News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

09/08/2008 20:56  - (SA)  
Minki weier om pad te gee ná gru-moorde
Julian Jansen    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Minki van der Westhuizen, 'n familielid van die vermoorde egpaar, en haar man, Constant Visser, by die gedenkdiens in Kleinmond. (Foto: Nasief Manie)


Kleinmond

Sy is woedend, want dit was geliefde familie wat sy aan die dood moes afstaan, maar Minki van der West-huizen, model en TV-aanbieder, sê sy weier om uit die land pad te gee.

’n Hartseer, maar dapper Van der Westhuizen het gisteroggend in Kleinmond die gedenkdiens van haar oom Schalk (73) en tannie Marie (73) van der Westhuizen bygewoon. Die bejaarde egpaar is Maandag wreed in dié Overbergse kusdorpie vermoor.

“Ek weier om uit ons land pad te gee, die misdadigers moet. Suid-Afrika is ’n stunning land en ek is woedend dat wonderlike mense soos oom Schalk en tannie Marie aan sulke boewery blootgestel moes word.”

Hul lyke is Maandagoggend deur hul buurman, mnr. George Sutter, gevind toe hy wou gaan vasstel hoekom ’n telefoonoproep van hul dogter van Namibië, mev. Elsabé Strauss, nie beantwoord word nie.

Hy het haar pa se bebloede lyk in die spens aangetref en sy vrou, wat die vorige dag haar 73ste verjaardag gevier het, bebloed onder ’n duvet gevind.

Die polisie vermoed die egpaar is Sondagaand al vermoor.

Hul lyke is erg vermink.

Enkele huishoudelike artikels word vermis.

Bronne na aan die ondersoek meen die moordenaar(s) was erg onder die invloed van dwelms.

Enkele sigaretstompies is ook in die huis gevind.

Schalk van der Westhuizen het Marie in Kitwe, Zambië (haar geboorteland), ontmoet en later ’n motorhawe in Riebeek-Kasteel in die Swartland bedryf. In 1962 het hy as elektrisiën en sy as boekhouer op die plaas Die Eike in die Ceresvallei gewerk.

Volgens hul predidant, ds. Schalk van Wyk, het die moord op die egpaar, wat in 1995 hier afgetree het, dié rustige kusdorpie geruk, want hulle was allerweë bekend as twee van die sagste en nederigste mense.

Sutter, ’n afgetrede polisieman, sê die moordtoneel het hom “’n helse skok gegee. Ek is ’n hartlyer en moes doktersbehandeling kry.”

Sedert vroegdag gister het die gemeenskap ruikers by die egpaar se beskeie huis, Negende Laan 51, neergesit.

Mev. Van der Westhuizen was betrokke by gemeente- en welsynswerk. Haar man het houtspeelgoed gemaak.

Hulle word oorleef deur dr. Herman van der Westhuizen (53) van Rosh Pinah (Namibië), mevv. Amanda Ellis (49) van Somerset-Wes, Elsabé Strauss (43) van Karasburg, Namibië, en Maryna van der Westhuizen (48) van Durbanville, en elf kleinkinders.

In sy boodskap het ds. Van Wyk gesê: “Die lyn tussen boosheid en geregtigheid loop nie deur state en politieke partye nie, dit loop deur die hart.

“Ons moet die boosheid oorwin in harte. Ons moenie wraak soek nie.”

Niemand is nog in hegtenis geneem weens die moorde nie.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo