News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
'Hy ly aan geheueverlies'
"Hy ly aan ernstige geheueverlies", sê Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver.
Kate Moss in goud verewig
Sy is een van dié supermodelle van die wêreld - en superomstrede.
Sondag 5 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
   Algemeen
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Video
Klank
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  16°C  27°C
Kpstd  15°C  20°C
Dbn  16°C  25°C
Jhb  10°C  24°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 20:29  - (SA)  
‘Nuwe ANC’ se ingryping gaan nie oor dienslewering
Lizel Steenkamp    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Parlementêre Beriggewer

Indien die “nuwe ANC” se besluit om in vyf provinsies in te gryp met dienslewering verband gehou het, sou die kop van Mpumalanga se premier eerste gerol het.

Luidens die marknavorser Ipsos/Markinor se jongste peiling is mnr. Thabang Makwe-tla die ongewildste premier in Suid-Afrika. Net drie uit elke tien inwoners van Mpumalanga steun Makwetla en 66% meen sy regering dop die toets.

Mnr. Ebrahim Rasool is net so uitgebak by Wes-Kapenaars. Hy is die einste premier wat al sedert verlede Maandag die trekpas sou kry, maar sy stoel in Leeuwenhof amptelik nog warm sit. ’n Skrale 40% van die mense in die Wes-Kaap is tevrede met Rasool en nog minder (38%) met die provinsiale regering.

Volgende op die ongewildheidslys is die Gautengse premier, mnr. Mbhazima Shilowa, (met 49% steun) en me. Nosimo Balindlela, sy Oos-Kaapse ampsgenoot, wat die afgelope week ook moes hoor haar doppie is blykbaar geklink.

Ipsos/Markinor het dié peiling twee maande gelede gedoen en die uitslag is die afgelope week bekend gemaak. Me. Edna Molewa, premier van Noordwes, se gewildheid het die afgelope ses maande die meeste getaan – met 21% tot op 53%.

Interessant is dat die land se gewildste premier, me. Dipuo Peters van die Noord-Kaap, ook in die ANC se visier is. Tot 83% van dié provinsie se inwoners meen Peters doen voortreflike werk en 78% is doodgelukkig met die provinsiale regering.

Maar mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag op ’n in-ligtingsessie vir fondsbestuurders in Kaapstad te kenne gegee die party sal ook hiér moet ingryp.

Benewens die Wes-, Oos- en Noord-Kaap is die Vrystaat en Noordwes ook deel van die ANC se “pakket van ingryping” om die party se vertoning in dié provinsies te verbeter.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
ANC 'ingryping', 20/07/2008, Vincent Kennard
Hierdie is maar niks anders as net politieke binnegevegte nie. Die ANC toon maar net hiermee hulle politieke onvermoe om te deel met hulle eie probleme. Die duidelike taan van hulle gewildheid dryf die party om soos honger hyenas te baklei vir die laaste stukkie wat oorbly terwyl die leeus geduldig wag om weer te jag.
 
Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Motor- & huisversekering
Direct Axis-Lenings
Piggs Peak Casino
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Stuur jou video
Internasionale Lotto
Rapport-foto's
    Stem
Wie dink jy praat die waarheid, Steve of Janine?
Steve
Janine
Mens sal nooit weet nie

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo