| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 17 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
28/06/2008 21:24 - (SA)
Gibbs het glo ’n nuwe liefde Chantelle Nicholas
Kaapstad Terwyl sy vervreemde vrou in hofstukke vertel Herschelle Gibbs is ’n kompulsiewe leuenaar wat haar emosioneel afkraak wanneer hy drink, is dié Protea-krieketspeler die afgelope maand saam met ’n mooi rasieleier in Engeland gesien. Gibbs (34) het dié jong vrou glo ontmoet toe hy onlangs vir die Deccan Chargers in die Indiese Premierliga (IPL)-toernooi in Hyderabad gespeel het. Sy was die rasieleier vir een van dié spanne. Hulle was glo die laaste paar weke gereeld saam in Engeland, waar hy vir die graafskap Glamorgan in ’n Twintig20-reeks speel. Gibbs was nie die afgelope week by die Kaapse hooggeregshof waar sy vrou, Tenielle, hom om tussentydse onderhoud gedagvaar het nie. Hy het weens sy verpligtinge in Engeland tot groot ergenis van die landdros ook nie die afgelope week opgedaag vir sy dronkbestuursaak in Kaapstad nie. Gibbs se agent het Vrydag volgehou hy is by niemand betrokke nie en geen derde party is vir sy voorgenome egskeiding van Tenielle verantwoordelik nie. “Ek is baie hartseer dat die huwelik verbrokkel het. Die lewe van ’n professionele sportman is nooit maklik nie, maar ek het steeds lank bly glo dat ons dit kon laat werk,” het Herschelle gesê. “Ongelukkig was ek, nie vir die eerste keer in my lewe nie, naïef,” sê hy oor sy jaar lange huwelik met Tenielle. En hy hoop Tenielle sal, soos hy, hul sake privaat hou. Dit is egter waarskynlik reeds te laat daarvoor. “Herschelle sou my soms sommer in die openbaar verneder. Dit het my emosioneel afgebreek,” het sy die afgelope week aan Rapport gesê. Sy het klaar al sy foto’s weggebêre. “Alles is weggesit in die laaie, dis net foto’s van my familie wat daar staan,” het sy gewys in die twee se luukse troshuis waar sy nou alleen bly. “Eers was hy by wedstrydknoeiery betrokke, toe word sy liefdeskind gebore, daarna word hy vir dronkbestuur gevang en nou wil hy van my skei. “Ek was nooit in die huwelik net vir geld nie en ek is nog baie lief vir Herschelle, maar hy het my nou so seergemaak,” het sy emosioneel vertel. En dit is nie die eerste keer dat hy haar los nie. Vroeër het hy ook hul verlowing verbreek, sê sy. “Hy het my toe gelos en hy het my nou wéér gelos. Mense sal nie weet wat ek die afgelope vier jaar moes deurmaak nie.” Hoewel Tenielle nie meer haar trouring dra nie, het sy nog die tatoeëermerk met die H vir Herschelle op haar arm. Herschelle het haar in Mei per SMS laat weet hy wil skei en sedertdien het hulle nog nie weer met mekaar gepraat nie. Sy het onderhoud van amper R100 000 per maand van die krieketster geëis, maar die paartjie het uiteindelik ooreengekom op ’n kleiner bedrag totdat die hof oor twee maande ’n beslissing maak. Tenielle voer aan toe sy en Herschelle hul voorhuwelikse kontrak geteken het, was die waarde van sy boedel R500 000 terwyl haar boedel op nul gestaan het. Sy sê hulle het danksy sy goeie inkomste uit krieket ’n weelderige en buitensporige lewenstyl gehandhaaf. Hul eerste huis in Groenpunt is te koop vir R5,2 miljoen. Sy voer aan Hershelle het al hul uitgawes tot dusver betaal en dat sy veral die laaste paar maande op hom staatgemaak het omdat haar ondernemings nog in die beginstadium is en sy nog nie ’n salaris kon verdien nie. “Ek sal dus vir die res van hierdie jaar, as dit nie nog langer gaan wees nie, op Herschelle moet staatmaak om die lewenswyse te handhaaf waaraan ek gewoond is.” Volgens haar besit Herschelle eiendom van R6,5 miljoen en het hy ook ’n belegging van R100 000. Net sy horlosies is meer as R500 000 werd en sy ontwerpersklere nog R500 000. Vir Herschelle, sê Tenielle, is dit niks om op ’n middag R50 000 aan meubels en kuns te bestee nie.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|