News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
All Blacks wen rugby én harte
Dis nie net die Bokke wat swig voor die All Blacks nie - 'n Suid Afrikaanse model het ook vir 'n Kiwi geval.
Toer saam met Bokke
Wen 'n reis na Engeland en sien die Bokke op Twickenham.
Sondag 24 Augustus 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Nuusfokus
Mandela90
Olimpiese Spele
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  2°C  24°C
Kpstd  12°C  16°C
Dbn  18°C  27°C
Jhb  7°C  27°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 21:24  - (SA)  
Ma’s skaam hulle nie vir hul seuns wat daklose doodslaan
Anri Cronjé    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Ruan Maritz en sy ma, Karen, die afgelope week buite die Bellville-streekhof. (Foto: Steve Eggington)


Bellville

Wat hul seuns gedoen het, is verskriklik, maar hulle kan nié met die sogenaamde Waterkloof-vier vergelyk word nie.

“Ons skaam ons nie vir ons kinders nie. Hulle het van die begin af die waarheid vertel.”

Die ma’s van drie jong mans wat as matriekseuns in April 2004 ’n daklose doodgemaak het, was die afgelope week wéér bankvas agter hul kinders.

Mnre. Ruan Maritz (22), Benjamin Montagu-Fryer (21) en Dewald Smith (21) het mnr. Klaas Thomas (40) destyds ná ’n drinksessie só geskop en geslaan dat sy brein losgeskeur en hy dood is.

Mee. Karen Maritz, Riëtte Hoffman en Sonja Smith was Vrydag merkbaar teleurgesteld toe hul vonnisoplegging wéér uitgestel is.

“Die gewag, die spanning . . . dis erg,” sê Hoffman, Montagu-Fryer se ma.

“Dit moet nou net end kry,” voeg Smith by.

Hul seuns is aanvanklik van moord aangekla, maar aan strafbare manslag skuldig bevind.

Saam met hul families wag hulle nou vir 24 Oktober, wanneer streeklanddros J.B. Swanepoel hópelik hul hel van meer as vier jaar sal beëindig.

“Die een oomblik is jy by die werk en jy kry die oproep. Jou kind word aangekla van moord”

“Dit is baie moeilik om jou en jou kind positief te hou,” sê Hoffman. “Ek luister glad nie na wat ander mense sê nie.”

Die drie ma’s het die afgelope week, nes tydens die res van die verhoor, om hul seuns gekloek.

Hulle het suiglekkers uitgedeel en bemoedigende woorde in die rigting van die beskuldigdebank gefluister.

Die ma’s het sedert die begin van hofsaak, wat “die bergie-saak” genoem word, hegte vriendinne geword.

Hulle is besorg oor hul kinders se toekoms.

“Al drie ons seuns het nou ’n vaste werk,” sê Smith.

“Dit het hulle só lank geduur voordat mense hulle vertrou het.

“Al wat jy wil doen, is om die lewe saam met jou kind te geniet. Maar die gewag...”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Stuur jou video
Afrikaanse boeke
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
Werkgeleenthede
Piggs Peak Casino
    Stem
SA se swak prestasie in Beijing is...
Die atlete se eie skuld
Saskok (die owerhede) se skuld
'n aanduiding dat SA nie die talent het nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo