| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
28/06/2008 21:24 - (SA)
Hollywood se voorstes na SA Dawie van Heerden
Wildekus Verskeie A-lys-akteurs en -aktrises van Hollywood kom eersdaags in Suid-Afrika aan om ’n rolprent te maak oor die lewe van Amelia Earhart, die eerste vrou wat in 1932 ’n solovlug oor die Atlantiese Oseaan voltooi het. Richard Gere, ster van rolprente soos onder meer Pretty Woman, An Officer and a Gentleman en American Gigolo, gaan die rol van Earhart se man, George Putnam, vertolk in die rolprent, Amelia. En die Oscar-bekroonde Hilary Swank gaan die rol van Earhart speel. Swank het Oscars ontvang vir haar rolle in Boys Don’t Cry en Million Dollar Baby. Ewan McGregor is nóg ’n bekende wat in die rolprent gaan optree. Me. Melissa Holloway, woordvoerder van Moonlighting Films, het die afgelope week uit Kalifornië laat weet die akteurs en die res van die span sal in Julie in Suid-Afrika aankom. “Ek het nog nie veel besonderhede oor waar die akteurs gaan bly nie en sal meer inligting verskaf sodra ons in Suid-Afrika land,” het Holloway gesê. Rapport het intussen betroubaar verneem die rolprentspan en akteurs gaan vir die duur van hul tyd in Suid-Afrika in Trennery’s en Seagulls, twee hotelle aan die kus van die voormalige Transkei, tuisgaan. Niemand by die twee hotelle wou bevestig of ontken dat hulle Hollywood-gaste verwag nie en alle navrae is na Moonlighting Films verwys. Swank was ’n paar jaar gelede in Suid-Afrika toe Red Dust gemaak is. Sy vertolk die hoofrol in dié rolprent oor gebeure betreffende die Waarheid-en-versoeningskommissie. • Earhart en haar vliegtuig het vyf jaar ná haar solovlug oor die Atlantiese Oseaan spoorloos verdwyn toe sy om die wêreld probeer vlieg het.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|