News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Sport
Sake
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  33°C
Kpstd  14°C  21°C
Dbn  20°C  24°C
Jhb  12°C  31°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 20:29  - (SA)  
Leeuwenhof-spook treiter Rasool
Johann Maarman    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Ebrahim Rasool kan sy tasse al hierdie week pak by Leeuwenhof. (Foto: argief)

Verwante Berigte
  • 'Nuwe ANC' se ingryping gaan nie oor dienslewering

  • Kaapstad

    Die Spook van Leeuwenhof wat drie Wes-Kaapse premiers uit die spog-premierswoning in Kaapstad gedwing het nog voordat hul ampstermyn verstryk het, spook nou ook kliphard by mnr. Ebrahim Rasool.

    “Ja, om te bedank is steeds ’n opsie,” het Rasool Vrydagaand in die Paarl teenoor Rapport erken.

    Rasool, wat tot dusver hardnekkig vasskop teen die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluit dat hy eerder moet bedank, het in die Paarl die sterkste moontlike aanduiding gegee dat hy bereid is om Leeuwenhof, die ampswoning van die Wes-Kaapse premier, te verlaat.

    Terwyl Rasool aanspraak daarop kan maak dat hy die naaslangsdienende premier van die provinsie is, is hy ook een van die politieke slagoffers van die Spook van Leeuwenhof. Dit is nog net Hernus Kriel wat sy volle termyn in Leeuwenhof kon uitdien.

    Mnr. Gerald Morkel het net drie jaar en ses maande gehou voordat die Jurgen Harksen-sage sy verblyf in Leeuwenhof beëindig het.

    Mnr. Peter Marais, wat Morkel opgevolg het, het ses maande en drie dae gehou voordat hy afgedank is ná die straatnaamdebakel.

    Mnr. Marthinus van Schalkwyk was een jaar en tien maande die gas van Leeuwenhof voordat hy deur Rasool vervang is.

    Oor die druk op hom om te bedank sê Rasool: “Ons dink almal ons is groot en onmisbaar in die ANC, maar eintlik is ons niks vergeleke met die groot leiers wat die ANC opgelewer het nie.

    “Elkeen van ons wat aspireer om leiers te word, moet die vraag kan vra of ons bereid is om daai opofferinge te maak wat ’n Nelson Mandela gemaak het. As ons daardie vraag opreg kan beantwoord, kan ons onsself toevertrou met leierskap. Indien nie, dan moet ons miskien sê daar is ander wat beter leiers is.”

    Die NUK is onkant betrap deur Rasool se weiering om te bedank. Toe dit duidelik word dat hy nie bes gaan gee nie, het die Mcebesi Skwatsha-faksie (die pro-Zuma-groep in die Kaapse wetgewer) begin koukus met lede van die DA om ’n mosie van wantroue in Rasool te ondersteun. Twee DA-lede het gister aan Rapport bevestig daar is gevra dat “ ’n moontlike pakt” gevorm word om Rasool uit die kussings te lig.

    Rapport het ook betroubaar verneem dat mnr. Robin Carlisle, DA-voorbok in die Kaapse wetgewer, ten gunste van só ’n ooreenkoms was, maar die DA se nasionale leierskorps het besluit dat hul lede eerder buite stemming moet bly as ’n mosie teen Rasool ingedien word.

    Dit het die wind uit die seile van die Zuma-faksie in die Kaap gehaal en Rasool se hande verder gesterk. Dit beteken dat Rasool net uit vrye wil sy tasse kan pak en nie deur die NUK gedwing kan word om te bedank nie.

    Me. Helen Zille, DA-leier en burgemeester van Kaapstad, het gistermiddag aan Rapport gesê: “Dis ’n interne saak van die ANC en nie ’n beginselsaak nie. My posisie is baie duidelik en ek het dit so aan Theuns Botha (DA-leier in die Wes-Kaap) oorgedra dat ons nie by die ANC se faksie-gevegte betrokke gaan raak nie.”

    Terwyl Rasool aandring op redes waarom hy afgedank moet word, het prof. Ben Turok, ANC-LP, Rasool woes ingeklim en gesê hy moet waai.

    “Rasool het afgedwaal van die partydissipline en -waardes. Hy het ’n Afrikaan/Kleurling-alliansie as strategie vir die provinsie gebruik. Dit druis in teen die beginsels van die ANC en ook van die land omdat ons vir nie-rassigheid staan.

    “Tweedens, as voorsitter van die ANC in die Wes-Kaap het Rasool nie die dissiplinêre kode van die ANC-grondwet eerbiedig nie. Dit het veroorsaak dat onverantwoordelike elemente verskeie veldtogte gevoer het wat die leierskorps in geheel en veral Rasool se posisie ondermyn het.

    “Derdens het hy weerbastige ANC-lede toegelaat om voort te gaan met hul doen en late wat die ANC op grondvlak geskaad het.”

    Me. Lynn Brown word as die voorste kandidaat beskou om die leisels by Rasool oor te neem. Sy was destyds ook die ANC se burgemeesterskandidaat teen mnr. Peter Marais en het in die verkiesing ’n liederlike drag slae op die lyf geloop.


     
    Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
    Rasool, 21/07/2008, Alibaba
    En wie probeer die ANC 'n rat voor die oe draai hiermee? As Rasool loop, sal dit 'n Skwatsha ja-broer/suster wees wat die premier word - en hulle "track record" tot dusver gee geen aanduiding dat hy/sy enigsens beter sal wees nie. Die DA moet mal wees as hulle so 'n mosie ondersteun en sal hulleself dan ontmasker as 'n kleinlike party wat net politieke munt wil slaan en nie die belange van die land op die hart dra nie..
    Leeuwenhof-spook treiter Rasool, 20/07/2008, Dr Audrey van Zyl
    Betreffende Premier Rassool en sy huidige situasie ! Ja, wat s?ulle nou weer ? "What goes round, comes round ! Mooi bly, Dr. Audrey van Zyl, Provinciale Raadslid Vlaams Brabant te Leuven, Belgi?/span>
    ANC- Nie rassig., 20/07/2008, Elza Geyser
    Ek ondervind die ANC as 'n rasistiese party wat net iets doen vir Swart mense wat vir hulle gestem het. Hier in ons dorp in die Vrystaat weier die ANC raadslid selfs om met ons vergaderings te hou want niemand in die dorp het glo vir haar gestem nie. Die wyk bestaan uit drie dorpe.Volgens haar het twee van die drie nie vir haar gestem nie dus word daar nie eers basiese onderhoud in ons dorpe gedoen nie. Ek wonder soms hoe het sy gewen as niemand vir haar gestem het nie. Net swartmense wat ANC stem kry eninge iets van Staat. En as staat hulle plig doen soos behuising word dit vir ANC lede gegee en gese die ANC gee dit.
     
    Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit.

    Kry Rapport op jou Facebook-profiel

    Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


        Vind
    Motor- & huisversekering
    Direct Axis-Lenings
    Piggs Peak Casino
    Werkgeleenthede
    Afrikaanse boeke
    Stuur jou video
    Internasionale Lotto
    Rapport-foto's
        Stem
    Sal jy jou steun toesê aan mnr. Lekota se wegbreek-poging?
    Ja
    Nee
    Dit sal nooit realiseer nie.

    Resultate
    Vorige Resultate
        Vind ou vriende
    Kies jou skool se provinsie
    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP







    Terug na bo