28/06/2008 21:24 - (SA)
Ál minder professionele Suid-Afrikaners emigreer na Brittanje
Johan Eybers
Johannesburg
Die Groot Trek van hier na Brittanje is ’n mite wat aangeblaas word deur Suid-Afrikaners se sienswyse oor emigrasie.
Só sê dr. Robert Crawford van King’s College in Londen. Hy het die afgelope week navorsing bekend gemaak wat toon dat sowat 550 000 Suid-Afrikaners na Brittanje geëmigreer het.
“Daar word al jare lank aanvaar dat daar ’n miljoen Suid-Afrikaners in Brittanje en selfs net in Londen is. Realisties gesproke is dit amper die helfte minder, in die omgewing van 550 000.”
Volgens Crawford emigreer al hoe minder professionele Suid-Afrikaners deesdae na Brittanje. Die stroom gaan nog kleiner word omdat jong Suid-Afrikaners nie meer toegelaat gaan word om met ’n tweejaar-vakansiewerkpermit daar te gaan woon en werk nie, sê Crawford.
Dit gaan ’n bepalende faktor wees in die ouderdom van Suid-Afrikaners wat Brittanje binnekom.
Dié vakansiewerkpermit word slegs aan mans en vroue van jonger as 30 uitgereik. Daarom is 75% van die professionele Suid-Afrikaanse burgers wat in Londen werk jonger as 35, toon ’n onlangse peiling van die Britse departement van handel en nywerheid.
Hiervolgens is die gemiddelde ouderdom van Suid-Afrikaners wat in 2005 en 2006 in Londen gewerk het net 34 jaar.
Crawford se navorsing toon ook dat daar sedert 1998 ’n afname is in die persentasie Suid-Afrikaners wat as professionele beroepsmense in Brittanje werk.
In 1998 het 11 000 van 26 000 Suid-Afrikaanse werkers in Brittanje professionele beroepe beoefen. ’n Dekade later het die syfer toegeneem tot 29 000 van 80 000 werkers.
• Daar is heelwat meer Australiërs wat professionele beroepe in Brittanje beoefen as Suid-Afrikaners.
“Dit bewys dat die breinkwyn uit Suid-Afrika na Brittanje stadiger plaasvind as wat ons gedink het,” sê Crawford.
Daar is wel ’n toename in die aantal armer Suid-Afrikaners wat in die minder gegoede gebiede in Londen kom bly, sê Crawford.
Hy sê dit is kommerwekkend dat daar steeds meer dokters en verpleegsters van Suid-Afrika na Brittanje emigreer as wat weergegee word in amptelike statistieke.
“Van 1995 tot nou toe was daar ongeveer 20 000 Suid-Afrikaanse gesondheidswerkers wat by die Britse nasionale gesondheidsdiens geregistreer is. Die Suid-Afrikaanse regering raam egter dat so min as 200 dokters die land jaarliks vir Brittanje verruil.”
Crawford sê die navorsing wat hy gedoen het, toon ook dat:
• wit Engelssprekendes verreweg die meerderheid uitmaak van die Suid-Afrikaners wat na Brittanje emigreer;
• sowat ’n kwart van die wit Suid-Afrikaanse bevolking in Engeland Afrikaners is en 5% Joods is;
• die getal swart immigrante van Suid-Afrika stadig toeneem en dat die aantal wit Suid-Afrikaners in Brittanje tussen 1991 en 2001 afgeneem het van 91% tot 87%;
• 20% van Suid-Afrikaners in Brittanje tussen 16 en 24 jaar oud is; en
• 75% van respondente van die Kom-huis-toe-veldtog aangedui het dat hulle in Brittanje is om te reis.
|
| |
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
|
 |
emigrasie, 30/06/2008, sajvv
As jy besluit het om die land te verlaat, is dit goed so. Dit is jou reg. NIEMAND VERWYT JOU NIE! Spaar dus ons ander wat in Suid-Afrika bly oor ons wil of oor ons moet, om vadersnaam tog net asseblief die ewige gesanik oor die redes ter regverdiging vir jou besluit. Wat laat hierdie mense dink dat ons "agtergeblewenes", wat aangaan met ons daaglikse lewe, daarin belangstel. Julle smalende, vermakerigheid is soms verstommend en word tot vervelens toe in ons kele af gedruk. Jy is mos nou daar waar jy gevind het waarna jy gesoek het. Geniet dit nou, bou jou nuwe toekoms en vergeet van ons lot hier. ONS IS BESIG OM DIESELFDE TE DOEN! |
Brien Drein, 29/06/2008, Henk
Ek lees met groot genot die voorblad van die Rapport en wonder: Wat is anders in SA as in Zimbabwe? Swak leierskap, swak onderwys, onbekostigbare brandstof en misdaad wat als oorheers. Hier in die VK is dit hoofnuus as iemand met 'n mes gesteek word. Ons betaal baie belasting maar ervaar 'n lewe van sorgvryheid en geleenthede. Hier is nie een dag se bekommernis oor waar werk vandaan gaan kom nie. Ek is wit, my kollega is swart - SO WHAT! Ek word waardeer vir my besigheidsinsette, idees en opinies. Ek en my vrou geniet die kultuur en die gemak om te reis waarheen ons wil vir baie goedkoop. Hoekom, as mens net een maal (op aarde) lewe, wil mens bewustelik kies om in SA te wees? Ek verstaan nie hoekom ek NOOIT in SA permanent kon werk kry nie. Net kontrakte. Regstellende aksie... Hier word ek waardeer vir nie net wie ek is nie maar ook vir dit waarvoor ek 7 jaar lank geswot het. Sodra ons ons Britse paspoorte het is die wereld nog wyer oop vir ons. Ek meen, hijack, moord, verkragting, korrupsie, rassehaat, regstellende aksie, politiek in sport, peperduur brandstof (vs. inkomste), Eskom, Telkom ens. Klink dit soos fun? Emigreer is nie vir sissies nie. Ek verlang ook party dae maar die "lewenskwaliteit skaal" in Londen trek met lood terwyl Suid Afrika klein donsveertjies aanbied. Nee Dankie! |
al julle 'sad' mense oorsee, 29/06/2008, Adriaan
Shame, julle kan ook nie van die SA websites afbly nie, maar swaar om jouself te help aanhou oortuig dis lekker om as 'n 'foreigner' in 'n ander ou se land te wooon elke dag... en hier is baie profesionele mense in SA oor wat hier wil woon. Dit sluit myself en baie pelle in wat almal tussen 5-7jaar in Britanje gewoon het. Dankie tog ek is uit daai 'misrable' plek uit weg van al die chavs af. |
?l minder professionele Suid-Afrikaners emigreer na Brittanje, 29/06/2008, Johan van den Berg
Dis dalk waar dat minder Suid Afrikaners hulle in die UK vestig, maar dit het meer te doen met die feit dat al moieliker raak om SA te verlaat.Met die working holiday visa wat nou nie meer beskikbaar is vir Suid Afrikaners en baie ander veranderinge in die visa stelsel sal daar eersdaags net `n handjievol toegelaat word.Presies wat die SA regering wil h?ou almal hier waar jy nie werk kan kry nie. |
vergeet nie die ander lande, 29/06/2008, jan venter
hier in nederland en belgie zit die ander deel van die brein drein |
Suid Afrikaners in Brittanje, 29/06/2008, Willem
Maak nie saak wat die statistieke beweer nie, dit gaan goed met ons klomp hier op haar majesteit se eiland. Ek en my vrou het, ironies genoeg, nie hierheen gekom oor ons gevlug het van iets of iemand in SA nie. Ons het gekom om geld te spaar en terselfdertyd ook die kans te kan h?m deur Europa te kan toer. Ons wou aanvanklik net vir twee jaar hier bly en dan teruggaan maar het nou besluit om eerder hier aan te bly en te kyk wat in SA gebeur. Dit lyk, volgens die media en ander berigte wat ons kry of mens dom sal wees om nou terug te gaan na Suid Afrika. Ons het 'n groot vriendekring hier van mense met ouderdomme wat wissel van 25 - 40 en van hierdie mense is daar maar 'n handjievol wat nou nog oorweeg om terug te gaan SA toe. Die verskil tussen ons en die Aussies is dat daar definitief vir hulle 'n toekoms is as hulle teruggaan Australi?oe. Daar is dus 'n agterdeur oop en nie een van hulle is bekommerd oor of hulle gaan werk kry of nie. Die Aussies wat saam met my werk doen net hulle twee jaar hier, sien Europa, spaar geld en gaan dan terug om met hulle lewe aan te gaan in Australi?So 'n situasie sou vir my en my vrou ideaal gewees het maar ons het met 'n redelike skok besef dat dit nie so maklik gaan wees om net terug te gaan en te gaan dink dat alles weer is soos dit was nie en dat werk net in elk geval daar sal wees. Die Suid Afrikaanse immigrante en Aussies kan dus eintlik nie met mekaar vergelyk word nie. Ek wens ek kon, soos hulle, uitsien om terug te gaan na my land toe... |
Ek bly te lekker in Nat-land, 29/06/2008, Boer in Cambridge
Ek swot vir my Meestersgraad aan Cambridge en maak binnekort klaar. Ek is vasbeslote om in Engeland te bly want ek het hard gewerk om in die eerste plek keuring te kry. Bowendien is ek mal oor Engeland! Die weer is beter as in SA, nie almal wil vrek van die hitte nie. Die loopbaan wat ek wil geniet is makliker beskikbaar hier as in SA. Ek is baie gelukkig om hier te studeer, en nog gelukkiger om die fondse te kon kry, want my VK-graad tel baie wanneer ek nou gaan aansoek doen vir die nuwe werk-skema. Nee wat, SA kan maar voortploeter. Ek het Politiek in SA gestudeer, so moenie vir my anders probeer oortuig nie! Ek bly net hier en is vasbeslote om 'n sukses van my lewe te maak. Terloops, die nuutste berigte is dat die Britse ekonomie net minder gaan groei, maar die resessie is nie naby nie. So ontspan gerus. Ek mis egter my ouers en kieterkat baie. |
Nie nodig om te amptelik te emigreer, 29/06/2008, philip van zyl
professionele SA wat emigreer
Wat heeltyd misgekyk word is die groot hoeveelhede,dokters en aptekers asook ander beroepslui wat op kontrak in amerika kom werk en na drie jaar hulle groenkaarte kry en nooit weer terugkeer na Suid Afrika.Ons van Zyl gesin is deel van die statistiek wat ons eie gastehuis en apteek gehad het en twee jaar gelede opgepak en amerika toe is op kontrak.Omdat dit nooit genoem word in die pers hoeveel profesionele mense op kontrak na amerika toe gaan nie was ons verbasing groot toe ons hier arriveer en sien hoe baie mediese persioneel reeds hier is en hoe poste by universiteite ens beklee.Weekliks ontmoet ons net meer ex SA burgers wat nooit weer teruggaan behalwe vir vakansies.Ons is ook bewus van heelwat aptekers wat reeds weer kontrak geteken het en op pad is na usa.Al die aptekers ens is huisgesinne met kinders verlore is vir SA.
Onthou dit is nie nodig om amptelik te emigreer om die land permanent te verlaat nie. |
So?, 29/06/2008, johan
Natuurlik neem die getalle af!
Almal is dan alreeds daar; niemand is meer oor nie! |
SA in Brittanje, 29/06/2008, Hein Eybers
Die navorsing moet nou nie weer as die alfa en omega beskou word nie. Dis presies wat diegene wil hoor wat nie wil glo dat Suid Afrika die pad van Zimbabwe volg nie. 'n Paar oproepe na Suid Afrikaners in Brittanje (waarvan ons baie ken) toon aan die nie EEN van hulle is deur die navorser gekontak nie. Wat ook nie gemeld word nie is dat baie Suid Afrikaners London gebruik as springbord om in ander lande/stede gevestig te raak. Jy het nie Graad 1 somme nodig om dit te vestaan nie. |
Breinkrag, 29/06/2008, Christo van Rensburg
Ek het in 2005 gekwalifiseer as CA en nadat ek vir jaar werk gesoek in commerce in Kaapstad, sonder sukses as gevold van EE en het besluit in London te kom werk en die travel ding te doen, het binne week werk gekry, en sedert dien aansoek gedoen vir HSMP(migrasie permit). Die werk het vir alles betaal en betaal vir al my studies vorentoe. Nou vra ek:" Hoe moet ek dit alles opgee en terug kom huis toe?"
|
Statistieke, 29/06/2008, Trudy
Ek het altyd gehelp met die opnames van statistieke. Statistieke is net so waar as wat die inligting korrek is. En die inligting is baie selde die waarheid. Neem die voorbeeld van onwettige immigrante. In begin 90s was daar 'n telling van alle mense in SA. Almal wat op 'n gegewe nag in jou huis was moes getel word. Maar hoeveel duisende dakloses was daar, hoeveel op die stasies, hoeveel in die bosse. Daar is toe bevind dat volgens statistieke die getelde onwettige immigrante sowat 2 miljoen is, maar die ongeteldes sowat 5 miljoen. Wat die verloor van kundigheid na Britanje verminder glo ek is die feit dat Britanje nie meer die enigste opsie vir kundiges is nie. Hulle is ook nie eens meer die opsie vir die normale en minder kundiges nie. Die w?ld ontvang die Suid Afrikaners van enige kleur of ras met ope arms want daar is ontwikkeling in hul land. Hul ekonomie sterk en dit groei en hulle benodig arbeid, kundigheid. Wanneer iemand aansoek doen vir werk is daar nie vooropgestelde voorkeure nie. Die enigste vraag is: "is dit die persoon wat ons benodig?" Die maatskappy is so dankbaar wanneer jy hul aanbod aanvaar dat hulle al jou kostes dra om daar te kom. Nou wil ek vra: "Watter persoon sal nie gaan werk waar sy potentiaal raak gesien word nie?" |
Immigreer? hoekom nie, 29/06/2008, adriewhitehead
Ek stem saam. Ons het verlede jaar terug gekom van die buiteland. Dit is ongelooflik met hoeveel onsekerhede die mense hier moet leef. Ons het terug verlang na ons Familie en vriende. Ons land en ons kultuur. Maar nee wat sodra die vliegtuig weer in n rigting in mik. is ons op hom, "boots and all" |
"kom-huis-toe", 29/06/2008, Nicol
Dankie Johannes!
Jy se dit nes dit is. Regstellende aksie is 'n mooi woord vir onderdrukking, rasisme, zenopobia. Ek weet nie wat die verskil is nie! Velkleur verskil of ID verskil. Al die bo genoemde word gebruik as verskooning en blaam vir haat, werkloosheid, geweld, diefstal. Dit is moeilik vir die wat ekonomies aktief wil wees om 'n bestaan is SA te maak, blank, of selfs van ander afrika lande... |
?l minder professionele Suid-Afrikaners emigreer na Brittanje, 29/06/2008, frikkie botes
dit beteken daar is baie min in suid afrika oor om te kan emigreer |
?l minder professionele Suid-Afrikaners emigreer na Brittanje, 29/06/2008, Sakkie Marais
Duisende Ozzies en Kiwis (en ek glo SAners ook) kom terug na Australie, want daar is 'n kans dat Br in 'n resessie kan verval. Australie is in 'n groeifase en is dus 'n baie beter finansiele proposisie as Br. Die Guardian in Br het berig dat daar tekorte ontstaan in sekere vakrigtings as gevolg van die groot getalle Ozzies en Kiwis wat vertrek. Dieselfde geld vir Kanada. |
"Kom-huis-toe-veldtog" , 29/06/2008, Johannes van Graan
Die "75% van respondente van die Kom-huis-toe-veldtog aangedui het dat hulle in Brittanje is om te reis." wat geplaas is in 28/06/2008 "
?l minder professionele Suid-Afrikaners emigreer na Brittanje" is uiters misleidend. Die meeste wit jongmense probeer geld bymekaarmaak om te studeer en bly in die buiteland. Ek het 5 onderskeidings gehad in matriek. Ek het nie een studiebeurs ontvang nie. Een van my gekleurde maats het wel. Hy het 'n gemiddeld van 'n C gehandhaaf. Sy vader was 'n wel-af besigheidsman in die gemeenskap. my familie was nie so wel-af nie. My keuse was distansieonderrig en werk deeltyds. Ek kon nie met deeltydse werk die gelde betaal nie en is dus oorsee. Ek het my eerste jaar voltooi en beurse gekry om my studies te voltooi. Kleur was nie 'n faktor nie.
Ek was verlede jaar in Suid-Afrika en dinge het net verbrokkel. As dinge verander sal ek terugkom, maar tot dan is ek een van daardie verlore breine. Die misleidende faktor in jul berig is dat jul nie uitbrei of dinge verbeter het nie. Al die ekonomiese en politieke aanwysers dui op ekonomiese afplatting en politieke onstabiliteit.
So vertel my asb waarom ek wil teruggaan as daar teen my gediskrimineer word (studies, beurse en om werk te kry as witman is moeilik, maar moontlik. Na dit is kanse vir bevordering skraal agv kleur)?
Redelik verbitterd oor Kom huistoe. Dis eerder "kom huistoe na niks" veldtog.
|
 |
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
 |
|