News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Minki vonkel...
Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor 'n nuwe verbintenis...
Komedie met plaaslike talent
Wat het Catriona Andrew, Barry Hilton en Mark Fish in gemeen?
Sondag 12 Oktober 2008
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Musiekblitz
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  15°C  30°C
Kpstd  16°C  21°C
Dbn  16°C  26°C
Jhb  14°C  28°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Adverteer
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Kontak ons
Briewe vir publikasie
Ombudsman
Stuur jou video
Teken in
Argiewe
Bestel foto's

19/07/2008 20:29  - (SA)  
Buchan lok 70 000
Carien Kruger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Angus Buchan lok 'n skare van 70 000 na Loftus. (Foto: Brendan Croft)


Pretoria

So iets het Loftus nog nie beleef nie: meer as 70 000 mense wat “amen!” uitroep.

Die grootste skare in dié beroemde sportstadion se bestaan het gistermiddag op Loftus Versfeld in Pretoria na die prediker en boer Angus Buchan geluister.

Oud en jonk, mans, vroue en kinders het reeds van tienuur af by die hekke begin instroom vir die Loftus vir Jesus-byeenkoms.

Teen die tyd dat Buchan gepraat het, het minstens 15 000 mense die staanplek op die veld van hoek tot kant volgepak. Net enkele losiesitplekke op die paviljoene was oop.

Buchan het die rekordskare opgeroep “om te glo, hul sondes te bely, op te hou sondig en mekaar te vergewe”.

Pleks van rugbykrete het die stadion gister weergalm met “halleluja!” en “amen!”.

Duisende pare hande het die lug opgegaan en duisende liggame het saamgewieg terwyl Juanita du Plessis Lig jou hande na bo gesing het .

Daar was nie Bok-, Bulls- of ander rugbyvlae nie, maar vlae in verskillende kleure met die woord “Jesus” op is rondgeswaai.

Waar Loftusgangers gewoonlik Die Blou Bul sing, het die skare gister Dis alles oor U uit volle bors gesing.

“Ons is in vir ’n belewenis vandag,” het ’n man opgemerk toe hy die stadion binnestap.

Met die sing van die Onse Vader was die atmosfeer gewyd en gedemp. Maar daarna het dit juigend geword terwyl mense hande geklap en gefluit het.

Buchan se Mighty Men-saamtrek vroeër vanjaar op sy plaas buite Greytown het 60 000 mans gelok.

Gister het mans en vroue, 99% van hulle wit, sy aan sy na hom geluister.

“Sonder geloof gaan ons die paal nie haal nie. Deur Christus is alles moontlik. Die toekoms van Suid-Afrika is in die hande van gelowiges,” het Buchan gesê.

Hy het ook gesê die grootste sonde is ongeloof.

Hy het mense gevra om ’n nuwe blaadjie om te slaan.

“Die ou mens is krities en praat negatief van ons land. Party mense is so negatief dat die duiwel nie eens hoef te werk nie.”

Buchan het die grootte van die skare as ’n wonderwerk beskryf en dit as “histories” bestempel.

“Hier is vandag genoeg mense om die nasie te verander.”

Hy het mense gevra om mekaar te vergewe en het veral ouer mense gevra om die verlede agter te laat.

Soos gewoonlik het dié Skot van KwaZulu-Natal, wat ook Zoeloe praat, klem gelê op die belangrikheid van die gesin.

Hy het mans wat buite-egtelike verhoudings het en ongetroudes wat seks hvoor die huwelik het gevra om op te hou daarmee.

En mense wat van die staat steel, het hy diewe genoem.

Verder het hy gesê as jou televisie jou tot pornografie verlei, moet jy dit stukkend gooi.

Aan die einde van sy optrede het hy mense gevra om hulle daartoe te verbind om hul lewe te verander.

Me. Helena Boshoff, wat sedert 1983 in ’n rolstoel is ná ’n motorongeluk, het die gebeure saam met ander gestremdes in ’n spe-siale deel voor op die veld beleef.

“Dit is só lekker om die Here saam met so baie mense te aanbid,” het sy gesê. Sy meen Buchan het spesiale seën van die Here ontvang om die Woord na mense te bring.

Mnr. Altus Venter van Delmas het gesê: “Ons is hier om te kom huil en nader aan die Here te kom. Mense probeer om goed self op te los, maar sien nou ons kan nie; dit werk beter om dit deur die Here te doen,” het Venter gesê.


 
Maar lees gerus eers oor Rapport se aanlyn-etiket.
GOD LEEF, 24/07/2008, Tanja Veldman
Ek was self daar. Die teenwoordigheid van die Heilige Gees was tasbaar. Al die eer kom God toe vir dit waarmee Hy in ons land besig is. Liefde groete van Louis Trichardt
LOFTUS VIR JESUS, 24/07/2008, Elmarie
Ek kan nie glo wat ek lees nie ek is so ver baas om te sien watse negatiewe dinge van hierdie mense skryf as jy n ware Christen is sal jy nie vir Agnus Buchan raak sien maar die Here wat met jou praat ,my ma het my geleer as jy nie iets goeds kan se nie bly stil ,as jy nie daar was nie moet ook nie kommentaar lewer nie want dan weet jy nie watter teenwoordigheid van Here daar was nie dit was n AMAZING ek is bly ons gesin het gegaan Jesus bo!!!!!!
Dankie vir my sitplek! Herlewing is hier!, 23/07/2008, Rina van Straten
Baie dankie, ek moet getuig dat die Here reeds wonderwerke doen! Ek kon nerens 'n kaartjie kry vir Loftus nie, toe bid ek maar dat die Here iemand wat te veel kaartjies het, vir my en Malcolm sal bel. Baie dankie vir Dirk en John dat jul ons geseen het met die twee kaartjies in die Losie van Oasis! Dit was 'n OASIS! Sy heerlikheid was tasbaar teenwoordig. Dit was wonderlik om Hom so te prys saam met duisende mense! Dis amper hoe dit gaan wees in die HEMEL!Net daar gaan dit baie wonderliker wees! Alle eer aan Onse God en Vader, Here Jesus Christus en Die Heilige Gees wat ons almal genadig is en 'n kans gee om te buig voor Hom en vergifnis te vra! Hy sal die oorwinning en herlewing aanvuur! Dis nie in mense se hande nie. Maak seker jy is reg vir JESUS se KOMS. Hierdie is net die begin. Aan die negatiewe mense:God sal self oordeel, net soos die verspieders wat negatief gepraat het van die beloofte land. Die Heilige Gees is hier, gestuur deur Jesus om ons te lei. Maak seker jy hoor die regte stem. God laat Hom nie bespot nie. Laat ons God se Woord lees en doen, want Hy wil almal red, maak nie saak wie jy is, wat jy gedoen het, wat jou taal is of wat jou velkleur is nie. Die waarheid van God se woord sal ons vrymaak. Dankie Angus dat jy reg hoor!Halleluja! Amen! Amun! GOD is GOOD!
Loftus en mighty men, 23/07/2008, Jacques Malan
Jacques Bekker, ja ons is desperaat en dis hoog tyd ook. Ek glo jy sal saamstem dat dinge nie so kan aangaan nie. Daar is net een oplossing en dis God se genade vir sondige mense soos ek, Angus, predikante, misdadigers en almal wat op Loftus was, om die waarheid te se almal op aarde. Om gered te wees beteken nie om volmaak en sonder sonde te wees nie maar om te weet en te glo dat Jesus vir elke mens op aarde gesterf het sodat ons eendag by Hom in die hemel kan wees. Waar was die sogenaamde mighty men? My broer, hulle was in dieselfde gemors as waarin jy nou sit. Dank God dat mense deur Sy genade elke dag uit die gemors gered word. Ek bid dat God elkeen wat steeds in die duisternis leef sy wonderlike Lig, Jesus Christus, sal laat sien. Mag God jou seen.
Loftus vir Jesus, 23/07/2008, Jacques Malan
Phil, as jy die sogenaamde regte evangelie verkondig, vertel ons asb. watter wonderwerke by jou in Nieu Zeeland gebeur na aanleiding van jou werk. Soos jy slegs sekere verse aanhaal om jou punt te staaf, kan ek ook vir jou 'n paar spesifieke verse uit die Bybel haal wat se dat Jesus, en geloof in Hom, die enigste weg tot saligheid is. My geloof moet gemeet word aan alles wat in die Bybel staan, nie net een of twee versies nie. Jy se self dat daar slegs een evangelie is; een Here, een geloof en een doop. Jy konsentreer slegs op die doop en nie op die geheel nie. My geloof in Jesus en verhouding met my Here het reeds verseker dat ek in die hemel sal wees. Sien jou daar. Liefde in Christus.
Angus Buchan, 23/07/2008, Stefan Kleyn
Ek het die voorreg gehad om by `n vriendin op Angus se plaas te kuier 2 weke voor Might Men 2008. Wat min weet is die hoeveelheid tyd wat Angus neem om homself af te sonder saam met God om werklik te hoor wat God op sy hart het vir die nasie. Angus verkondig die evangelie suiwer en eenvoudig en dit is juis hierin waarin die krag van die evangelie l?Die eenvoud van die evangelie is juis die krag daarvan vir die wat gered word, maar vir die wat verlore gaan is dit juis dit wat hulle bevraagteken! God word verheerlik en mense word gered.. hoe kan enige iemand betwyfel dat Angus vol van die Heilige Gees is. JULLE SAL AAN JULLE VRUGTE GEKEN WORD!!
Loftus vir Jesus, 23/07/2008, Monica Laubcher
God het vir Angus as instrument gebruik - en welgedaan Angus. Kom ons as (dit maak nie saak watter velkleur jy is nie) Suid-Afrika staan almal saan as kinders van God. As ons almal saamstaan en bid vir die regering, vir die parlament, vir re?en moenie vergeet om dankie te s?ie. God wag vir my en vir jou! Kom ons het niks om te verloor nie - ons sal mekaar eendag weer sien in die koninkryk van God.
Loftus en Mighty men, 23/07/2008, Jacques Bekker
Die hele ding ruik na erge desperaatheid. Waar was al die sogenaamde mighty men voor die sh!t die fan gestrike het.
Pasop, 23/07/2008, Lynni
Hoeveel geld het Angus gekry vir die dag!!!!
Kry jou eie mightymen.co.za e-pos address, 23/07/2008, Holger
Loer in by mightymen.co.za
Ek praat oor die kern van ons geloof!, 23/07/2008, Phil Grahn
Niemand sien die waarskuwing wat God nou uitskreeu nie. Al wat hulle sien is n leier wat sogenaamd n Christen is, en wie hul vlees kan vertroetel, maar hy is nog n sondaar. Die Heilige Gees wie Heilig is, sal nooit in n sondige hart saam kan bly nie. Hy kan nie deur iemand soos Buchan werk nie want hy het nog sondaar. Maak julle God n leeunaar? Dus, wie werk eintlik deur hom? Die Heilige Gees kan slegs binne n hart kom lewe as dit skoongewas is van alle sonde deur geloof in die evangelie van die water and die Gees. Ek sal die eerste mens wees om Buchan aantemoedig as hy die ware evangelie van die Here Jesus gepreek het. Maar hy preek nie hierdie evangelie nie. Dit is die kern van die saak. Ek praat oor die wortel, die kern van sy geloof, en nie al hierdie 'hype' nie. Al wat 99% van mense sien is die ekstern van die saak. Hulle jubbel en juig, maar binnekort sit hulle alweer met n pap wiel. Ontwaak mense! (Terloops, Afrikaans is nie my taal nie,ek doen net wat God my gevra het om te doen)
Die byl le ook al teen die wortel van die boom., 23/07/2008, Phil
Hoe is dit moontlik dat mense nie sien wat God sien nie? Dit is so want hulle is blind, en volg iemand wat ook geestelik blind is. As Buchan die ware evangelie gepreek het, sou God alreeds wonderwerke in SA gedoen het. Maar dit sal nie gebeur nie! Net soos in die verlede, hierdie valse evangelie wat Hy preek gaan tot gronde toe lei en baie mense gaan terleurgestel word. Kom ons kyk na sy fundementele geloofsbeleid. Hier kan ons duidelik sien die wortel van sy geloof, en dit staan teen die geregtigheid van God. Ek is nie hier om hom te kritiseer nie maar slegs die valse evangelie wat hy en anders preek bloot te stel. Hierdie evangelie maak God n leeunaar! Dit is wat ek wil vir my mense vertel. Ek wil vir hulle vertel dat hulle word verlei, want dit lyk na die ware Jakop, maar dit is beslis nie! Jesus het in Johannes 3:5 vir ons Sy evangelie vertel. En hierdie evangelie wat vandag gepreek word is beslis nie wat Jesus ons geleer nie. Dit is wat ek vir julle wil vertel. Kan julle nie verstaan nie? Is dit dan so mooilik dat julle nie kan verstaan nie? Dit is presies wat Jesus ons vertel, "julle het ore maar wil nie hoor nie, julle het oe maar wil nie sien nie."
RB navraag oor God Tv, 22/07/2008, Watchman
Aanwysings vir die instel van die dekordeerder kan gekry word op die webwerf "LoftusforJesus.com" Daar kliek jy op God Tv en daar is n link wat jy kan op ingaan om die aanwysings te kry.Hoop jy kom reg
Amen, 22/07/2008, Hantie Rossouw
Ek was ook Saterdag op Loftus en die teenwoordigheid van die Heilige Gees was oorweldigend. Soos ek vanaand hier sit en probeer om deur al die kommentaar te lees wil my hart sommer bars van trots en dankbaarheid. Die negatiewe kommentaar is minimaal en wanneer laas het ons as Suid-Afrikaners so lekker saamgepraat en positiewe kritiek gelewer as nou??? Amazing dinge gaan nog in ons mooi land gebeur as ons net ons vertroue in God stel en ophou om die duiwel mag in ons lewe te gee. Vir die twyfelaars daar buite; gaan soek jul antwoorde in die Bybel dis die enigste plek waar jul die waarheid sal ontdek en ware lewensvreugde sal vind. God werk in ons land, Halleluja!!!!!
Angus Buckan, 22/07/2008, Annette Malan
Dit was met skok dat ons verneem het met hoeveel geld Benny Hinn uit ons land uit weg is, terwyl ons eie mense so swaar kry en nie eers kos het elke maaltyd nie. Ons moet seker maak dat ons sprekers/predikers soos Oom Angus Buchan gebruik en dan eerder by sy byeenkomste sulke geweldige kollektes maak en dit dan vir ons eie mense gebruik. Ek is seker daar is miljoene van ons mense wat so voel. Kom SA word wakker en gebruik ons eie mense in plek van die buitelanders wat ons kom leeg tap. Liefde in Jesus. Annette
Genade, 22/07/2008, Christo
Die feit dat God Angus gebruik op hierdie manier s?ir my dat God 'n groot liefde vir die mense ons in ons land het (soos Hy nog altyd gehad het). Ons moet net luister. Dankie HERE !!!! AM?!!
Loftus vir Jesus, 22/07/2008, Colette van Niekerk
Ek was Saterdag daar, en vandat die 1ste song gesing is en die 1ste persoon begin praat het het die trane geloop! Dit als van blydskap dat ons Here groot en goed is en ons nog nooit verlaat het nie! Aan al die ongelowige Tomasse, jul moet pasop, die Here laat nie met hom spot nie!
Die Griekse JE-ZEUZ van Louis Bothma, 22/07/2008, Mornay
Louis, Behoort jy aan 'n sekte? Dit klink so! Watter Bybel lees jy of moet ek vir jou ene stuur? Gooi liewer weg die pamfletjies wat jy in jou posbus kry.
Oom Angus dankie dat jy Luster na God, 22/07/2008, Bets
Dankie vir die baie ongelooflike positiewe kommtaar. Aan die negatiewes gaan lees Handelinge 5:34 - 39. As hierdie ding van oom Angus mens gemaak is sal daar niks van kom nie, maar as dit van God kom gaan niemand dit keer nie. Oom Angus ek sien uit na nog groter byeenkomste.
God is almagtig., 22/07/2008, Jaco Venter
Kom ons dra die lig wat so helder geskyn het op Loftus, uit na die donkerte. Ons moet oor ons God praat, en siele red. Jesus is die verlosser wat gekom het vir almal!
?PREACHING TO THE CONVERTED? ; Die ?townships? het jou nodig Angus !, 21/07/2008, emiel
Ek kan nie help om tot die slotsom te kom dat Buchan vir die verkeerde teikenmark preek nie. Meeste van die duisende mense by Loftus is normale regsgehoorsame mense wat onder ekenomiese, persoonlike en sosiale druk verkeer en morele krag en leiding soek. Hierdie mense is nie probleemkinders in die Suid Afrikaners samelewing nie. Hulle is nie die potensiale verkragters, kindermolesteerders en moordenaars nie. Miskien is dit tyd dat Buchan sy evangeliese talente beoefen daar waar dit die nidigste is; in ons land se townships..
Oom Angus se boodskap, 21/07/2008, Francois de Villiers
Swart, wit, bruin en kleurling wie ook al. Jesus wag met liefde op elkeen. HY wil en kan vergewe, HY wil en kan versoen. DIT is oom Angus se boodskap. Oom Angus verhoog jy Jesus en en die mense SAL volg. God se?
Aan God die eer!, 21/07/2008, Christelle
God die Vader, Sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees lok 70 000+. Aan God al die eer!!
Dit help bokkerol!, 21/07/2008, Peter
Die land en sy probleme het met godsdiens niks uit te waai nie! Godsdiens het miskien sy plek om 'n klompie mense kalm en gelukkig te hou maar dit bied geen oplossing vir die probleme van Suid Afrika nie. Mooi praatjies help nie vir die werklike probleme van die land nie. Om godsdienstig te lewe en elke dag te bid help nie dat die misdadigers jou gaan verskoon nie. Gaan woon maar die begraafnisdienste by van mense wat a.g.v. misdaad gesterf het en jy sal hoor hoe wonderlik godvreesend hulle was. Nogtans is hulle gemartel, verkrag en vermoor! Miskien laat dit net 'n paar mense beter voel, dit is soos lank gelede gese is "opium vir die volk" Dit help bokkerol!
Re: Shame vir Collin en Danie , 21/07/2008, Ellie
Collin en Danie ons bid baie hard vir julle hier in Suid Afrika.God is almagtig en julle sal gou moet berou en julle lewens reg kry. God gebruik vir Angus slegs as 'n instrument om mense in Suid Afrika te bereik en lewens veral in gesins verband te verander!!! Ons bid bir julle!
Loftus, 21/07/2008, Jana Schutte
Ek wil net baie dankie se aan my Hemelse Vader, vir so 'n wonderlike dag. Ek voel net nog nader aan my Pappa daar bo. Oom Augus, dankie vir die wonderlike boodskap van Saterdag, my familie se gebede is elke dag by jou en jou gesin. Mag die Here jou net nog verder seen Ons Hemelse Vader het net so lekker saam met ons 'n vet party gehad daar in die Hemel. Al die Lof en Prys aan my Pappa
Kommentaar, 21/07/2008, Rudolph
Dankie aan die wat Jesus verheerlik in hul kommentaar, dit maak mens opgewonde. Julle toon liefde en begrip, dit maak mens regtig hartseer. Die wat ons aanval wat ongemaklik voel, wel ek sit en lees julle kommentaar want ek soek antwoorde en wil graag leer en ek vra myself die vraag:Wat is liefde dan, as hulle ons so aanval, afbreek of is dit afkraak eb beskuldig eerder as om ons te versterk, weet julle, julle het niks by AB geleer nie, maar glo my, al was ek daar nie, ek het van julle geleer wat liefde en haat en verwyte en oordeel is, ek lees alles in jul kommenteer, hulle s?aarvan die hart vol is, loop die mond van oor. Jesus is wonderbaar, maar wees met ons, die WOORD waarsku ons teen valse leraars, en alles nou lyk te goed om waar te wees, laat Jesus ons rig, want weet julle, deur ons wat vrae vra rig Jesus ander op die regte pad, ons, as Suid Afrikaners, is nog nie reg vir Jesus nie, Angus, jy het baie werk, so ook ons almal, Jesus bly my God en ek verruil Hom vir niks in die w?ld nie Amen.
Angus Buchan, 21/07/2008, T Louw
Interessant, as ander gelowe so saam trek, is dit o.k. Maar nou trek kinders van die Here saam, Angus praat uit die Woord van God, en dan word hierdie saamtrek gekritiseer. Ai mense, regtig, die Here is 'n werklikheid, geloof is die kern van ons vertroue in Hom, by God is GEEN ding onmoontlik nie, en JA, Hy kom op die wolke om Sy Eie te kom haal. Maak seker dat jy deel is van Hom, want hierdie is nie 'n gimmick nie, DIT IS 'N WERKLIKHEID WAT GAAN PLAAS VIND!! PRYS DIE HERE
Buchan lok 70 000, 21/07/2008, Gerhard
Dit is maklik om op die kant lyn te sit en elke profeet/boodskapper te stenig. Gaan luister persoonlik na Angus Buchan se persoonlike ervarings en besluit self. Al ken ons nie altyd die Bybel so goed nie, is die Heilige Gees nog steeds daar om ons te help. Hou die Bybel se intrepretasie eenvoudig. Jesus se dissipels was ook ongeletterd. (geen snaakse kodes en verskuilde boodskappe nie). Kyk of die Heilige Gees teenwoordig is by Angus se byeenkomste, dan sal julle weet. Die Israeliete het swaar gekry in Egipte onder die Faro, en God see Gees het onder die mense begin beweeg....
Angus, 21/07/2008, Nita
I did not have the privilege to be at this wonderful event but I tuned into the radio. I want to say that, if your Next time Angus, get the Shofars to blow at your gatherins and sent the enemy to the dry pits where they belong. Anyway, who needs commentary from "worldly people" wandering in their own lust and joy of seeing their names printed somewhere. You are a blessing Angus and a mighty instrument in the Hand of Father. God Bless you and your family.
Angus Buchan gathering, 21/07/2008, Lucile
Hoekom moet die skrywer van die artikel opmerking maak dat "99% wit mense was." Watter kleur die mense se vel is, het niks te doen met onderwerp nie - God se kinders het bymekaar gekom dis al!!!!
Pryse die Here, 21/07/2008, Anoniem
71000 mense wat die Here se aangesig soek, wonderlik. Amun en Amun!!!!!
Skape, 21/07/2008, Andy
Julle klomp dom onnosel skape. Die naweek was julle daar en vandag baklei julle en oordeel almal wat nie julle opinie deel nie.Tipies van die SAner
Loftus, 21/07/2008, Louis Smith
Ek het die saamtrek lewendig op "GOD Channel" gevolg. Hoekom het ons Suid Afrikaners tog so 'n probleem as 71000 mense byeenkom om GOD, die Skepper en Koning van die heelal, se naam groot te maak, maar dis heel in orde as duisende opterk om na 30 ouens te kyk wat oor 1 bal veg. Ek het die MMC2008 bygewoon en weereens met die Loftus saamtrek het Oom Angus my aangespoor om myself te verootmoedig voor GOD. Ek kan getuig dat GOD getrou is, vandat ek die uitdaging aanvaar het en die pad met GOD stap het hy my hele gesin opgehef en prys die HERE ons dien HOM almal saam. Ek is een van GOD se "Mighty Men" en nie 'n papbroek wat saam met die stroom gaan nie, maar kies eerder om teen die stroom op te gaan. Se?nge in Christus
God het my 'n visioen met engele gewys, 21/07/2008, Doreen
Ek was op Loftus, dit was goddellik!!!Net voordat Angus Buchan gese het hier is engele teenwoordig, het ek 5 groot engele met groot vlerke gesien bo elke paviljoen. Ek weet God was daar teenwoordig met Sy engele as beskerming. God het in my lewe groot dinge gedoen en ek is 'n ander mens wat heiligmaking ten alle koste gaan nastreef. God leef en Hy is 'n werklikheid!!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Elize
Ek was daar en dit is s? lekker om die Here te kan dien, maak nie saak waar en hoe jy dit doen. Dankie Angus vir die pragtige boodskap. God seen u. AMEN !!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Elize
Ek was daar en dit is s? lekker om die Here te kan dien, maak nie saak waar en hoe jy dit doen. Dankie Angus vir die pragtige boodskap. God seen u. AMEN !!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Elize
Ek was daar en dit is s? lekker om die Here te kan dien, maak nie saak waar en hoe jy dit doen. Dankie Angus vir die pragtige boodskap. God seen u. AMEN !!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Tania Joubert
Vir God is niks onmoontlik nie! Dwarsdeur die Ou en Nuwe Testament lees ons hoe God mense gebruik om Sy volk te red en te lei! Hoe lank bid en vra ons nie al, dat God iemand Geestelik sal oprig en ons land se mense weer sal lei na nederigheid en afle van sondes, mekaar te vergewe? Hier is 'n man wat God al vir JARE opgerig het en nou is die regte tyd! God se tyd was nog altyd in die kol. Die dae van wonderwerke is nog nooit verby nie. God maak bemoeienis mes Suid~Afrikaners, God speel nie speletjies nie. Ons tyd is baie vinnig besig om uit te loop! Maak jou saak met die Here reg, werk aan jou verhouding met Hom en lewe uit Sy Woord! Dis tyd dat ons die skille van ons oe afhaal, wakker word en ophou om die balk te soek in ander se oe! Bid dat God jou hart en jou siel vandag sal deurgrond en jy van vandag af positief gaan dink en praat oor jou land en oor jouself!
Angus Buchan, 21/07/2008, Peet Pretorius
Onse Hemelse Vader, baie dankie dat ons ons o?p U gevestig hou en nie op die mens soos Colin, Danie van London (geen wonder hy sit in London nie) en Phil Grahn wat die klits heeltemal kwyt is nie! Dit is ons gebed Here dat U vir Angus met die salwing van 'n eersgeborene ('n dubbele salwing) sal salf. Kom ons almal neem die Here op Sy woord, vra wat ons nodig het, glo dat ons dit gaan ontvang en neem in ontvangs nou al met gejubel vir dit wat die Here vir ons gee! Blessings Angus!
Loftus for Jesus, 21/07/2008, Ilse Klaassens
Dit was awesome. Oom Angus is maar net n` 'tool' waardeur Onse Here werk. Die media moet nie s?Angus lok 70 000 mense nie'. Nee, dit is Onse Here. Die media, moet pasop dat hulle nie n` verkeerde prentjie gee nie. n` opskrif soos '70 000 man op Loftus bid na Onse Here Jesus Christus' sou meer na die waarheid gewees het.
Aan God AL die (onvoorwaardelike) eer, 21/07/2008, Michelle le Roux
Meneer / Mevrou Insake die Loftus 4 Jesus gebeurtenis op 19 Julie, en die gevolglike kommentaar gelaat op die Rapport webtuiste, net die volgende: Ek het die geleentheid saam met vriende bygewoon, en die atmosfeer was tasbaar elektries. Daar kan baie gese word oor die dag, maar die uiteinde daarvan is dat God beweeg het. Punt. Ek vind dit hartverskeurend dat mense die hele geleentheid wil analiseer en uitmaak om die een of ander ?con-artist? se poging is om mense in massas op te sweep en geld daaruit te buit. Meerso vind ek dit eienaardig dat mense in vandag se tyd steeds Christenskap assosieer met ?n velkleur, of wil beweer dat dit net vir blankes beskore is. God is ?n God van onvoorwaardelike Liefde en aanvaarding, van vergiffenis en genesing, van restorasie en ontferming. Onvoorwaardelik. En diegene wat deur hul kommentaar insinueer dat Jesus nooit ?n ?opwindende diens of ritueel gelei? het nie? Met die verdeling van die vyf brode en die twee vissies was die hele skare van ?omtrent vyf duisend manne wat ge? het, buiten die vroue en kinders? (AOV) seker glad nie opgewonde nie?? In daardie tyd se terme is ek seker vyf duidend stuk mans, buiten vrouens en kinders, ?n redelike groot ophef sou regverdig. Durf ek die volgende stellign maak: Dis ?n probleem wanneer 71,000 Christene opruk vir Jesus, maar niemand roer ?n wenkbrou wanneer duisende mense saamtrek vir ?n rugbywedstryd, rock-konsert of vieringe vir ?n geliefde oud-staatsman nie?? Jammer, as ek moet kies watter een ek wil bywoon, kies ek die saamtrek vir die Een wat vir my sondes gesterf het, wat my lief het soos ek is, en wie ek werklikwaar elke dag kan ontmoet en mee ?n gesprek kan he. Ons wil te veel dinge analiseer en fout soek met alles wat aan Christenskap verbonde is. Kom ons glo net weer soos kinders, en gee God die eer wat Hom toekom ? ALLES.
Agnes Buchan, 21/07/2008, Lezelle
is op soek na sy web mail adres of na 'n program van sy volgende optredes plek/ingang en waar jy vroegtydig kan bespreek Dankie
Loftus Saamtrek, 21/07/2008, Jacques Bekker
Daar is 'n gesegde wat lui God help die wat hulself help. Geen hoeveelheid geloof alleenlik kan hierdie land red nie en geen hoeveelheid gebede kan regmaak wat reeds geskied het nie. Om die blaam van ons situasie op 'n gebrek van geloof in God te pak is simplisties en kan net lei tot 'n kultuur van agteruitgang.
Ongelowige Thomas, 21/07/2008, madelein
Aan almal wat hierdie man se motiewe afskiet, hoe jammer voel ek nie vir julle, hoe ver van God is julle nie! Gaan op jou knie?n vra God omvergifnis omdat jy iemand wat HY geroep het tot Sy werk in twyfel trek, as jy Angus twyfel, twyfel en onts?y die Meester! Klein gelowige sondige mens, ons bid vir jou dat jy die duiwel sal afskud en God aanvaar. Julle negatiewe komentaar is so pateties, so pateties soos die duiwel wat jou wil wysmaak "iets is nie lekker met die man", kyk mooi in die spie?vriend, iets is nie lekker met jou!
Angus Buchan, 21/07/2008, Koos Opperman
As hy Jesus,die Christus, die Seun van God verkondig as ons enigste Verlosser,dat bid ek dat die HERE ons mense tot bekering sal lei.Dan is dit die Gees van God wat werk deur Buchan. HERE,bekeer ons sodat ons ons kan bekeer.
Jesus leef!!, 21/07/2008, Joany-Ann Campher
Alle eer aan ons Here JEsus!ek kon nie self daar wees nie ,maar het alles 'live' op doe God-kanaal beleef! die teenwoordigheid van God was tasbaar in ons sitkamer! dis HERLEWING!
Vergifinis, 21/07/2008, Petros
Briefie aan die geagte Dr Roux. Met verwysing na u skrywe, hier aanghaal: "Gister was dit egter die toppunt om soveel wit gesigte te sien. Waar was die sogenaamde swart christene?". Ek verstaan nie hoekom u so iets kwytraak nie. Soos ek dit verstaan het die dag gegaan oor vergifinis, verdraagsmaaheid en deernis met ander en die neerle van wrokke van die verlede, want God het ons eerste liefgehad en omdat hy ons elkeen altyd 'n kans gee, maak nie saak of jy swart of wit is nie. Wat u doen deur sulke gedagtes te skrywe is om mense weg te jaag wat moontlik sou belangstel om te kom. Wat u ook doen is om moonlik oningeligtes te veroordeel. Die wat te min geld gehad het en die wat miskien te laat gehoor het toe die geleentheid reeds vol was word ook veroordeel deur so 'n opmerking. Sien u die ironie in u opmerking: Eers is bly dat hulle nie gekom het nie, dan veroordeel u hulle. Terloops, vanoggend het 'n swart man van Radio Impact positief oor die ontmoeting berig. Ek ken heelwat diep geestelike swartmense wat Jesus goed ken. Meer as een swartmens het al in my lewe 'n verskil gemaak.
Los Die Negatiewe Kommentaar Mense, 21/07/2008, Conrad
Almal wat soveel negatiewe kommentaar geplaas het. Vra jouself net die een vraag? Is dit regtig wat Jesus sou doen? Sou Jesus op enige stadium mense afbreek? Ek dink nie so nie. As ons as Suid Afrikaners net vir een keer in ons lewens kan saamstaan en ophou om mekaar af te breek sal hierdie land klaar verandering sien. Onthou julle toe die farise? vir Jesus gevra het "Teacher, which is the great commandment in the law?" (Mat 22:36 NKJV) Wat het hy hulle geantwoord? (Mat 22:37 NKJV) Jesus said to him, 'YOU SHALL LOVE THE LORD YOUR GOD WITH ALL YOUR HEART, WITH ALL YOUR SOUL, AND WITH ALL YOUR MIND.' (Mat 22:38 NKJV) This is the first and great commandment. (Mat 22:39 NKJV) And the second is like it: 'YOU SHALL LOVE YOUR NEIGHBOR AS YOURSELF.' (Mat 22:40 NKJV) On these two commandments hang all the Law and the Prophets." Dit is presies wat Angus gese het. Niks anders nie. Hy soek nie roem vir homself nie. Hy gee God al die eer en krediet. Ek wil net se: "Baie Dankie oom Angus! Jy doen wonderlike werk vir die Here!"
Angus Buchan, 21/07/2008, Erika Bezuidenhout
Dit is so jammer dat mense die lelik in alles wil sien. Ek dink God is so bly dat 70 000 mense op een slag Hom prys en aanbid. Die mense wat so negatief is luister nie mooi na Angus nie, hy se altyd, hy maak op God se genade staat, nie sy eie nie. En geld was nog nooit vir hom 'n issue nie. Vir die wat nie wil luister nie, is dit reg, God dwing nie sy woord op niemand af nie, maar hou op om 'n goeie mens se intensies te bevraagteken. Julle sal eendag moet rekenskap gee hoekom julle nie geluister het nie. Sterkte vir julle, ons sal vir julle bid.
Angus Buchan, 21/07/2008, Thea Klopper
Ek dink dis hoog tyd dat SA begin om openlik te bely in wie hulle glo. Vir die eige pessimiste wat wag vir Angus om te val, wil ek vra: Hoeveel mense het al hul lewens na God gedraai nadat jy met hulle gepraat het? Begin jy bietjie jou geloof deel, dan kyk ons hoe ver kom jy?
DANKIE OOM ANGUS, 21/07/2008, Dawie Louwrens
Ek en my familie was ook by Loftus gewees, asook die MMC07, en MMC08. Ek wil vir oom Angus dankie s?ir die wonderlike werk wat hy as God se instrument doen in ons land, asook die buiteland. Soos oom Angus op verskeie geleenthede al ges?et: "This is not about me, its about Jesus" Al die mense wat Angus so slegs?n veroordeel...was julle al by een van sy byeenkomste gewees. Al wat hy besig is om te doen is om in BOLDNESS uit te tree vir Jesus wat vir ons sondes aan die kruis op Golgota betaal het, en wat die dood oorwin het en opgevaar het na die hemel om ons eendag weer te kom haal. Oom Angus het nog nooit een sent gevra vir een enkele persoon wat sy byeenkomste bygewoon het nie want hy het nie nodig nie, God sorg vir alles. Die kostes wat gevra was soos vir die MMC, is om die boere wie se plase gebruik was vir kampeer staanplek te vergoed. GOD het vir die grootste tent in die w?ld betaal, God het vir al die kos betaal vir 7400 mans in 2007, en 66 000 mans in April, nie oom Angus nie. As julle daar was by enige van die byeenkomste sou julle met jul eie o?esien het hoeveel organisasie daarin gegaan het en is ek seker julle sou nie 2 keer gedink het om R20 n kaartjie te betaal vir loftus, of enige van die ander nie. Miskien moet julle wat sulke draadsitters is en net wil kritiseer oor Angus, eerder die moeite doen om bietjie julself die guns te doen en een van sy events by te woon, en te sien waaroor dit gaan. As julle wat so kritiseer net biethjie selfondersoek wou doen en kyk waar julle met God staan voordat julle iemand anders wat n pad saam met God stap veroordeel. Ellispark 08 November, hoop ek sien julle daar. Jesusliefde
Geen sleg kom hiervan nie!!, 21/07/2008, ISABEL
Ek lees deur almal se kommentare en sonder om kritiek te lewer weet ek net een ding en dit is: Watter nut sou die Duiwel gehad het om sulke byeenkomste deur sogenaamde "VALS PROFETE" te laat waarneem. Want daar kom eenvoudig geen sleg hiervan nie, Mense gaan terug huis toe beter mense, vergewingsgesind en met Jesus in hulle harte!! Watter voordeel het die Duiwel nou hieruit getrek. As dit dan volgens party lesers se opinie nie die werk van God was nie, wat het die Duiwel dan uit Loftus gekry Saterdag!! Prys die Here en sy Profete, want daar staan julle sal almal soos profete kan wees, elkeen van ons het opdrag ontvang om dit te wees!!
Loftus, 21/07/2008, L
Hoe ongelooflik groot is ons Here nie! Wat 'n ongelooflike ervaring om deel te kon wees van 70 000 ander gelowiges wat nie skaam was om in die openbaar te bely van hul sondes en te getuig van hul geloof in Jesus nie. Met elke "Amen" was dit soos hammer slae in my hart en ek was nog nooit nader aan God as juis toe nie. Tog voel ek 'n tikkie hartseer oor negatiewe mense wat al reeds vir Angus Buchan en sy werk vir die Here veroodeel en gedoem het. Mense wat net sit en wag om dood uit te spreek oor 'n nasie wat nodig het om op te staan en aan God vas te hou vir ons redding. Die Israelite het leiers nodig gehad om hul terug te lei na God, toe hulle die pad byster geraak het en net so glo ek in my hart dat die Here deur Angus werk om ons volk weer bewus te maak van waar ons afdwaal. Jesus het voor massas mense die woord van God gebring, maak dit rerig saak of God se woord gebring word in 'n kerk, op 'n straat hoek of op Loftus? EK sit my hoop en geloof in Jesus nie in Angus nie, maar ek glo tog hy is 'n instrument in God se hande! Alle eer aan ons Hemelse Vader en aan Jesus Christ ons verlosser!
AMEN!!, 21/07/2008, Lisb?r> PRYS DIE HERE!
Loftus v Jesus, 21/07/2008, Anononiem
Ai Colin, het jou ma jou nie geleer dat as jy niks goeds te s?et nie, bly liewer stil.Neig vir my na jaloersheid. Immers is iemand bereid om standpunt in te neem vir ons God. Ek is oortuig daarvan dat as daar meer plek en kaartjies beskikbaar was, sou daar beslis meer mense gewees het.En so what as hy begin geld vra vir sy optredes?Ten minste glo ek hy sal dit vir die regte redes aanwend. Miskien moet jy een van sy byeenkomste bywoon en oorwinning kry met die stryd wat jy binne jouself het.
Aan God al die eer, 21/07/2008, Marelize
Dankie vir Angus wat gehoorsaam is om die roeping wat God op sy lewe geplaas het te hoor en te gehoorsaam! Is dit nie dalk skuldgevoel wat mense krities maak oor dinge wat God deur Angus se nie? Prys God dat Hy 'n man gekies het wat nie eie eer soek nie, maar alle eer aan God gee. Prys God dat Hy 'n gewone man gekies het om Sy woord te verkondig waarmee ons kan assosieer. JESUS LEEF!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Louis Bothma
Je-Zeus,die seun van 'n Griekse afgod se naam is verander na Zeus en vandaar na Jesus.'n Amper perfekte vervalsing ! Die Christene wat almal wat nie soos hulle wil glo nie as anti- Christe uitkryt,loop self agter die anti- Chris aan!.Die ware een se naam is Joshua, en hy het in elk geval nooit gevra dat hy aanbid of dat daar'n ophef van hom gemaak moet word nie.En o ja,die mans met die 'Ware mans volg Jesus'plakkers op hulle voertuie.Ware mans moet dan lang hare en rokke ook dra.
Die Aartappel boer, 21/07/2008, Nico Empangeni
Al wat ek op die hart het is dat hierdie tipe dienste long overdue is, daar was niemand anders om hierdie taak te verrig nie. Die Here gebruik enige gewillige persoon. Dit is jammer dat mede gelowiges al weer sinies is en die verkeerde ding lees. Die Woord se duidelik ons moet soek Soek eers die Koningkryk van God Ek sien SA is soekend Prys die Here
Gehoorsame Angus, 21/07/2008, Lindie
Angus, jou gehoorsaamheid aan die Here is 'n inspirasie!! Ongemaklike Danie van London, is dit nie dalk die Heilige Gees wat met jou praat en jy weier om te luister nie? Niemand moet in elk geval na Angus kyk as mens nie. Luister na wat die Here deur hom s? Mense stel teleur. Suid-Afrikaners is nie net te trots soos Angus Saterdag ges?et nie, maar ook heeltemal te krities. Al wat Angus eintlik doen, is om tyd met die Here te spandeer. Ons moet dit almal doen en nie net "ry" op ander se tyd wat hulle met die Here spandeer nie. Dankie Angus vir wat jy vir die manne doen en hulle net weer help besef dat hulle die priesters, profete en hoofde van hulle huise is.
God al die eer, 21/07/2008, Gerhard van Schalkwijk
Ek was ook daar gewees Saterdag. Dit gaan nie oor AB of enige persoon behalwe God nie. 2 Kronieke 7:14 is wat Saterdag gebeur het... Die Here is besig om iets groots in SA te doen en of jy nou swart of wit of enige nasie is hy wil jou gebruik. Dis tyd om kante te kies (geen draad sitters) Vir julle klomp Farise? daar buite...Lukas 19:40
Hou op foute soek!, 21/07/2008, Rina
PREEK ANGUS DIE WARE EVANGELIE?, 20/07/2008, Phil Grahn Jy kan nie eers helfte spel nie!
LOOF DIE HERE, 21/07/2008, Derick Matthee
God gebruik AB as n instrument om met ons te praat. Dit hang van ons elkeen af om n persoonlike verhouding met God te begin en as Man in die huis leiding te neem en voorbeelde te stel van n opregte volger van Jesus. Loof die Here vir al die krag wat hy vir AB gee!
Angus Buchan, 21/07/2008, JS
Alle eer aan ons Skepper & Vader!
Loftus , 21/07/2008, Anja
Dankie Angus vir die wonderlike boodskap!! Die Here is amazing en ek kan nie wag om te sien wat Hy nog als gaan doen vir die land nie. Aan Hom al die eer!!!
Oom Angus., 21/07/2008, Rick
Wat ons nou sien is net die druppels van die Heilige Gees wat begin val !! Ons gaan nog swem in die rivier van Sy GEES as die uitstorting meer intens word. Halleluja !! DIE VLOED IS OPPAD !! Daar was 'n magtige profesie dekades gelede gelewer dat God Sy Gees so intens oor SA gaan uitstort dat dit soos 'n reuse bosbrand alles in sy weg gaan oorweldig. Die magtige uitstorting sal dan noordwaarts op in Afrika beweeg en Afrika terug wen vir Jesus. AMEN !!
LOFTUS VIR JESUS, 21/07/2008, S Lange
Dr. Kobus Roux, gaan lees jou bybel. Joh. 3 v 16 s?od het die Wereld so lief gehad dat Hy sy Enigste Seun gestuur het, dat enigiemand wat in Hom glo, die ewige lewe mag he. Jou afleiding dat GOD werklik begin om SY volk bymekaar te roep vir opstand teen die duiwel en sy swart magte. Letterlik en figuurlik laat 'n suur smaak in my gemoed. Dis duidelik dat u nog nie geleer het om u naaste lief te he, al is hy/sy swart, pienk, bruin of geel.
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Juanita
Ek en my gesin was daar en ek dank God dat ons die geleentheid gehad het om deel te wees van hierdie AWESOME gebeurtenis. Daar is net een GOD en hy werk in ons harte Sonder HOM is ons niks ALLE EER KOM NA HOM!!!
God is Groot, 21/07/2008, Erika de Beer
My hart wil bars van lof en eer aan God. Oom Angus is 'n nederige, gehoorsame instrument in God se hand. Saterdag is op Loftus 'n vuur aangesteek in 70 000 mense se harte - die gevolge gaan glorious wees! God wil ons terugbring "back to the basics" - en dis wat besig is om te gebeur. Prys die Here!
Angus kook vir Loftus, 21/07/2008, Louis
Al wat ek kan se is dat dit lewens verandering was!
Loftus vir Jesus!, 21/07/2008, Mariaan
Prys die Here vir Saterdag en elke kind wat Jesus oproep om Sy Naam te verheerlik! Dis pragtig dat oom Angus gladnie fokus op homself plaas nie, maar alle eer aan God gee!
Almal is kinders van die Here wat Hom aanneem as hul Verlosser, 21/07/2008, N
Asseblief alle mense, en veral julle eieregtige ('righteous') Afrikaaners. Die Here onderskei nie in kleur nie. Die evangelie is vir almal. Dis tog so duidelik in die Bybel gestel. Rom 1:16 "Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood." En ook Joh 3:15 "sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan h? So hou tog op om te dink julle is beter as nie-wittes. Ons is eintlik swarter in ons harte as ons glo ons is enigsins beter. En hou op om vir Angus te kritiseer. Hy bring net 'n Woord van die Here. Luister daarna, want die Here, die Almagtige praat met ons!
Angus Buchan, 21/07/2008, Nic vd Westhuizen
Dit is soos my vrou Saterdag op Loftus gese het- JESUS HET GEGLIMLAG !!!!!!!!!!
Angus Buchan, 21/07/2008, RB
Ek kan ongelukking nie op loftus wees nie. EK wou my dstv instel om na die byeenkoms te kyk maar kon dit nie reg kry nie. Kan iemand help?
Ongelowiges, 21/07/2008, Tanya
Ek wil vir julle wat nie glo dat wat oom Angus s?aar is nie, daar wag een hengse "suprise" op julle. Ek is 21 jaar oud en 'n jaar terug het ek besef hoe groot die Here is en tot wat Hy instaat is. Julle verstaan nie!!!! En die blote feit dat julle nie kan sien met 71 128 mense op Loftus nie waar in jou lewe sal iemand anders dit reg kry behalwe die Here? Gaan dink mooi mense!!! Dankie oom Angus dit is die BESTE belewenis wat ek in my 21 jaar nog beleef het en ek sal dit graag weer wil doen! En dankie vir die boer van Middelburg wat geluister het!
LOFTUS, 21/07/2008, YOLANDA FOURIE
Mense Mense Mense, die wat So negatief is en nou weer die dam onder die eend uitruk en Angus wil Judge.. Judge eers jouself en los Angus vir God om gejudge te word! Angus het intersessors gehad wat vir hom gebid het oor die Loftus saamtrek om seker te maak dat hy die regte visioen by God gekry het, en hul het terug gekom met 'n JA antwoord. Sou hou op kritiseer, en wonder of Angus nou waar is of nie, en soek GOD agter alles! Dis mense soos julle wat eintlik op Loftus moes wees dat God julle harte kon aanraak en verander en positief kan begin dink en spreek! Prys die Here want Hy is GRoot en Almagtig! Yolanda van Pretoria...
Jesus het nooit 'n opwindende diens of ritueel gelei nie - Theo Verwey, 21/07/2008, Christo
Theo wat sal jy dan die bergprediking of the vermenigvildiging van die brode en vissies noem ? As ons vaskyk in die manier wat die boodskap oorgedra word mis mens heel waarskynlik die boodskap self. God werk op verskeie maniere en deur baie mense. Die Here het self gese dat as ons hom nie wil loof en prys nie die klippe dit sal uitskree - dink net watse opwindende diens dit nie sal wees nie...
Phil Grahn, 21/07/2008, Sonny
Lyk my jou probleem gaan oor doop. Lees gerus "Hardcore Christianity" van Buchan. Hy is groot gedoop en sy Shalom ministries doop ook groot.
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Madaleen Pienaar
Loof die Here!!!! 'n Mens kan nie Saterdag in woorde beskryf nie... dit was absoluut fantasties gewees!!!!!!! Die Here was daar en ek glo Hy het baie mense se lewens verander. Die mense wat kritiek lewer was duidelik nie daar nie, en ons sal vir julle bid!!!! Alle EER AAN GOD!!!
Loftus vir Jesus, 21/07/2008, Desire'
Ek was daar saam die skare op Jesus te loof en te prys, dit was vir my die wonderlikste ondervinding, ek wens ek kan die dag weer oor h?Die atmosfeer en die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat wonderlik!
LOFTUS FOR JESUS, 21/07/2008, FRAN
Thank you firstly to Jesus Christ and to Angus for putting Jesus first in his life. What an awesome experience to be there and to praise God in English and Afrikaans the presence of the Holy Spirit was wonderful. RAPPORT thank you that your headlines made me buy your paper as an english person. May God bless you all for putting him first and your paper will grow from strength to strength. THANK YOU
Loftes vir Jesus, 21/07/2008, Deon Jacobs
ek kyk hy gaan kom op die wolke. Ons here Jesus kom om sy volk te kom haal. Loof hom prys hom want hy is groot. AMEN
Theo Verwey - Jesus opwindende diens ens, 21/07/2008, Eugene
Nav Theo se vorige kommentaar dat Jesus nie 'n opwindende diens gelei het nie. Ja dit is gedeeltelik waar. Jesus het nie net 'n opwindende diens gelei nie, Hy ly 'n opwindende lewe gelei, so opwindend dat die laaste 3 jaar van Sy lewe op aarde selfs in nie Bybelse geskiedenis boeke opgeskryf is. Reken jy om visse en brood te vermeerder nie opwindend is nie? Wat dan van om dooies op te wek, siekes gesond te maak, blindes te laat sien, duiwels uit te dryf, op 'n kruis te sterf en 3 dae later lewendig aan mense te verskyn en jy se^ dit is nie opwindend nie?
Jy word geken aan die vrugte van jou lewe, 21/07/2008, Eugene Badenhorst
Daar was n tyd in my lewe wat ek ook nie die Here wou erken nie; ek het hom ook verloon en sleg probeer maak; ek het ook "Godsmanne" slegges?maar toe Hy (Jesus) my met Sy Liefde toevou en my hart met sagtheid oorwin, het ek verander.Ek wil aan al die kritiese en negatiewe mense s?ulle beurt kom ! Jesus sal ook aan die deur van julle harte kom klop, julle harte sal ook nog breek voor die liefde van die Lewende God, en julle sal dan weet hoe dit voel om waarlik vry te wees.Geen meer kritiek; geen haat en julle sal ook waarlik vry wees van al die negatiwiteit.Ons dien n God van Liefde; dis hoekom Oom Angus so straal.Al wat ek in hom sien is: n Gehoorsame man van God; wat nie wil, kan of sal stilbly oor God se goedheid nie ! Prys die Here dat Oom Angus Godsvresend is; en nie bang is vir mense se afgewaterde en ongelowige kritiek nie.n Mens kan na die vrug van sy lewe sien dat hy die Here met sy hele hart dien !
Angus Buchan, 21/07/2008, Watchman
Ek wil ook net se dankie dat Angus Buchan gehoorsaam is aan die stem van die Heilige Gees om God se opdrag uit te voer.Ek bejammer al die pessimiste.Die Here het juis gekies om n arm nederige boer te gebruik om Suid Afrikaners weer op hulle kniee te kry,sodat daar nie gese kan word dat hy agter geld aan is nie.Maar ook dit is nie reg nie.Ag mense, kom by asseblief,en bely julle sonde van kretiek sodat ons almal kan hande vat in hierdie herlewing sodat God ons land Suid Afrika kan genees en kan seen,sodat almal weer rustig en sonder vrees te kan lewe, en ook sodat almal wat weg is uit hulle Vaderland weer kan terug kom.Dat families weer heel kan word.Daar is nie n familie in die land wat nie geraak is deur misdaad of immegrasie nie. O ja, Danie van Lonon,Hoekom mag daar nie gese word dat die gehoor 99% wit was nie?Dit was so en ons is tervrede daarmee,maar as jy wou gehad het dit moes 99% swart gewees het waar is jy??dan kon jy tussen hulle gesit het.Moenie kritiseer en jy het die pad gevat nie.Ek is keelvol vir die mense wat net die hele tyd fout vind .Kom liewers terug SA toe en staan jou man en laat jou stem in SA gehoor word waar jy saam veg vir ons land nie oorsee wegkruip en kritiseer nie,kom ervaar self die herlewing wat tans in SA aan die gang is kom oortuig jouself dan sal jy vind daar is niks verkeerd met Angus Bachan nie,net n eerlike man wat sy lewe aan die Here toevertrou en nog nooit weer opgehou het om die Grootheid van God te ervaar en te aanskou nie en dit is wat hy preek,hy vra nie eenkeer geld nie.Gaan in die Vrede van Jesus Christus ons Verlosser en Saligmaker AMEN n Zulu AMEN!!!!!!!
Preek Angus... Preek!, 21/07/2008, Mornay
My Liewe Phil Grahn. Op watter planeet lewe jy? Die Gees is besig om deur Angus te werk deur die saad in mense se harte te plant om hulle te bekeer. Dan volg die doop. Dit is onmoontlik om die volle evangelie in 'n paar uur aan 'n mens te leer maar jy kan wel hul harte bereik deur die belofte wat Christus vir ons gegee het te versprei. Dit is dan jou keuse om die Here aan te neem of nie. Liewe Colin, Hoe seker is jy van jou geloof? Hoe is jou verhouding(geregtigheid) met God? Oordeel jy nie nou iemand wat jy nie ken nie? Aan hoeveel mense het jy al die Evangelie verkondig of to bekering gebring? Hoe lyk die geraamtes in jou kas of die splinter in jou oog? Liewe Theo Verwy, By Jesus se bergpredikasie Mattheus 4 & 5 het hy 'n skare/menigte/Duisende mense gelok en vir hulle gepreek. Die Disipels was jy megafoon/mikrofoon en luidsprekers! Matt 5:11&12 "Salig(Gelukkig)is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verjeug julle omdat julle loon groot is in die Hemele; want so het hulle die profete vervolg watvoor julle gewees het" Al wat geld gemaak het uit die Loftus vir Jesus saamtrek was Loftus. Miskien moet ons nie vervolg nie maar eerder leuster!
Re: Danie,London & Colin, 21/07/2008, Dankbaar
Liewe Vader in die hemel, seen Danie en Colin en laat hulle nie in die versoeking gely word om te dink dat Angus ons almal mislei nie. Laat hulle oe oop gaan en die wonderlikheid van hier pragtige oomblik in neem en saam met die res van ons jubel in plaas van bevraagteken. Prys U tot in die hoogste hemel!!! In U Naam alleen, Amen...
mense wat kla, 20/07/2008, jean-pierre schlehmeyer
"Ongemaklik, 20/07/2008, Danie, London Ek kan nie mooi my vinger daarop le nie, maar iets omtrent hierdie prediker maak my ongemaklik. Dit laat my ook opnuut dink aan daardie kalant in Afrika waarheen al wat Afrikaner is n jaar of twee gelede gereis het - TB Joshua. Teen n stywe fooitjie natuurlik, maar vandag hoor mens niks. O, en was dit nou nodig om die skare as 99% wit te beskry?" Hoekom kan jy nie net die grootheid van God raaksien nie? Is dit altyd nodig vir iemand om te kla? Vir die mense wat daar was en die grootheid van God kon sien, voel en beleef dit is wat belangrik is. Teen R20 n kaartjie is dit waarlik nie n "stywe fooitjie" nie. Soos met alles in die lewe van ons is daar ook uitgawes verbonde, Loftus is nie verniet om te huur nie. Dink dit was n wonderlike erfaring vir al die gelowiges wat daar was, wens ek kon dit bywoon. Met God se hulp kan ons Suid-Afrika weer n Prag land maak.
Buchan Saamtrek, 20/07/2008, John Delport
Verwys na Danie van London se boodskapie op die 20/07/2008. Jou dom sot!!! Hoe durf jy 'n gesalfde van die Here so aan spreek? Jy was nog nie eers by hom ( Prophet TB Joshua ) gewees nie, en jy praat so los en vas oor die gesalfdes van die Here? Hy is die man vir wie ek die grootste respek in my lewe het.. Angus Buchan trek 70000 mense, Prophet TB Joshua trek hoeveel duisende mense elke week.. En wie trek jy, kan nie eers 'n venter waantjie trek nie?? Ek bid dat jy die Here in Sy volheid sal ondek.. Dan gesels ons weer.. Jesus Christus kom al die lof toe!!!
Aartappel boer, 20/07/2008, Nico
Ek kan hie glo wat ek hoor en sien nie. Die moaners sal altyd daar wees Solank ons een doel het Om God in bejeer van ons lewens en land te. God sal ons help Sy Woord is vol sulke beloftes Hou aan Oom Aartappel boer
Phil Gran, 20/07/2008, Johan Niemand
Die Here Jesus s?Gaan heen en maak dissipels van alle nasies..." Ek wil net vra hoe maak 'n mens dissipels? Ek sal antwoord ook, deur mense te trek met 'n nederige gesindheid en die liefde van Jesus wat aan die kruis gesterf het. Ek is baie bly om te lees dat jy jouself as 'n kundige beskou en dat jy oor so baie kennis beskik, wees egter net versigtig, want jy sal rekenskap gee na gelang van wat jy weet en jou kennis sal jou oordeel, Wat het jy al gedoen om 'n siel of twee na die Here te bring, of het jy dalk meer weggeskrik met ;n gees van kritiek. Ek bid vir jou sodat jy kan verlossing kry van kritiek en foutvind en die vrugte kan dra wat by die bekering pas. Sonder die vrugte van die bekering gaan jou doopp ook nie veel beteken nie. Die skrifgeleerdes en fariseers het ook gekom om gedoop te word maar is weggestuur om eers die vrugte te dra van bekering, hul kennis was nie goed genoeg en Johannes het geweet dat ten spyte van al die kennis hulle eintlik boos was van binne. Ek loof die Here vir iemand soos Angus, mag daar meer manne en vroue opstaan om soos die profete van ouds die volke aan te spreek en die werk van die Here te doen.
Dis tyd vir glo,, 20/07/2008, Desiree Snyders
Ons het dit hier in Europa op die God channel opgeneem en vandag eers gekyk. Ek het hoendervleis en trane gehad. Wat n ongelooflike hoeveelheid mense. Vir die wat kritiek wil lewer, vir die wil ek net se dis tyd dat ons ophou kritiseer en begin glo en ons ore oopmaak. Ek het baie hoop vir ons land en ons mense, dit is net God wat ons kan red en niemand of niks anders!Hou op met kritiek en begin glo.
Angus - instrument van God, 20/07/2008, Johan Vermeulen
Hoe hartseer raak ek as ek duidelik die afgunstigheid en jaloesie van die party persone se kommentaar lees. Al wat jy vir hou jouself moet vra is, is die God van liefde nie vir almal beskore nie. Verheug eerder dat 70 000 bymekaarkom om "Hom" te soek want ons land se honger is groot na God en Angus wys net waar ons kan gaan eet. Ek het 'n mannekamp gister bygewoon en daar is vir ons ges?ns kerke het twee tipes mense, godsdienstiges en Christene. Vra jouself die vraag af, watter een is jy?
JESUS IS KING OVER ALL!!, 20/07/2008, Barend
Angus,you are a man of valor, integrity and I honor your humility. It is time for South Africa and the people of Africa to ARISE AND SHINE, because Africa's LIGHT has long time already come. And i want to tell all the people out there which are talking against this move of GOD in Africa,that you should stop Criticize against everybody and Angus and Stop always seeing the bad in everything and start concentrating on that what the Lord has told YOU to do. Leave the judging to GOD. If you havent done anything better and improved on that what someone else has done... SIMPLY, KEEP VERY QUIET. Jesus loves you...
Skokende waarneming, 20/07/2008, Sarel
Dit is vir my groot skokkende nuus om te lees in die kommentaar kolom dat daar mense is wat AB se predikking betwyfel. Die WOORD se "Gaan na alle nasies tot in die uithoeke van die wereld en verkondig MY WOORD" en dit is presies wat AB doen en niks anders as dit wat van hom verwag word nie. JESUS CHRISTUS is die onderwerp hier en nie AB nie, AB is net die middelaar. 10 uit 10 vir AB en Loftus vir JESUS was 'n great belewenis en sukses.
Tot eer van God, 20/07/2008, Leon-David Viljoen
Mag Mnr Buchan se woorde en dade nederig bly teenoor God. Sy talent is 'n gawe van 'n Magtige GOD en wie is ek om te oordeel oor God se roeping vir Angus Buchan? Dankie dat die man se rol as priester in sy huis nog sentraal staan in elke boodskap wat hy gee. Ons het 'n verantwoordelikheid om hierdie boodskap saam met Angus Buchan oor te dra na elke bevolkingsgroep in Suid-Afrika
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Magriet
Dankie Jesus! Ek het gister op Loftus weer soveel moed geskep vir ons land en ons toekoms! Ek het opnuut besef dat die Here 'n plan het met Suid-Afrika. Ons moet ophou om negatief te praat oor ons land en al die moontlike probleme. Kom ons spreek LEWE! God alleen is ons antwoord!
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Annelie Buitendag
Dis absoluut wonderlik wat die Here doen. Dankie oom Angus dat jy die Here stem volg en doen wat Hy vra. Ons weet u is maar net die instrument. As u nie bereid was nie so die Here iemand anders opgerig het. Oor die negatiewe mense kan mens maar net se "Here vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie." Dankie Here dat U ons land gaan verander en maak nie saak wat jou kleur of ras is nie die Here is lief vir jou net soos jy is.
EER AAN GOD, 20/07/2008, Boeta Swanepoel
Alle eer aan GOD ONS VADER EN JESUS CHRISTUS ons Verlosser en DIE HEILIGE GEES wat in ons werk.GOD verwag van ons om as SY kinders om ons rug op sonde te draai en ons voor HOM te verootmoedig.
Loftus, vir Jesus!!, 20/07/2008, LL
Vir almal wat nie deel van die byeenkoms was nie: Mag julle so iets beleef!!!!Vir die wat vra het of opinies het, nooi ek jul graag om die volgende byeenkoms by Ellispark by te woon, later die jaar.Prys die HERE sy naam is groot!!!!
angus, 20/07/2008, Angie
This is the biggest event in the history of South Africa and the English press have ignored it because it is positive and about Jesus. Thank you, Rapport for being honest and reporting about this magnificent event. God will honour you.
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Flip De Beer
Dit is wonderlik om te sien dat Suid Afrikaners saam staan vir wat ons glo- In Jesus ons enigste verlosser. Graag will ek net byvoeg dat as ons saamstaan en ons swart broers en susters help en ondersteun en hulle ook na die here toe ly die land wonderwerke sal sien wat nog nooit in een ander land gesien is nie. Pasop om dat ons onself op verhogies plaas en dink alle swart mense is heidene en bose. Ek ken meer gelowige swart mense as blankes. Kom ons bid elke aand dat die Here ons land sal seen. DANKIE RAPPORT vir die wonderlike dekking
Loftus vir Jesus - Nie Buchan nie, maar God!, 20/07/2008, Charl Herholdt
Die gebeurtenis op Loftus, was nie Angus Buchan se "doen en late" nie, maar God. Ek glo dat die duisende mense gegaan het om God na se woord te luister en nie na Angus Buchan nie. Angus verkondig God se woord en mense gaan om na God se woord te luister. As jy jou Getuinis wil vertel, gaan plaas dit asseblief op www.getuienis.co.za
Dankie Jesus, 20/07/2008, Braam Swart
Ons land het mense soos Angus nodig wat opstaan met die Waarheid.Ek was daar en dit gaan net oor Jesus en Jesus alleen en dit is AL wat saakmaak.Vir al die wat bedreig voel - sy motiewe is suiwer want dit kom van Jesus.
Prys die Here vir Angus!, 20/07/2008, Stephen le Roux
Colin my ou maat, jy slaan die bal heeltemal mis, maar dit gee ten minste vir die res van ons die geleentheid om vir jou ook te bid, sodat jou o?op kan gaan. Met jou sotlike aanmerkings omtrent die trekkers en wat Angus sy werkers op die plaas betaal, wys jy slegs jou onkunde. Prys die Here dat Hy iemand soos Angus in ons midde geplaas het, en mag hy nog lank gespaar bly om die boodskap aan ons honger bevolking te bring!
wonderlik, 20/07/2008, joulanda Schreuder
As ons as suid-afrikaners so saamstaan soos Saterdag kan ons berge versit.
Re: Dr Kobus Roux, 20/07/2008, Marnus
Ek is bly om te hoor van die wonderlike saamtrek, maar blykbaar het rasiste soos Dr Kobus Roux nie na die boodkap geluister nie. Jy meneer moet eers na jou eie hart kyk voor jy kan begin dink daaraan dat God jou roep. As 'n jong mens kan ek nie anders om my te skaam vir verkrampte Afrikaners soos jy nie. Prys die Here vir wat hy vir ons beplan.
God se skape, 20/07/2008, Hansie
Wat 'n klomp eenvoudige skape wat in sprokies verhale glo. Waar is hierdie sogenamde "god" as ons vrouens verkrag word, ons mans vermoor word en ons volk vernietig word. 70 000 mense saam wat iets positief wil doen is ongelooflik, 70 000 mense saam wat glo in 'n joodse skrynwerker wat se ma met die buurman geslaap het, en toe s?it is 'n god se kind is bietjie hartseer. Is dit dieselfde god wat ons voor gebid het gedurende apartheid? Of is dit nou 'n nuwe een?
Lfotus 4 Jesus, 20/07/2008, Ria vd Hoff
Ek, my man, 3 kindertjies en ma het die wonderlike dag bygewoon. Ek was so jaloers op my man toe hy van die MMC af teruggekom het. Hy was 'n ander mens. By Loftus 4 Jesus het ek ervaar wat hy daar in Greytown ervaar het. Dit was 'n diep geestelike reis vir my en ek kon dit ervaar saam met die mense wat vir my dierbaar is. Dankie Here Jesus vir hierdie wonderlike geleentheid wat ek gehad het om nog nader aan U te kom.
Dr. K Roux - jy is siende blind., 20/07/2008, A. Visser
Dat iemand 'n die Here se werk so wil verdraai om sy die verwronge sieninge te bevorder is vir my duister. Dr. Kobus Roux, is daar op enige stadium genoem dat die Genade net vir 'n sekere demografie bedoel is? God se volk bestaan tog uit AL sy kinders - gee nie om watter velkleur nie. Stel jy jouself nie te hoog aan om uitlatings te maak oor wie die Skepper van ALLE mense kies vir Sy volk nie?
"Kyk nou net" in lewer kommentaar, 20/07/2008, Naamloos
Ek was geskok om die eerste artikel te lees by lewer kommentaar. "Kyk nou net" Jy noem jouself 'n Christen maar jy raak sulke lelike rasistiese dinge kwyt. Sies vir jou! Ek stel voor jy gaan dalk volgende jaar weer MMC toe en vra vir Angus om jou te vertel wat dit beteken om jou naaste lief te h?oos jouself. Of jy haat dalk jouself ook. Maak nie saak watter kleur iemand is nie, ons dien almal een God. En is almal na God se beeld geskep! En ek weet in elk geval nie waar jy was nie, maar by die Loftus vir Jesus waar ek was, was mense wat nie blank was nie. Ek stel voor jy slaan jou Bybel oop en begin te lees. Mense soos jy het dit nodig. Lees Effesiers 13 & 14 soos Angus ges?et, dan kan jy ook sommer in die selfde asem Kor. 13 lees wat vir jou s?at as jy nie die liefde het nie, het jy niks! So meneer stop asb jou mense haat of hou dit vir jouself, dit is dalk hoe jy voel, maar dit is beslis nie hoe ons ander Christene voel nie. Gelukkig moet jy eendag daarvoor andwoord en niemand anders...
Elite is uit pas, 20/07/2008, Fanie Smal
Die Loftus opkoms wys duidelik dat die selfaangestelde Afrikaner elite totaal uit pas is met die hoofstroom. Die grootste nagmerrie van hierdie post-moderne beroepstwyfelaars het waar geword: Derduisende mense wat God prys en aan die Woord vashou. Hierdie herlewing moet asb nie net 'n geestelike ontvlugting van ons groot probleme wees nie, maar die begin van 'n roepingsbewuste aanpak daarvan.
God die eer, 20/07/2008, willie
Jammer ons kon nie ook daar wees nie, maar gelukkig het ons 'n Almagtige God wat oral is. Angus, dankie dat jy nie huiwer om uit te gaan en dit te se wat GOd van jou verwag om te se nie. Hulle wat die LEwende God nie ken nie, sal jou preke ook nie verstaan nie, en asseblief volk, GOD SIEN NIE KLEUR RAAK NIE. STOP jul kleintlikhede om ras en kleur weer in te wil bring. ALMAL was welkom of is daar NIE NIE BLANKE bortjies opgesit?
Spyt, 20/07/2008, Hector
Bitterspyt ek was nie daar nie!!
die negatiewe pessimisme, 20/07/2008, Chris Deysel
sommige preek Jesus uit liefde,ander uit eie gewin.....solank Jesus gepreek word,sal mense tot redding kom.Angus doen die regte ding,maar alle eer aan God en ek glo dis hoe AB dit wil h?hil jou probleem is dat jy soek iets wat nie daar is nie,wat doen jy om soekendes te akkomodeer om by Jesus uit te kom???
Buchan lok 70 000, 20/07/2008, jan swart
Mooi, Angus. Onwetend gee die koerant toe jou 'game' weg met hul opskrif. Nie "Christus lok 70 000' nie, maar 'Buchan'. Ek wil nou nie krap waar dit nie jeuk nie, maar waaraan meet ons nou die sukses van die byeenkoms? Of is die opkoms die sukses? (Twee ouens saag elk 'n plank. Die een ou gaan 'n kas bou, die ander maak saagsels. Wavver een is Angus?) Terloops, op die lamppaal net na die een waarop Rapport se plakkaat '60 000 gebede vir SA' (weet nie waarom 10 000 van die 70 000 nie ook gebid het nie, maar nou ja)pryk, hang daar 'n ander plakkaat, ook van Rapport : '4 Baba's sterf in hospitaal'. En ek dink, "Wow, ten spyte van al die gebede?"
God wil jou ook gebruik!, 20/07/2008, Willem
Mar 9:39-40 stel Jesus dit duidelik dat wie nie vir Hom is, is teen Hom. Daar is 'n herlewing en JA, God gebruik oom Angus Buchan - maar ook baie ander. Hy wil jou ook gebruik - gaan lees en plaas jou getuienis op www.godslink.co.za Jy GAAN 'n verskil maak.
Loftus, 20/07/2008, Hannejie Smit
Dit maak my so opgewonde om te sien die Here het nie van ons klompie hier aan die suidpunt van Afrika vergeet nie! Loof Hom! Dat Hy `n eenvoudige boer gekies het om Sy Woord in SA uit te dra is tipies van ons wonderlike Vader!
Herlewing met Anchus Buchan, 20/07/2008, Petro Hendriks
Die eerste groot 'invasion' wat die duiwel bloedneus geslaan het, was Jesus se geboorte. Die tweede en laaste en grootste is herlewing, soos wat nou in ons land gebeur. Well done Christians! This is all that can change our land because our main problem is not crime but SIN. With God, all is possible! There is nothing too hard for Him!
Buchan, 20/07/2008, PEB
Dit is opmerklik dat daar altyd diegene sal wees om pogings soos die van Buchan te kritiseer. Dit staan enigeen vry om self te probeer vermag wat hierdie mens in sy swakheid probeer doen het. So, julle sal beter voel as niemand enigiets doen nie! Kry n lewe! Miskien moet iemand daaraan dink om n swart prediker te kry wat dieselfde pogings kan aanwend vir die swart mense.. Dis ons LAASTE kans...CHRISTUS vir ALMAL..of ons word seetoe gejaag!
angus, 20/07/2008, marline
Almal moet eet en leef, so moes onse Here Jesus ook eet om te leef. As AB bietjie ekstra geld maak, is dit so sonde!!!! Wie voed hom en sy familie? Of is almal nou weer so suinig dat daar niks vir die werker van die Here gegun word nie?
@Dr Roux, 20/07/2008, Jan
Dr Roux, jy mag dalk 'n doktorsgraad h?maar jy is 'n bleddie idioot, verklap deur jou dom rassistiese uitsprake... Lyk my jou god is ook'n rassis. Die mens skep mos god in sy eie beeld.
Suid Afrika vir Jesus, 20/07/2008, Eve
Danie van London: God is 'n God van seisoene en so gebruik HY mense wat aan HOM gehoorsaam is ook net vir 'n seisoen. As Angus dan net vir 'n seisoen gebruik word en van die prentjie verdwyn, Prys die Here, God het dan Sy doel deur Angus bereik om die 99% wit Suid Afrikaners se harte aan te raak en 'n gehoorsame, biddende, volk op te roep vir geestelike oorlogvoering. Vir die gene wat so krities is, God is die Regter, nie die mens! Al die eer aan Jesus Christus.
Se maar net, 20/07/2008, Yvette Bester
Sou dit nie wonderlik gewees het as ons nie ras ingebring het by so 'n wonderlike byeenkoms nie? Jesus het immers gese dat ons die Here moet liefhe bo alles en ons naaste (nie net ons wit naaste nie maar ALMAL) soos ons self.
God se uitnodiging aan 70 000 mense..., 20/07/2008, Rhenier Labuschagne
Aan Danie en kie. Wat presies wat oom Angus preek is verkeerd? Hy het geen vreemde doktrines wat hy verkondig nie, trouens, hy se dit net soos dit is. Ek en my hele huisgesin was gister daar en dit was fantasties om te sien hoeveel mense hulle harte vir die Here gegee het en in die openbaar onderneem het om God se wil te soek in alles wat hulle doen. Ek dink nie almal besef presies hoe groot wat daar gebeur het is nie. Colin, miskien moet jy eers jou uitlatings los vir die dag wat Angus WEL begin geld eis vir sy optredes. Tot op hede het hy nog niks verkeerd gedoen nie, slegs waarvoor God hom gestuur het. Die artikel self was nie te sleg nie, net die 99% wit stelling wat glad nie waar is nie. Daar was hoofsaaklik Afrikaanse mense, maar hou in gedagte, dis Pretoria en Loftus... Blok HH waar ons gesit het was ongeveer 10% swart, as dit nie meer was nie. Hoe dit ookal sy, hy het in Engels gepreek en tot groot vermaak van die Zulu's voor ons en die Afrikaanse mense in die pawiljoen, sekere kerngedagtes in Zulu en Afrikaans beklemtoon. Kortom, dit was 'n wonderlike dag vir almal wat daar was. God is al 'n hele rukkie lank hard aan die werk in Suid-Afrika en niemand kan hom keer nie! Halleluja prys Sy naam! Aan Dr. Kobus Roux - Mag God die Satan se pogings om die waarheid te verdraai en weer 'n wig tussen wit en swart in te druk BESTRAF! Ek wil afsluit met Oom Angus se woorde: "Don't worry about what goes on in parliament. Get your own house in order first" Soek die Here se wil in jou lewe en DOEN DIT! Jesus is Koning oor ALLES. AMEN!!! AMEN!!! AMEN!!! :)
Gister het mans en vroue, 99% van hulle wit, sy aan sy na hom geluister. , 20/07/2008, Vlak van Wyk
Ek is teleurgesteld dat sy dit so uitdruk van 99% blanke mans en vrouens en wat van die ander rasse in SA, is hulle dan Sondars? en wat sy nie kan verstaan dat baie van ons mense in die gemeenskap het nie toegang gehad tot die verkryging van kaartjies nie. Ons ander mense is ook al moeg vir al die moord, bedrog en korrupsie wat in die land aangaan,en dat die swart vrouens net so sukkel met hulle mans. Baie Dankie
Loftus vir Jesus , 20/07/2008, Leilani
Gister was 'n ondervinding wat 'n mens nie maklik sal vergeet nie. Wel ek weet ek sal nie!! Dit was great om saammet so baie Christene daar te wees vir dieselfde doel, en dit is om God se naam groot te maak! Ek moet ook bylas oor die gedeeltes by die kommentaar, dankie vir die positiewe wat ges?s, vir die negatiewe kommentaar, mense hou op negatiewe kommentaar lewer en die duiwel sterk in sy kwaad, dis van julle wat Angus gepraat het toe hy ges?et party mense is so negatief die duiwel hoef niks eers te doen nie. Angus het soveel passie vir God en ek dink hy is ?n amazing spreker. Hy is ?n instrument wat God gebruik, om Sy woord te verkondig. Angus ek dink dit is amazing hoe God jou gebruik om mense weer nader aan Hom te bring!! ?ALL THE GLORY TO GOD?
Angus slegs instrument in God se plan, 20/07/2008, Jaco Kotze'
Angus Buchan is net 'n instrument in God se plan met ons land en die wat Hom volg! Hy is soos 'n moderne Paulus, voor elke preek gaan Angus op sy kniee en vra die Here dat dit wat hy praat, slegs die Here se wil is. So dit gaan nie oor Angus nie, dit gaan oor die Here ons God!! Paulus se self in die Bybel, dat dit nie hy is nie, maar die Here wat deur hom werk. Presies die selfde met Angus. Die Here het 'n geestelike "revival" begin in ons land, so of jy kom saam, of bly agter en dra die gevolge!! Prys die Here!!
Alles goed en wel...., 20/07/2008, Burger, Switzerland
Dr Kobus Roux, ek skaam my vir mense soos jy. Swart mag? Verwys na God se volk as wit? Mense soos jy is die rede hoekom soveel n werklike probleem met (enige) godsdiens het. n Nasie of land kan nie vorentoe beweeg met mense wat so agteruit dink nie. Angus Buchan doen n wonderlike ding in Suid Afrika wat baie mense inspireer en motiveer, en ek is seker hy sal jou uitlatings ten sterkste vermy en ignoreer. Sterkte met jou opstand teen die swart mag.... letterlik en figuurlik. Mag jy die enigste een wees wat hierdie spesifieke "stryd" veg en mag jy lelik tweede kom.
Missiele uit die put van die hel, 20/07/2008, Peet
Missiele direk uit die put van die hel word sedert gister deur die vyand (satan) en sy engele in SA gevuur maar is so flou en tref slegs enkele ongeredde siele want die herlewing van Jesus is eenvoudig te groot. Daar is nie meer plek in SA vir negatiewe woorde nie, spreek elke keer lewe die oomblik as jy woorde uiter en God SAL ons land herstel en vrede bewerkstellig. Vir die wat dit steeds nie glo nie, daar is miljoene wat vir julle bid en julle opdra sodat julle ook ons ware en lewende God se liefde kan ervaar.
KIES!!, 20/07/2008, Talet
Wat 'n belewenis om saam met soveel Christene te aanbid!! Hoe lieflik moes dit nie vir die Here gewees het om ons mense so te sien nie!! Die intense stilte wat ons op 'n stadium beleef het, het bevestig hoe groot die nood is onder ons mense - jy kon 'n speld hoor val!! Ou Halleluja-liedjies het ons herinner aan ons voorgeslagte - en toe ons nog soos kindertjies geglo het!! Angus Buchan is gehoorsaam aan die Here - Baie dankie, Angus. Die gedagte het by my opgekom terwyl ek na die geweldige skare gekyk het: Besef elke persoon wat hy/sy vir die Here kan doen in gehoorsaamheid? Ons is die stem van God op aarde!! Ek hoop dat almal die pleidooi sal onthou: jy is IN of jy is UIT. Kan jy nog met die gedagte speel? Kom huistoe - waar jy hoort - en, alles wat jy nodige het om suksesvol te wees vir die lewe waarvoor Hy jou oorspronklik gemaak het, is beskikbaar!! Laat God toe om deur jou te praat - ons het gesien wat is die behoefte van ons mense om te hoor - God sal die groei gee. Ons moet hieraan vashou: Wat Hy begin het sal HY self voltooi!!! AMEN!!!
gathering for God at Loftus, 20/07/2008, Lucile Louw
Why must someone always bring 'race' into something good happening!God doesn't see colour - all our blood is RED - why publish 99% was white???? God please forgive them!!!
Jesus vir SWART en WIT!, 20/07/2008, Anita Cronje
Jesus het aan die kruis gesterf vir almal se sondes - swart, wit, pink en pers! Ons Vader tref nie onderskeid in Sy genade.
, 20/07/2008,
Colin, Danie en ander wat SO voel, 20/07/2008, Anita
Mag die Vader julle begenadig en julle oe en harte oopgaan. Ons dra elkeen wat nie in Hom glo, spesiaal op aan ons Vader.
Loftus-AB, 20/07/2008, Lynn
Ek self is bly vir diegene wat op Loftus kon wees. Dit is op slot van sake vir elkeen self om te besluit of dit reg is of nie. Dis in elk geval jou verhouding met God wat saak maak. Moenie oordeel nie, en maak jou eie keuses. Ek dink dit is wonderlik dat iemand 'n nasie so bymekaar bring. Dit is hoogtyd dat ons ophou klippe gooi en diegene ook wat nou vir AB veroordeel. Ek glo nie AB sal geld vra vir sy optredes nie, maar daar is kostes verbonde om te ry en blyplek te kry. As julle wat so oordeel, dit beter kan doen, doen dit dan. Ek glo AB doen lewer 'n goeie diens vir die wat dit nodig het. En glo my, dit bring innerlike sterkte en hoop as jy selfs net kerk toe gaan. Dit is krag vir die week wat voorle. Hou so aan AB, ek glo die Here gebruik jou om mense na Hom te laat luister, aangesien ons nie self na Hom wil luister nie.
Loftus byeenkoms - Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Ilze van der Westhuizen
Ek is opgewonde om te sien wat die Here besig is om in ons land te doen. Dankie Angus dat jy bereid is om 'n instrument in God se hand te wees - net so het elkeen van ons wat se ons is Sy kinders 'n verantwoordelikheid om na te kom. Die uitdaging is net of elkeen van ons bereid is om hierdie opdrag en roeping uit te leef in ons lewe - waar ons ook ook al gaan. Want - is dit nie so dat ek 'n ambassadeur raak vir die Koninkryk vir God as ek die dag tot wedergeboorte kom nie? Mag ons elkeen in die volheid loop wat Hy vir ons beplan het - dan sal ons nie net Suid-Afrika of Afrika vir Sy Koninkryk kan wen nie, maar aan 'n stukkende wereld hoop, liefde en 'n ewige toekoms kan bied deur Sy seun wat vir ons die weg gebaan het om in 'n werklike lewensveranderende en liefdesverhouding met Hom te kan leef!!
Kyk...en sien wat gebeur, 20/07/2008, Francois
Ek kan net s?men op Dr Kobus Roux se kommmentaar "Kyk nou net". Ons Vader roep Sy volk tot inkeer - deur 'n man (deur wie is nie belangrik - dit kon ook klip of esel gewees het). Maar hy roep, en die wie se harte deur Sy stem beweeg word, kom luister. Die boodskap is eenvoudig - keer terug na die God van jul Vaders, weg van die "Nuwe Orde" met sy "sonde is lekker en aanvaarbaar" lering. En wie sit die banke vol om hul Vader se stem te hoor....in 'n land waar wit maar 8% van die koppe is, en daar sogenaamd 80% Christene lewe? Ek reken die regering gaan 'n wet instel wat bepaal dat geen saamtrek van die kinders van Vader kan plaasvind as hul nie bereid is om BEE persentasies te handhaaf nie - elke blanke moet ten minste 9 swartes onder die arm saambring as toegang kaartjies. Solank hul nie met busse aangery word, en gratis kos kan kry, sal hul nie vrywillig kom luister na 'n God wie se Woord vir hul onverstaanbaar is, en sal bly nie.
Trek nader aan die Here!, 20/07/2008, Pierre Hough
MY gebed is dat almal ernstig besin oor hulle lewe, dat Christene sal besef hoe kragtig die Here wil he Sy Woord verkondig moet word, tot aan die uithoeke van die aarde, maar veral aan jou naaste, hier in Suid-Afrika. Ek bid vir herlewing in ons land Suid_Afrika, waar die Heilige Gees mense aangryp, in hulle derduisende. Prys Sy Groot Naam! Sy day kom al nader ...
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Dankbaar
Saam met 1000de ander christene, baie dankbaar vir Oom Angus se gehoorsaamheid en boldness in hierdie eindtye. Oom Angus, is 'n man vir sy tyd, 'n man vir Suid Afrika, vandag! Wat ek gehoor het was: God soek manne en vroue wat heilig en toegewyd lewe, gehoorsaam aan Sy Wil. Hy soek manne en vroue wat die gesins instelling eer, die Woord as allerhoogste gesag aanvaar. Werk maak van afgodery, onsedelikheid en seksuele sonde, trots en hoogmoed, negatiewe spraak (skinder en kwaadpraat)in hulle lewens, wat Jesus toelaat om deur Sy liefde in hulle harte te werk en wat 'n verskil in Jesus se krag en met Sy liefde in geloof daar buite gaan maak. Ek het ook gehoor dat belasting ontduiking sonde is soos diefstal. Dat luiheid sleg is en dat ongeloof die grootsste sonde is. Ek het verder gehoor dat goeie mense nie in die hemel ingaan nie maar gelowiges wel. Dan was dit 'n challenge om te hoor dat dit ons land se laasste kans is. Ek antwoord op hierdie boodskap deur te se: Amen, ek buig my kniee, ek bely voor die Here my sondes en die van my mede gelowiges en ek verootmoedig my voor my God met 'n verwagting en geloof in Sy belofte dat Hy ons land gaan genees! Ek sien ook uit na die nuwe stadiums wat een van die dae vol gaan sit met gelowiges van alle volkere groepe in ons land terwyl ons saam die Here gaan loof en Prys!
Angus Buchan, 20/07/2008, Hansie du Bruyn
Ek is dankbaar dat amper vyf persent van ons blanke volk daar op Loftus saam gestaan het, en ek stem saam dat daar net een leier kan wees vir die blanke volk en dit is 'n Christen Leier wat sy volk soos Moses uit slawerny kan lei.
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Jan Breytenbach
Ek was daar en dit was weereens n wonderlikke ervaring! Die Onsevader gebruik oom Angus om sy woord weer aan ons duidelik te maak en weer op die regte pad te lei. Soos in die Bybel lees ons dat daar altyd negatiewe kometaar oor Jesus se goeie geskyf sal word. Ons moet nie ons self daar aan stuur nie en liewer ons Bybels vat en lees wat die Here vir ons se dan sal ons in ons harte weet dat daar net een weg en pad is, en dit is die pad van die 3 enige God. Wonderlike werk oom Angus! Jy maak ons land weereens warm vir die Here! Sien oom by 2009 MMC
Angus, 20/07/2008, Ben
Ek dink dat Collin se kommentaar lelik is.Ek dink Mnr Angus het goed gedoen in baie mense se lewens dit is God se wil, mense moet nie altyd slegte goed sien nie hy is n boer en vertel vir mense sy ervaringe omdat die Here goed was vir hom.
Angus Buchan, 20/07/2008, Anton van Schalkwyk
Angus is verseker 'n man wat deur God gebruik word en ek ondersteun die werk wat God deur Hom doen in my gebede. Dit is egter belangrik dat ons nie 'n ophef van hom maak nie. Hy is 'n sondaar soos die res van ons, gered uit genade. En vir die bitterbekke wil ek net een ding s?Angus het nog nooit geld gevra nie. Hy is nie soos die Benny Hinns wat wil kyk hoe hulle kan munt slaan uit die armes se bygeloof nie.
Loftus vir Jesus, 20/07/2008, Zelda
Vir al die negatiewe kommentaar, ek bid vir julle dat julle ook ervaar wat ons gister ervaar het. Met my God stap ek my lewe deur. Miskien moet daar minder gesoek word na foute en net geglo word. Ek was daar en Jesus ook
Antwoord op Grahn, 20/07/2008, Johan Jordaan
my liewe broer Grahn Mag die God van hemel en aarde aan jou genade bewys want deur Sy Seun Jesus Christus is Hy ook bittelik lief vir jou. Moenie klippe gooi nie God is in beheer. Ek was daar dit was God se ware evangelie.
verander die w?ld deur by jouself te begin..., 20/07/2008, Mignon Delport - Witbank
Ek wil net s?it was AMAZING!! Ek dink as daar iemand was wat teen sy wil daar was, sou hy daar uitgestap het met 'n glimlag op sy gesig en God in sy hart. Dit was 'Life changing'.Om daar te staan en God se teenwoordigheid so naby te voel, was iets wat niemand kon beskryf nie.Oral waar jy gekyk het was hande in die lug, en ongelooflike harde stemme. As ons daar so tou gestaan het net om in te kom, wel dink net hoe gaan ons tou staan in die Hemel, nie dat dit belangrik is nie,want jy gaan baie geselskap h?.Ek hoop regtig mense se harte is geraak en hoop dat Suid-Afrika tot bekering kom.
Kritiek, 20/07/2008, Soretha
Ek is 'n wit SAner en glo in my hart daar is in teen deel baie swart mense wat eerder hemel toe sal gaan as wit mense omdat ek hier in die buiteland is en sien hoe goddeloos die 'wit mense' is en hoe losbandig hulle leef. Ek se maar net as jy 'n ware Christen is sal jy nie oordeel teenoor wit, bruin, swart of watse nasie dit ook mag wees nie. Ek glo nie die Here het versikillende nasies gemaak net om aan die einde van die wereld net 'wit mense' te red nie. Hier in die buiteland sien ek eerder soveel swart mense wat Kerk toe gaan wat die Here prys in hul alledaagse lewe en wat nader aan die Here leef. Ek is bly vir Angus Buchan wat opstaan in SA en sy hand in die Here se hand sit om hom te lei om mense bymekaar te bring. Al die mense wat so oordeel oor die baie mense wat Angus bymekaar bring, meskien is julle net jaloers omdat julle nie dieselfde geloof kan dien nie of dieselfde wonderlike gevoel in jou hart kry om die Here te kan dien en te weet jy kan enige tyd, enige plek met die Here praat oor enige iets. Ek voel in my hart, soms omdat ons so ver is van familie en vriende, dat die Here die enigste koneksie is vir ons aan iemand wat binne ons harte is. Jy kan self 'n boom 'n drukkie gaan gee of net kyk na die natuur rondom ons, of die geboorte van 'n kind of 'n dier, dan besef jy daar is 'n WARE GOD en HY LEEF!!!!!!!!!
Angus Bucham, 20/07/2008, Ina de Clercq
Prys die Here want Hy is goed aan Sy Liefde is daar geen einde nie. Dankie aan God dat Hy hierdie mense op so baie Suid Afrikaners se pad geplaas het. Die Here Is Groot.
Angus Buchan Loftus, 20/07/2008, Rina
Aan alle mense wat die Christelike byeenkomste kretiseer, net een Vraag: Het jul al na julself gekyk en julself gekretiseer oor jul geloof en wat was die uitkoms. God is goed vir ons, Hy het ons So lief dat Hy sy seun gestuur het om vir ons sondes te sterf? Sou enige van julle een van jul kinders vir ander opgeoffer het? Hou op oordeel, haal eers die balk uit jul oog voor jul die splinter in 'n ander se oog sien. Ek dank God dat Hy ons lief het en Hy altyd daar is vir ons!!!!
verander die w?ld deur by jouself te begin..., 20/07/2008, Mignon Delport - Witbank
Ek wil net s?it was AMAZING!! Ek dink as daar iemand was wat teen sy wil daar was, sou hy daar uitgestap het met 'n glimlag op sy gesig en God in sy hart. Dit was 'Life changing'.Om daar te staan en God se teenwoordigheid so naby te voel, was iets wat niemand kon beskryf nie.Oral waar jy gekyk het was hande in die lug, en ongelooflike harde stemme. As ons daar so tou gestaan het net om in te kom, wel dink net hoe gaan ons tou staan in die Hemel, nie dat dit belangrik is nie,want jy gaan baie geselskap h?.Ek hoop regtig mense se harte is geraak en hoop dat Suid-Afrika tot bekering kom.
Instrument van Christus, 20/07/2008, Attie Lamprecht
Dankie Jesus dat U Angus gebruik om ook die vals profete wat U koningkryk so aanval te ontmasker (baie van hulle doen hulself voor as hoogleeraars in Teologie).
Herlewing, 20/07/2008, Linda Cramer
'Dokter' Kobus Roux moet sy geld gaan terug vra. Hy het beslis die boodskap gemis! Die dag was oor versoening tussen almal - nie net wit mense nie. Daar is baie swart christene en al was hulle nie in groot getalle daar nie, maak dit jou nie beter as hulle nie. As gister se boodskap nie jou oe kon oopmaak nie, is daar min salf aan te smeer en moet jy regtig begin bid daarvoor. So terloops, hoeveel keer was jy al in 'n sogenaamde 'swart kerk'? Linda
Buchan, 20/07/2008, Arthur Kennard
The Afrikaners found a new leader and he preaches God. Thing is he is right and nothing can refute that. Danie from Londen and others like you. We are glad you are not here. Evil has finally devoured itself. The ANC loses voters by the thousands and the Afrikaners are gathering by the thousands. Interesting times lay ahead.
Angus Buchan, 20/07/2008, Nicol
Great! Dankie vir wat jy doen! Vir die vol negatiewe kommentaar, doen ook iets vir Christus op jou "regte" manier dan is daar nog meer mense vir Christus. Rapport - jammer julle sien die velkleur van Gods mense
God ons Redder, 20/07/2008, Sonja
Gister het die Here met almal by Loftus gepraat, tot ons dominee het vandag haar belydenis gedoen voor ons gemeente. Sy het daar nader aan die Here gekom - wys jou net!!!!
Buchan, 20/07/2008, Vincent Kennard
De La Rey, De La Rey sal jy die boere kom lei..... Ironies dat dit n Skot uit Afrika is. Prediker of Aartappel boer, dis genoeg om enige onregverdige korrupte politieke party die jibberies te gee. Afrikaners ek is trots op julle, die volk is nog nie dood nie!
Eksklusief?, 20/07/2008, Danie
Soos reeds gemeld deur ander is daar n paar goed wat krap.Eerstens , hoekom 99% wit? Dan ook die sogenaamde "Mighty Men" byeenkoms van n tydtjie gelede.Hierdie tipe eksklisiwiteit sal nie vlieg in Suid Afrika nie.
A