News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

12/07/2008 21:06  - (SA)  
“Gee wat ons vra as jy wil leef”
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementêre Beriggewer

“Gee hulle wat hulle wil hê en jy sal bly lewe.”

Dít is veroordeelde rowers se raad aan mense wat in hul huise oorval en aangehou word.

Dr. Rudolph Zinn, senior lektor aan Unisa se departement van forensiese en misdaadondersoeke, het die afgelope twee jaar omvattende navorsing oor huisrooftogte gedoen.

Sowat dertig gevonnisde huisrowers het in onderhoude hul werkwyse aan hom onthul. Dié geharde misdadigers sê rowers sal nie huiwer om te martel en te moor nie.

“Rowers het verskillende style en jy moet hierby aanpas. Ek sal stilbly, my hande in die lug steek en onderdanig wees. Doen wat hulle sê. Slagoffers wat hulle teensit, sterf. Jou geld en eiendom is niks in vergelyking met jou lewe nie. Jy kan altyd môre weer nuwe goed koop,” het een van die rowers aan Zinn gesê.

Volgens die rowers moet slagoffers só optree om geweld te vermy:

• Wees onmiddellik onderdanig, moenie skielik beweeg nie.

• Gehoorsaam bevele en moenie jou teensit nie.

• Deur te pleit vir jou lewe en te sê hulle kan vat wat hulle wil, stel jy die rowers gerus.

• Moenie raas nie, “want ons skiet mense wat ’n geraas maak”.

• Slagoffers moet selfbeheersing toepas en kalm bly.

• Die grootste rede vir martelings is omdat slagoffers weier om vir die rowers te wys waar waardevolle besittings in die huis is.

Zinn het bevind dat agt uit elke tien rooftogte gepleeg word na aanleiding van inligting wat rowers van huishulpe, tuiniers, voormalige werknemers en kliënte van die inwoners van huise ontvang.

Die grootste aantrekkingskrag is kontant. Daarom moet jy nooit laat blyk dat jy geld in die huis het nie.

“Neem net betroubare mense in diens. Doen navorsing oor hul geskiedenis en kry verwysings,” sê Zinn.

Rowers kies hul teikens op grond van ’n uitspattige leefstyl, luukse voertuie, duur juwele, klere en huisraad.

Een van die rowers het selfs ryk woonbuurte gepatrolleer op soek na “die regte huis”. Hy het saans op die erf rondgeloop om te bepaal by watter deure of vensters hy kan inkom.

Dié rower het selfs ’n studie gedoen van die veiligheidsmaatskappye in die buurt en hoe gereeld die straat gepatrolleer word voordat hy toegeslaan het.

Ander rowers het ondernemings by huise bedags onder valse voorwendsels besoek om ’n uitleg van die gebou te kry. ’n Sekere groep het vyf maande ná ’n huisbraak na dieselfde huis teruggekeer om tydens ’n gewapende rooftog toegang tot die kluis te kry.

Rowers laat hulle nie afskrik deur huisalarms of gewapende reaksie-eenhede nie. Hul modus operandi is om toe te slaan net voordat die inwoners gaan slaap en hul huisalarms aktiveer.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo