| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
19/07/2008 20:29 - (SA)
Schalk se nek weer beseer De Jongh Borchardt
Perth Schalk Burger en sy Springbok-spanmaats hou asem op oor sy mediese ondersoek vandag nadat sy nek gister in die Drienasies-toets teen Australië beseer is. Burger het in 2006 feitlik die hele seisoen misgeloop weens ’n ernstige besering aan sy nek en daar was in ’n stadium vrese dat hy nooit weer sou kon speel nie. Burger het die veld in die 51ste minuut van die 6-19-nederlaag teen Australië verlaat. Peter de Villiers, die Bok-afrigter, was ná gisteraand se toets erg bekommerd oor Burger se terugslag. “Schalk sê dit was net ’n ou stampie, maar ek hoop regtig nie dit hou verband met sy ou nekbesering nie,” het De Villiers ná die verloortoets aan Rapport gesê. “Ons het het hom as voorsorgmaatreël van die veld afgehaal – hy sê sy nek was nie seer nie. Die mens is altyd vir my belangriker as die rugbyspeler,” het De Villiers gesê. Benewens oor Burger se besering het De Villiers ook te kenne gegee dat hy bekommerd is oor die nuwe reëling dat spanne nie meer ’n dag voor toetse met die skeidsregter kan vergader nie. ’n Spesiale toegewing is verlede week voor die skittersege oor die All Blacks in Dunedin gemaak. “Ons is nie toegelaat om te speel soos ons graag wou nie. Ek dink ’n gesprek met die skeidsregter voor die toets sou ’n verskil gemaak het, want dan het ons geweet hoe hy die reëls gaan vertolk,” het De Villiers gesê. “Dis nadelig vir ons dat ons nie toegelaat word om voor die wedstryd met die skeidsregter te praat nie. Ons wou met Bryce Lawrence praat, maar die Wallabies wou nie en die ontmoeting is afgelas.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|