16/08/2008 21:05 - (SA)
Olimpiese sterre trek hul klere uit vir Playboy
Reuters
Vier Duitse vroue wat tans in Beijing aan die Olimpiese Spele deelneem, span nie net hul lywe in om goue medaljes in sport te wen nie.
Romy Tarangul (judo), Petra Niemann (seiljagvaart), Katha-rina Scholz (hokkie) en Nicole Reinhardt (kano) is op verskillende September-voorblaaie van Playboy in Duitsland te sien – in véél minder as hul sportuitrustings.
Die 20-jarige Tarangul sê mans waardeer haar talent in judo nou soveel meer nadat hulle gesien het sy is nié ’n onvroulike, gespierde amasone nie.
Reinhardt, wat afgeneem is met haar bene om ’n roeispaan, vertel én wys in Playboy sy het nié onnatuurlik groot bo-armspiere tydens haar voorbereiding ontwikkel nie. “Ek het nie dik arms nodig nie, dit gaan alles oor tegniek,” sê sy.
Die Duitse uit-gawe van Playboy verskyn vir die eerste keer met vier verskillende voorblaaie, elkeen opgedra aan een van die (kaal) sportsterre.
|