| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 20 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| Spaarmaand | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
MDC gaan Mugabe pak in tweede presidentsverkiesing Erna van Wyk
Johannesburg Die Movement for Democratic Change (MDC) in Zimbabwe het gister aangekondig hy gaan pres. Robert Mugabe die stryd aansê in die land se tweede presidentsverkiesing. Mnr. Morgan Tsvangirai, MDC-leier, het op ’n media-konferensie in Pretoria gesê sy ondersteuners sal “mislei” voel as sy party nie deelneem aan die uitklopronde teen Zanu-PF nie. Sy aankondiging kom ’n week nadat die Zimbabwiese verkiesingskommissie (ZEC) aangekondig het Tsvangirai het 47,9% en Mugabe 43,2% van die stemme in Maart se presidentsverkiesing gekry. AFP berig Tsvangirai hou vol hy het die eerste verkiesing met ’n volstrekte meerderheid gewen en betwis die ZEC-uitslae. Hy sal nogtans aan die uitklopronde deelneem mits ’n rits voorwaardes vir dié verkiesing gestel word. “Ons het sekere voorwaardes aan die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SOAG) gestel. Alle geweld moet onmiddellik end kry. Die grondwet van die ZEC moet verander. Internasionale waarnemers en die media moet onbelemmerde toegang tot die verkiesing hê. En die SAOG moet ’n vredesmag stuur om die geweld te keer,” het Tsvangirai gesê. Die uitslae van die eerste verkiesing is vyf weke vertraag en daar is nog nie ’n datum vir die tweede ronde aangekondig nie. Intussen beweer die MDC en menseregtegroepe aanvalle deur Zanu-PF-militante op MDC-ondersteuners en hernieude plaasaanvalle neem daagliks toe. Militante het verlede week vir die derde keer sedert 2002 op die plaas van mnr. Ray Munroe in die Nyamandhlovu-streek buite Bulawayo toegesak. Nou word Munroe se seun, Wayne, deur die polisie gesoek omdat hy homself probeer verdedig het teen ’n aanvaller wat hom met ’n geweer geslaan het.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|