| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
Sondag 24 Augustus 2008 | |||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Algemeen | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Nuusfokus | |||||||||||||||
| Mandela90 | |||||||||||||||
| Olimpiese Spele | |||||||||||||||
| Kommentaar | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Video | |||||||||||||||
| Klank | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Musiekblitz | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Kontak ons | |||||||||||||||
| Briewe vir publikasie | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:29 - (SA)
Nag-plan vir SA vulstasies gedoem Karin Burger
Kaapstad Die plan om vulstasies snags te sluit, is gedoem. Mnr. Peter Morgan, bedryfshoof van die Brandstofhandelaarsvereniging wat dié voorstel gedoen het, sê hy kry nie genoeg steun van die brandstofnywerheid om met sy vertoë voort te gaan nie. “Ek moet meer as 80% van die vulstasie-eienaars in die land se steun hê om die voorstel verder te voer – en ek het dit nie,” het hy Vrydag gesê. Die Brandstofhandelaarsvereniging het 1 300 lede wat almal vulstasie-eienaars is. Morgan het die voorstel gedoen om vulstasie-eienaars se uitgawes af te bring. “Die insetkoste van vulstasie-eienaars raak al hoe meer en al styg die prys van brandstof, beteken dit nie ’n groter wins vir die eienaars nie. “Vulstasies is snags ook dikwels die teiken van misdadi-gers,” verduidelik hy sy voorstel. Woordvoerders van petroleummaatskappye met wie Rapport gesels het, sê dis ’n besluit wat nie ligtelik geneem kan word nie. ’n Woordvoerder van Engen Suid-Afrika sê Suid-Afrikaners werk in ’n 24-uur-ekonomie. “As ons nie daardie diens lewer nie, gaan dit baie mense se lewe en die ekonomie ontwrig. En dan praat ek nie eens van die mense wat hul werk gaan verloor omdat minder personeellede benodig word vir dienste wat gesny word nie,” sê me. Tania Landsberg, groepkommunikasiebestuurder van Engen. “As ons van dienste praat, is dit nie net brandstof nie. Daar is talle OTM’s en kafees in ’n veilige omgewing by die vulstasies wat 24 uur vir klante beskikbaar is. Sulke dienste gaan ook beïnvloed word,” verduidelik Landsberg. Daar is net minder as 2 000 Engen-vulstasies in Suid-Afrika. BP Suid-Afrika, met 573 vulstasies, wou hom nie daaroor uitlaat nie. ’n BP-woordvoerder, mnr. Samuel Mupanemunda, sê hulle wil eers samesprekings met die SA Petroleumnywerheidsvereniging en die Brandstofhandelaarsvereniging voer voordat hulle ’n voorstel aan die regering doen. Mnr. Johan van Rheede, mediabestuurder van Sasol, het alle medianavrae na die SA Petroleumnywerheidsvereniging verwys. Daar is tans sowat 400 Sasol- en Excel-vulstasies in die land. Mnr. Connel Ngcukana, direkteur van die SA Petroleumnywerheidsvereniging, sê as jy só ’n voorstel doen, moet jy almal – van die klante tot die kleinhandelaars – betrokke kry. “Ek sê nie dis reg of verkeerd om vulstasies in die nag te sluit nie, ek sê net jy moet weet watter probleme jy wil probeer oplos. “En dan moet jy ook pasop vir nuwe probleme wat kan ontstaan, soos byvoorbeeld wat gebeur met die personeellede wat in die nag gewerk het,” sê hy.
|
|||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|