| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 6 Julie 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Perspektief | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Gauteng-Rapport | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
10/05/2008 21:08 - (SA)
Regering laat rampslagoffers nog meer ly
Bangkok Minstens ’n miljoen slagoffers van verlede week se sikloon in Mianmar (Birma) het nog geen hulp ontvang nie terwyl die land se regering die aflewering van besendings noodvoorraad vertraag, het die Verenigde Nasies (VN) gister gesê. Mnr. Richard Horsey, woordvoerder van die VN se noodverligtingseenheid, het aan Sapa-AFP gesê noodwerkers raak al hoe meer gefrustreerd deur die militêre regering se traagheid om hul personeellede en kos in die land toe te laat. “Byna ’n halfmiljoen mense is (deur VN-agentskappe) bereik, maar tussen 1,5 en 2 miljoen mense is na raming erg geraak,” het hy gesê. Staatsmedia in Mianmar het berig 60 000 mense is dood of word vermis nadat die sikloon Nargis verlede naweek deur die suidweste van die land gewoed het, maar buitelandse amptenare raam die dodetal op nader aan 100 000. VN-amptenare vrees die dodetal kan styg indien mense wat dringend kos, drinkwater en medisyne nodig het, nie binnekort bereik word nie. Sapa-DPA berig uit Parys dat mnr. Bernard Kouchner, Franse minister van buitelandse sake, gesê het Frankryk het besluit om nie langer te wag nie en op te tree. Hulp gaan regstreeks gelewer word aan diegene wat geraak is, hetsy deur die bemanning van die Franse oorlogskip Mistral wat met goedere daarheen gestuur is, of deur Franse hulporganisasies.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|