News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  10°C  31°C
Kpstd  13°C  20°C
Dbn  17°C  30°C
Jhb  11°C  29°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

28/06/2008 21:24  - (SA)  
Vet ambulansman moet voet ‘regtrap’
Karin Burger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Prins Hesselman op die plaas in die Calvinia-distrik waar hy reeds twee maande buite aksie is. (Foto: Lizané Louw)


Calvinia

’n Plaaswerker van die Calvinia-distrik is dalk die volle gebruik van sy voet kwyt nadat ’n dokter sy gebreekte voet behandel het – deur daarop te laat trap.

Nou vrees mnr. Prins Hesselman (34) dat hy nie sy werk so goed soos voorheen kan doen nie omdat sy voet moontlik ná dié “behandeling” permanent beskadig is.

Maar dr. Paul Ique, wat Hesselman in die Abraham Esau-hospitaal behandel het, sê hy wou “net gewig op die voet plaas om die been wat uitgestaan het, terug te druk. Die hele voetbrug was eenkant toe geskuif”.

Hesselman vertel sy voet is op 19 April beseer toe die motorfiets waarop hy die lyndrade moes nagaan, in die sand gegly het. Hy het op sy voet geval.

Die plaaseienaar, wat verkies om anoniem te bly, het Hesselman toe hospitaal toe geneem. “Die dokter (Ique) het X-straalfoto’s geneem en dun gips omgesit,” sê Hesselman.

Tien dae later was hy terug by die dokter, wat die gips verwyder het. “Hy het gesê my voet is reg en ek kan met ligte plaaswerk begin,” vertel Hesselman.

Op 19 Mei was Hesselman terug by Ique weens erge voetpyn. Volgens hom het Ique hom regop laat staan, koerantpapier op die brug van sy voet gesit en toe ’n personeellid beveel om op die voet te trap.

“Dit was ’n maer man, toe roep die dokter ’n vet ambulansman om op my voet te trap. Teen daai tyd het ek boontoe geroep, want dit was verskriklik seer. Ek kon die pyn nie vat nie. Die dokter het my nie eens ’n inspuiting gegee of ondergesit met narkose nie,” vertel Hesselman.

Die plaaseienaar sê hy het Hesselman verlede Woensdag Upington toe gestuur en hy is in die Gordonia-hospitaal opgeneem.

“Daar het ’n dr. Poggenpoel bevestig dat my voet nog heeltyd gebreek was. In ’n operasie moes hy toe been uit my heup haal om in my voet oor te plant,” vertel Hesselman.

Die voet het nóg skade opgedoen omdat van die beentjies versplinter het toe die ambulansman daarop getrap het.

“Ek het ’n vrou en ’n kind. Ek moet werk. Nou is ek mank én ek sit al twee maande met ’n gebreekte voet,” sê Hesselman.

Ique, ’n Nigeriër in diens van die Noord-Kaapse departement van gesondheid, het by navraag gesê hy het die stories gehoor dat hulle Hesselman se voet wou breek. Eintlik wou hulle volgens hom net die been in die voet “terugdruk”.

Me. Lulu Ntsia, woordvoerder van dié provinsie se gesondheidsdepartement, het gesê die voorval word ondersoek.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
Ja
Nee
Dit sal nooit realiseer nie.

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo