News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

19/07/2008 20:29  - (SA)  
Handelaars van hoop vir siekes
Marenet Jordaan    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
'n Droom bewaarheid: Die vierjarige Luke, 'n leukemie-lyer, het daarvan gedroom om te sien kom "slakkies uit die see" nadat hy 'n televisieprogram van dié natuur-fenomeen gekyk het. Reach for a Dream se Johannesburg-tak het na uitgebreide navorsing gehelp om die droom te bewaarheid. Hy het boonop ook sy eerste vliegrit gehad om in Knysna uit te kom.


Randburg

Die gesiggie van ’n vierjarige leukemielyer wat wou sien hoe “slakkies uit die see klim”.

Die beeld van dié vervulde droom sal me. Anjoh Poolton, bedryfsbestuurder van Reik na ’n Droom, altyd bybly.

Niemand het mooi geweet waarvan klein Luke praat nie, onthou sy. Uiteindelik het die Reik na ’n Droom-span agtergekom hy het die natuurwonder op televisie gesien. Ná intensiewe navorsing kon hulle vasstel die slakkies is ook op Knysna se strand te sien en het Luke van Johannesburg soontoe laat vlieg.

“Die foto sê alles,” vertel Poolton. “Dit was ’n bewolkte dag, maar hy staan met sy swembroekie op die strand, die ene hoendervel, slakkies in die hand.”

Luke is een van meer as 7 500 kinders wie se drome die afgelope twintig jaar deur Reik na ’n Droom vervul is.

Poolton sê hulle dink nooit daaraan dat die kinders met wie hulle werk enige oomblik kan sterf nie. “Ons hou daarvan om ’n positiewe beeld uit te dra en hoop by die kinders én hul ouers te vestig.”

Daarom noem die mense van Reik na ’n Droom hulself “handelaars van hoop”.

Buitendien oorleef meer kinders lewensbedreigende siektes as volwassenes, sê Poolton. Sy glo kinders se drome help hulle dikwels om deur die talle mediese behandelings wat met hul siektes gepaardgaan, te kom.

Die drome wat vervul word wissel van see-uitstappies tot ontmoetings met sporthelde en splinternuwe rekenaars. Sy skud haar kop laggend oor die logistieke reëlings wat soms agter die skerms getref moet word voordat ’n droom waar kan word.

Onlangs wou die 14-jarige Sinazo van Oos-Londen die akteurs in Generations ontmoet. Die Oos-Kaapse en Johannesburgse takke van Reik na ’n Droom het saamgespan met die sepie-vervaardigers om die meisie tot in die ateljee te kry waar sy haar gunstelingkarakter se troue bygewoon het. Hulle moes ook die droom inpas in die een week wat sy beskikbaar gehad het tussen behandelings vir limfoomkanker.

Ná twintig jaar weet die stigting hulle het ’n suksesresep beet: “Ons vervul drome.” Hulle laat egter nie slaplê in die verfyning van hul aanbieding nie en die afgelope jaar is hospitale bekend gestel aan Jabulani, Reik na ’n Droom se spesiaal opgeleide narre wat kinders weekliks met lagterapie opkikker.

Benewens droomvervulling bereik die stigting jaarliks byna 9 000 kinders deur nasionale projekte, soos kampe waar kinders “net kinders kan wees”. Honderde meisies word op bederfdae as skoonheidskoninginne gekroon en seuns word op “waaghalsige” uitstappies geneem.

“Niemand kan in ’n organisasie werk wat soveel wonder in mense se lewe bring sonder om daardeur geraak te word nie,” sê Poolton. “Jou eie probleme voel só onbenullig as jy sien wat die kinders elke dag moet deurmaak.”



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo