News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  33°C
Kpstd  14°C  21°C
Dbn  20°C  24°C
Jhb  12°C  31°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 21:24  - (SA)  
Kees-bure stap oor vir kuiertjie en vlooie
Maretta Bellinghan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Kate Jagoe-Davies, 'n kunstenaar van Pringlebaai het 'n unieke vriendskap met die bobbejane in die omgewing gevorm. (Foto: Steve Eggington)


Pringlebaai

Praat van ongewone kuiergaste. ’n Harige klomp wat brom-brom sommer enige tyd uitslaan – en dan boonop vlooie op jou kop kom soek...

Dít is die ongewone vriendskap wat Kate en Bryan Jagoe-Davies het met die bobbejaanmannetjie Jimmy-John en s? familie.

Bryan (62), ’n dierkundige, en sy vrou, Kate (53), ’n kunstenaar, het in 2003 in Pringlebaai kom woon, ’n skilderagtige dorpie aan die Valsbaai-kus.

“Ons het hierdie huisie teen die klipkoppie met ’n gelukskoot gekry,” vertel Bryan, wat amper drie dekades lank aan die Universiteit van Kaapstad verbonde was.

’n Houtbaan is dadelik laat bou vir Kate, ’n kwadrupleeg wat op vyftien in ’n duikongeluk verlam is, en hulle het nesgeskop.

“Nes almal het ons ook gedink die bobbejane is bloot ’n ergernis,” onthou Kate.

“Hulle het gereeld kos uit die huis gesteel en dan het ons hulle maar verwilder.”

Eendag was sy alleen in die huis toe sy besef daar is ’n mannetjie by haar in die vertrek.

“Ek het geskrik en besef ek het nie my selfoon naby my nie – ek kon niks doen nie.”

Sy sal daardie dag nooit vergeet nie, sê Kate.

“Dit was die ongelooflikste ervaring. Hy het heel rustig ’n avokado sit en eet. Ná ’n hele ruk het hy doodluiters uitgestap. Ek het later vir Bryan gesê ons het ’n geleentheid om hierdie diere op ’n heel ander vlak te leer ken.”

Die vriendskap tussen die Pringlebaai-bobbejaantrop van ongeveer 22 en die Jagoe-Davies-egpaar het oor ’n paar jaar ontwikkel.

“Hulle het aanvanklik net buite op die dek by ons kom sit. Ná maande het ons versigtig aan hulle begin raak. Ek was baie verbaas om te voel hulle het sulke sagte, warm hande,” sê Bryan. “Ek vermoed die feit dat Kate in ’n rolstoel is, het hulle aanvanklik gerusgestel. Dit het langer geduur voordat hulle met my op hul gemak was.”

Bryan is ook verstom daaroor dat die bobbejane sulke skoon diere is. “Hulle pluk elke gogga-tjie en stukkie los vel af.”

Deesdae is die harige kuiergaste ’n gereelde gesig by die Jagoe-Davies-huis, veral in die somermaande. En dis duidelik, lag Bryan, dat Jimmy-John ’n sagte plekkie vir sy vrou het.

“Jimmy-John kom sit soms op my skoot, vat my hand en druk dit teen sy bors. Soms speel hy met my armbande of sit op die grond en hou my voete vas,” vertel Kate.

Kate onthou ’n baie spesiale dag toe sy besef het sy is onvoorwaardelik deur die trop aanvaar. Dit was toe Mandy, een van die wyfies, haar pasgebore kleintjie vir Kate kom wys het.

“Ek is ’n groot natuurliefhebber, maar as kwadrupleeg is dit vir my geweldig moeilik om die natuur werklik te geniet. Die bobbejane bring die natuur na my toe.”

En ja, lag Kate, wat ook ’n nierkwaal onder lede het, daar word gereeld vlooie op haar kop gesoek. Sy sit dan maar geduldig.

En hulle is nes kinders, jy moet tog nie sleutels of ’n selfoon iewers neersit nie.

“En ek het al ophou tel hoeveel T-hemde en handdoeke ons verloor het.”

Die egpaar se ongewone vriendskap het hulle die argwaan van heelwat mense in die omgewing en elders op die hals gehaal.

Maar ná die uitsending van ’n dokumentêre program, Distant Cousins, oor die Jagoe-Daviese en hul bobbejaanvriende het die houding baie verander.

“Mense besef nou ons doen niks wat ander se lewe, of die diere s’n, in gevaar stel nie. Ons voer die bobbejane glad nie en laat hulle nie in ons huis toe nie.

“Ons verkeer net rustig saam met hulle in hul natuurlike omgewing. En so het ons geleer dat ons beslis nie soveel verskil van ’n dier wat eintlik ’n baie slegte beeld het nie,” sê Bryan.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo