| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 12 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
28/06/2008 21:24 - (SA)
Ná 9 j. kry seun ’n tweede oor Seraj Jones
Kaapstad Een van die dae sal klein Jonathan Hector kan spog met ’n splinternuwe oorskulp. Waar hy nou net een het, gaan ’n operasie sy frusterende lewe verander. Jonathan (9) is gebore met mikrosia. Dit beteken ’n deel van sy regteroor is heeltemal deur vel toegegroei. Binnekort sal dié gr. 2-leerling aan die Laerskool De Kuilen in Kuilsrivier ’n prostetiese oor hê wat nes die ware Jakob lyk. Oor dertien dae sal drie gaatjies in sy skedel geboor word sodat die prostetiese oor permanent aangeheg kan word. Dit sal presies soos sy eie oor lyk. In Jonathan se normale linkeroor is sy gehoor besonder goed en gelukkig het hy geen spraakprobleme ontwikkel nie. Volgens dr. Dehan Struwig, plastiese chirurg by die Vincent Pallotti-hospitaal, is dié proses ’n uitdaging, veral by kinders. “Dis moeiliker vir kinders om te voldoen aan die streng vereistes. Die oor sal elke aand afgehaal moet word. Hy sal ook net aan sekere sportaktiwiteite kan deelneem omdat die oor maklik beskadig of afgebreek kan word.” Sy ma, Charlotte, sê dit was vir haar bitter swaar om te sien hoe haar seun in sy kort lewe baie sielkundige trauma ervaar het. “Hy dink elke oggend ’n verskoning uit om nie skool toe te gaan nie. Hy vrees die daaglikse gespot van die kinders. “Partykeer het ek gevoel om in die kar te spring en van dié kinders ’n pak slae te gee,” sê Charlotte. Jonathan sê: “Van die kinders sê dat hulle nie met eenoor-maatjies speel nie. Maar ná my operasie gaan dinge anders wees. Ek is baie opgewonde.” Intussen wag mnr. Stephan Kritzinger, die ortodis en prostese-kenner wat die nuwe oor gemaak het, in spanning om sy deel te doen. “Dis vir my wonderlik om by te dra tot Jonathan se ‘nuwe’ lewe. Dis nou net ’n kwessie van die oor vasheg. Maar dis ’n baie delikate proses.” Charlotte maak ook geen geheim van haar moeilike tye nie. “Tussen al die jare se opofferings en frustrasies is my gebede beantwoord. Dit was nie maklik nie. “Ek was later so desperaat dat ek self op die internet oor dié siekte gaan lees het. Ek het ook dokters in Australië en Kanada gebel om meer inligting te kry. Ek het nooit vertroue in die Here verloor nie.” “My goeie vriendin Elise Niehaus het geleenthede gereël en ons kon gou R30 000 bymekaar maak. Daar is nog baie ander koste wat gedek moet word. ”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|