News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

28/06/2008 21:24  - (SA)  
Tretchi se werk 1ste keer in 30 j. uitgestal
Karin Burger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Vladimir Tretchikoff se kleindogter, Natasha Mercorio-Tretchikoff , Woensdagaand by die opening van 'n uitstalling van sy werke in Kaapstad. (Foto: Nasief Manie)


Kaapstad

Kunsliefhebbers wat van Vladimir Tretchikoff se werk hou, kan gerus wees dat hulle tog die kans gaan kry om ’n skildery te sien wat aanvanklik nie by die tentoonstelling van sy werk in Kaapstad ingesluit sou word nie.

Die eerste groot Vladimir Tretchikoff-uitstalling in dertig jaar op plaaslike bodem het Woensdag in Kaapstad begin.

Die plan was om op dié dag sy skildery Pink Magnolias op te veil.

Maar sy kleindogter, me. Natasha Mercorio-Tretchikoff, sê sy en die ander trustees van die Tretchikoff-trust het besluit om die skildery eerder aan die einde van die uitstalling te verkoop.

Die uitstalling duur nog tot 25 Julie in die Wembley Square-winkelsentrum terwyl die trust die skilder se naam lewend hou deur geldinsamelingsprojekte en slypskole.

“As sy kleindogter het hy my geïnspireer met die woorde: ‘Gee uiting aan jou passie. Doen waarvoor jy lief is. Tot elke prys’ ,” sê sy.

Natasha se passie is om jong Suid-Afrikaners met behulp van die trust die geleentheid te gee om hul passies te ontdek en daarop voort te bou.

• Vladimir Tretchikoff is opnuut in die nuus nadat sy skildery Fruits of Bali onlangs op ’n Sotheby’s-veiling in Kaapstad vir R3,74 miljoen opgeveil is. Die skildery was voor die veiling vir R250 000 tot R300 000 gewaardeer. Op dieselfde veiling is nog vyf van sy werke vir tussen R242 000 en R352 000 verkoop.

Die werk van Tretchi, soos hy deur familielede en vriende genoem is, word deur baie mense as kitsch bestempel, maar sedert sy afsterwe in 2006 behaal sy skilderye rekordbedrae.

Hy was ’n Russies gebore immigrant wat sestig jaar lank in Suid-Afrika gewoon het.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo