| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
28/06/2008 21:24 - (SA)
Arbeidshof sê hospitaal moet geskorste hoofchirurg betaal Chantelle Nicholas
Kaapstad Sy is as ’n oproermaker beskou. “Ontwrigtend”, word sy in hofstukke beskryf. Maar twee jaar nadat dr. Linda Jones (46) die Victoria-hospitaal in Kaapstad van mediese nalatigheid beskuldig het, het die arbeidshof nou beveel dat die departement van gesondheid haar twee maande se salaris, asook haar regskoste, betaal. Dié departement het reeds anderhalf jaar gelede onderneem om die geld(R87 500) te betaal aan Jones, voormalige hoofchirurg van die Victoria-hospitaal. Sy is verlede week hof toe omdat sy haar geld nog nie gekry het nie. Nou móét die departement betaal. Jones het drie jaar in die Victoria-hospitaal gewerk. Maar sy kon nie saamleef met dit wat sy as nalatigheid beskou het nie. Sy het gesê foute deur junior personeellede is “roetine” in dié hospitaal. Chirurgiese noodgevalle is geïgnoreer of tot laat saans uitgestel terwyl operasies op die rooster ongestoord voortgesit is. Haar klagtes het haar uiters ongewild gemaak en sommige personeellede is aangesê om nie haar opdragte uit te voer nie of om te weier om met haar saam te werk. Sy sê pleks dat hulle die foute reggestel het, het hulle haar geskors. Jones is deesdae hoof van die eenheid vir brandslagoffers in die Dora Nginza-hospitaal in die Oos-Kaap. “Ek geniet dit verskriklik in dié hospitaal omdat ek kan sien ek maak ’n verskil in mense se lewe,” sê sy. Me. Faiza Steyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, sê die betaling is teruggehou omdat Jones nie háár deel van die ooreenkoms nagekom het nie. Sy moes alle beweringe teen haar kollegas laat vaar en ophou om hulle te teister, sê Steyn. Steyn beweer Jones het ’n paar dae nadat die ooreenkoms geteken is, e-pos aan verskeie mense en organisasies gestuur wat die hospitaal in ’n slegte lig gestel het. Steyn sê voorts die departement het in 2007 ’n klag teen Jones by die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) ingedien. Volgens haar is dit steeds hangend.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|