of dat dit sy werk is, en hy darem ook 'n salaris moet kry nie. Ek dink jy sal goed inpas in van die ou kerkrade wat geglo het: "Here, hou U hom nederig, ons sal hom arm hou." Mooi Angus, dankie vir wat jy doen in ons land!
Maak seker dat dit God se stem is wat jy hoor., 11/05/2008, John Plaatjies
Dankie Pastoor Angus dat jy n voorbeeld is en demonstreer hoe God kan werk deur n gees van onderskeiding wat aan elkeen van Sy kinders gegee is!Gehoorsaamheid aan GOD en geloof in GOD gee die deurslag.
Duur Aartappels, 11/05/2008, Dr. Andre
Mense, julle mors tyd met die aartappels. Gaan na die Uniegebou en parlement.Vat julle vrouens en kinders saam . n Paar honderd duisend daar sal moontlik n boodskap bring.Onthou julle regering het nie n god nie. Dit klink eerder of die afrikaner(en die mans) bang is vir die huidige optrede van die regering. Nee man staan op en vat hulle vas net daar waar hulle so opdonner. Dis julle en julle families se lewens wat op die spel is.Ek waarborg julle die regering lag vir julle met die byeenkomste. Ruk hulle in die bek-vir eens en vir altyd
angus, 11/05/2008, lize
Wat my opgeval het van die byeenkoms gister was die "hartaanval" insident. Snaaks dat dit gister ook gebeur het soos met die byeenkoms op die plaas.
Prekende Aartapelboer, 11/05/2008, ROBERT
Ek wil net vir Bolander reghelp. As jy nie te hoogoedig was nie en die moeite gedoen het om die MMC '08 op Graytown bygewoon het sou jy iets geleer het en dit is NEDERIGHEID. Daar is nie een maal geld of kollektes gevra nie en daar is nie toegang gelde gevra nie. Die HERE vra nie geld nie alles behoort in elk gevan aan Hom. Die HERE seen oom Angus inelk geval so veel dat hy nie jou of enige ande se geld nodig het nie. Sy plaas op Greytown is ten volle produktief en word geseen met goeie oeste. Kan jy die selfde se? Moet nie klippe probeer gooi as jy nie nie kan koes nie. Strekte met jou "boerdery". groete. Robert
Arme Bolander, 11/05/2008, Willie du Toit
Arme Bolander kom by Jesus uit dan sal jy nie sulke twak kwyt raak nie.Los sulke twak praaitjies vir Deon Maas hy dit dit goed Dit gaan nie oor Angus nie my vriend dit gaan oor God. Onthou die w?ld is blind en sal die geestelike dinge verseker nie verstaan nie
Angus - gehoorsaam, 11/05/2008, Willie
Angus se boodskappe by al sy openbare optredes dui op sy gehoorsaamheid aan die Here se opdrag om 'n boodskap van hoop en vertroue op God uit te dra aan Suid Afrika. Ek will graag 'n beroep doen op almal wat al na Angus se boodskappe geluister het of dit gelees het om hom en sy gesin aan die Here op tedra sodat hy altyd nederig en in gehoorsaamheid aan die Here sal optree. Hy word absoluut blootgestel aan satan en die versoekinge en oordeel van die w?ld en kan net staande bly deur die krag van die Heilige Gees.
Angus Buchan, 11/05/2008, Johann von Maltitz
Prys die Here vir n gehoorsame man. Vir Angus gaan dit nie oor homself of sy beursie nie maar oor Jesus en reding van verlore mense. Bolander kan gerus so n byeenkoms bywoon. Dankie aan Rapport vir die berig. Sterkte Johann
Vrot aartappels, 11/05/2008, Eric de Carlos
Oor 5 jaar van nou sal julle sien dat die enigste dinge wat baat gevind het by hierdie preke Buchan en sy bankrekening was.
Besluit self, 11/05/2008, Mike
Die uiteenlopende reaksies op die beriggewing is interressant. Hang seker af waar jy staan tov God en waar in die wereld jy nou bly. As jy twyfel, kom neemdeel, jy het niks om te verloor - miskien is die R20 die beste belegging wat jy ooit gaan maak.
Oom Angus, 11/05/2008, stoflap
Ek was self teleurgesteld toe ek gehoor het die kaartjies vir Loftus is te koop na daar aanvanklik niks van "koop" gese was nie. Ek verstaan ook dat 'n besigheidsman die stadium betaal het. Maar kom ons oordeel nie - ek het nogal in prinsiep nie 'n probleem om te betaal om die Woord van God versprei te kry nie. En ek dink nogal nie "oompie Angus" gaan die ou geldtjies vat nie. Hy sou baie beslis MEER gekry het as hy die 60 000 manne laat betaal het vir sy "plasie"
Buchan lok duisende, 11/05/2008, Nie Verbaas nie
Ek is nie verbaas nie dat goedgelowige ("gullible") mense stroom na hierdie soort uitbuitery van mense se onvermo?f laksheid om vir hulself te dink. Almal skreeu prys die Here, en wie lag al die pad bank toe? Maak oop julle o?/span>
Herlewing, 11/05/2008, Herman
Mag God ons op ons kniee dwing sodat ons Hom alleenlik sal eer
Buchan lok weer duisende mense, 11/05/2008, frikkie botes
die tyd is verby om kerk te speel,dit is die rede dat die herlewing begin,en dit is buite die kerk,mense wil Jesus se stem hoor van eenheid,nie meer die kerk se stem van verdeeldheid nie die klippie het los geraak van die berg en is besig om af te rol,daagliks word dit groter.die waarheid is besig om almal vry te maak
Die Oplossing, 11/05/2008, Juanne vd Linde
Ek moet ook bely - God is Groot en Goed- Hy moet die fokuspunt wees en bly, Mnr Buchan is slegs die fasiliteerder soos Louis Malherbe voor sy dood. Tog fasiliteer Louis Malherbe dmv sy bande, videos en boeke steeds om op God te fokus en dat ons heil slegs by God drie-enig is, en nie op ons besittings, politiek of enige-iets anders nie. Baie dankie aan mnr Buchan, en bid groot seen toe op sy arbeid. Ek / ons het die Genade nodig soos nooit tevore...
Angase, 11/05/2008, Hennie de Beer
Mag GOD Angase se werk seen
Herlewing, 11/05/2008, Hattie van Jaarsveld
As Christene kan ons net se dankie en die Here loof. Wat vir ons as mense onmoontlik is, is vir ons Hemelse Vader moontlik.
Angus , 11/05/2008, Sylvia Gobey
Ek haal my hoed af vir Angus, hy vermag meer as enige ander leier voor hom nog reggekry het. SA het so iemand nodig, nie net vir die witman maar vir die swartman ook, as ons net in vrede kan saamlewe, wat 'n wonderlike w?ld sal dit nie wees nie!
Dankie Rapport, 11/05/2008, Jan Boshoff
Dankie vir julle beriggewing oor hierdie wonderlike gebeure in Suid Afrika. Dis nou werklik goeie nuus, ons is dankbaar vir media wat nie skroom om berig te gee oor dit wat Jesus aan die hand van Sy diensknegte doen nie. Ons is in die buiteland maar ons verheug ons saam met julle daar oor die nuwe hoop vir ons land. Nogmaals dankie en mag Jesus julle daarvoor se?
Desperate SA'kaners, 11/05/2008, Hannes
Desperate tye laat mense desperate dinge doen. Julle sal self uitkoms moet bewerkstellig. Die aartappelboer gee vir julle wat julle graag wil hoor.
Die prekende Aartappelboer, 10/05/2008, Bolander
Ek dink ek het meer van die Singende Beesboer gehou. Ai oom Charles kon darem sing. Skoenmaker, hou jou by jou lees..... Die sin "veral nadat al 50 000 kaartjies vir sy Loftus vir Jesus-saamtrek, op 19 Julie in Pretoria, uitverkoop is" vertel vir my die storie. Die kaartjies is verkoop. Geld wissel hande. Laat my dink aan 'n liedjie uit my konderdae..... "En die geld die rol, en die Till word vol, en oompie glimlag breed....."
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
    Stem
Steun jy 'n SA-bod vir die 2020 Olimpiese Spele?
Ja, beslis!
Nee, beslis nie!
Ja, maar...

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo