| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:29 - (SA)
‘Ons is nie oorskiet, ons is gemeng en trots daarop’ Jacob Rooi
Goudini “Bruin mense is niemand se oorskiet nie. Ons is gemeng en trots daarop.” Só het prof. Danny Titus, een van die hooforganiseerders van die Bruin Belange Inisiatief (BBI), gister voor sowat 400 afgevaardigdes op die BBI-konferensie in Rawson-ville gesê. Dié stelling hou verband met wat die voormalige presidentsvrou wyle mev. Marike de Klerk in 1983 oor bruin mense gesê het. “Kleurlinge het tradisioneel geen geskiedenis van volkskap nie, is ’n heterogene groep, dit wil sê almal verskillende soorte mense … hulle is ’n negatiewe groep. Die definisie van ’n Kleurling in die bevolkingsregister is iemand wat nie ’n swarte is nie, en ook nie ’n blanke nie, en ook nie ’n In-diër nie, met ander woorde ’n nie-mens … Hulle is oorskiet …”, het sy gesê. Titus het gesê terwyl die Suid-Afrika van mev. De Klerk bruin mense minder mens wou maak, nie-blank, nie-mens en oorskiet, “ervaar mens mnr. Thabo Mbeki se Suid-Afrika wat ons ‘non-African’ wil maak. Hulle gaan dit nie regkry nie. Want u weet, ons is gemeng, gemix, bruin en trots daarop.” Teen gisteraand is besin oor identiteit, sosiaal-ekonomiese uitdagings, entrepreneurskap en die strukture wat die BBI moet dryf. Onder die teenwoordiges was mnr. Brian van Rooyen, voormalige rugbybaas, prof. Richard van der Ross, gewese rektor en ambassadeur, Vinette Ebrahim, 7de laan-aktrise, die sakeman Herman Bailey en enkele politici. Die BBI, het Titus gesê, “gaan nie net om te sien hoe ons gemeenskap agteruitgaan nie, nie net om te verstaan hoe ons ingedoen word nie, nie net om die wêreld te probeer verstaan nie, maar om dit te verander. Ons het mense in ons gemeenskap, u en ek, wat ten spyte van alles uitgestyg het. En wat in staat is om te help.” Die verwarring oor bruin identiteit is dié kwessie wat ten grondslag van baie bruin mense se probleme lê. “Dit verlam ons gemeenskap. Wie is ek en waar kom ek vandaan? Waar pas ek in in die nuwe Suid-Afrika? My geskiedenis, my wortels, my ouers, my grootouers en hulle grootouers moet hul regmatige plek in Suid-Afrika kry en terugkry.” Titus het benadruk dat die BBI nie ’n politieke party is nie “en ons bly daarby. Maar dit beteken nie dat ons die ontwikkeling op politieke en ook op ekonomiese vlak nie noukeurig moet dophou nie.” Hy het verwys na Mac Maharaj se Shades of Difference, waarin gepraat word van wittes, bruines en Indiërs se marginalisering en vervreemding, bruin mense se karige voordeel uit swart bemagtiging en die hewige stryd om bronne tussen bruines en swartes in die Wes-Kaap. Titus het gesê hiervan moet sin gemaak word vir bruin mense. “Ons kom met hierdie daadwerklike inisiatief om ons plek te bepaal in Suid-Afrika; sterker nog, om ons plek in ons land op te eis. “Wanneer ons rondom ons sien dat ons gemeenskap besig is om weg te sak weens die marginalisering en vervreemding, die verval, die vervlakking, die armoede, die pyn van geweld en dwelms, dan hou die teorieë op.” Me. Barbara Ras, wat in Atlantis met slagoffers van mishandelde kinders werk, het gesê as jy bruin en arm is, “lyk dit daar is nie uitkoms nie”.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|