| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 5 Oktober 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:29 - (SA)
Oorlogslagoffers geëer op Vrouedag Carien Kruger
Pretoria Die Vryheidspark in Pretoria wil op Vrouedag ’n seremonie vir vroue hou wat ’n geliefde as ’n Suid-Afrikaanse soldaat in die bosoorlog verloor het. Dít terwyl dié soldate se name nie op die park se Muur van Name is nie. Boonop is daar nog geen sprake daarvan dat hul name bygevoeg gaan word nie. Nogtans het die park besluit om hierdie vroue te nooi om op 9 Augustus ’n kranslegging by te woon. “Daar is soveel emosie by die saak betrokke. Maar dit maak nie saak aan watter kant van die draad iemand dood is nie, die pyn bly dieselfde,” sê me. Ilse Posselt, woordvoerder, oor hoekom hulle na die vroue uitreik. ’n Woordestryd het einde 2006 uitgebreek toe die park se Muur van Name onthul is – sonder die name van soldate van die SA Weermag wat in die grensoorlog in Angola en Namibië gesneuwel het. Die name van slagoffers van die Anglo-Boereoorlog, die twee Wêreldoorloë en die bevrydingstryd is wel op die muur, asook die name van Kubaanse soldate wat in Angola gesneuwel het. Die park het intussen ’n databasis opgestel met die name van meer as 3 000 SAW-soldate wat in die bosoorlog dood is. Dié name is in ou dokumente van instansies soos die weermag gekry. Die kontakbesonderhede daarby is verouderd en daarom vra Posselt vroue om die park te kontak om seker te maak hul geliefdes se name is op die lys en ten einde na die seremonie genooi te word. Die park beplan om die dag ’n boek met die soldate se name daar te hê waarin vroue boodskappe oor die slagoffers kan skryf. Vroue kan me. Samantha Swart van die park bel by 012 470 7433 of 071 569 0029.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|