| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:29 - (SA)
Spesiale bylae vier Madiba se 90 jaar Erna van Wyk
Johannesburg Ter viering van oudpres. Nelson Mandela se 90ste verjaardag die afgelope Vrydag bring Rapport met sy uitgawe van Sondag 27 Julie in ’n spesiale bylae hulde aan dié ikoon. Die bêre-bylae vertel onder meer die verhaal van die Swart Pimpernel, soos koerante Mandela in die laat 1950’s genoem het toe hy sy ANC-aktiwiteite ondergronds moes voortsit. Om steun te werf vir die ANC en sy nuut gevormde gewapende vleuel, Umkhonto we Sizwe (MK) –- het Mandela sy tuisland in 1962 in geheimhouding sonder Suid-Afrikaanse reisdokumente verlaat. Hy het Afrikalande, onder meer Botswana, Tanganjika (Tanzanië), Egipte, Tunisië, Marokko, Ghana en Senegal, besoek. Maar dit was in Ethiopië waar hy tuis gevoel het. Hy moes hier ’n vergadering van die Pan-Afrika-vryheidsbeweging bywoon. In sy outobiografie, Long Walk to Freedom, skryf Mandela: “Ek het gevoel ek besoek my eie genesis – die wortels van dit wat my ’n Afrikaan maak.” Die gedenkbylae wat in samewerking met die Nelson Mandela-stigting saamgestel is, bevat ook ’n reeks gesprekke wat bekendes deur die stigting se program van dialoogvoering gevoer het. Dié program wil Mandela se strewe na ’n regverdige samelewing voortsit deur voortdurend dialoog aan te wakker oor belangrike maatskaplike kwessies. Dié gesprekvoerders sluit onder andere in dr. Frene Ginwala (voormalige speaker van die parlement), prof. Fatima Meer (sosioloog en aktivis), me. Makaziwe Mandela (Mandela se kleindogter) en oudhoofregter Arthur Chaskalson. ’n Onderhoud met die president van Liberië, me. Ellen Johnson-Sirleaf, wat die jaarlikse Nelson Mandela-lesing gehou het, is ook in die gedenkbylae ingesluit.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|