News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

06/09/2008 17:59  - (SA)  
Mark en Loui wil wéér skei

Gavin Prins
Johannesburg
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Mark en Loui Fish in gelukkiger tye.

Dit was glo Mark Fish se wilde partyjies tot in die vroeë oggendure en sy beweerde gekuier saam met vroue wat sy model-vrou, Loui, laat besluit het om hul huwelik van 11 jaar te beëindig.

Die voormalige internasionale sokkerster en sy vrou – ’n voormalige onderkleremodel en tans bestuurder van die musiekgroep Son of a Thousand Blues – staan wéér op skei nadat hul huwelik twee jaar gelede so byna in die skeihof gaan draai het.

Mark (34) het in hofdokumente gesê sy vrou (35) het dikwels met hom gestry en was daarop uit om hom te verkleineer. Hy het haar as bombasties bestempel.

Loui is twee weke gelede deur gewapende rowers in hul spoghuis in die Mooikloof-landgoed in Pretoria oorval en van meer as R1 miljoen se juwele en klere beroof.

Sy wou nie oor die egskeiding praat nie, maar het wel ’n verklaring uitgereik waarin sy gesê het: “Dis ’n hartseerdag as ’n huwelik verbrokkel, veral as kinders betrokke is.” Hulle het twee seuns, Zeke en Luke.

Sy het verder geskryf sy is geskok omdat onwaarhede oor haar in die media gepubliseer is en kán terugkap, maar sy gaan nie tot só ’n vlak daal nie.

’n Vriendin van die egpaar met wie Rapport gepraat het, sê egter Mark bly al twee maande in ’n klein woonstel op die perseel van hul huis in Mooikloof.

Dít het glo hul bure, almal superrykes, al ’n geruime tyd aan die praat.

Die egpaar het kort ná die rooftog na ’n gastehuis elders in Pretoria getrek, blykbaar met Mark in een deel van die gebou en sy vrou en twee kinders in die ander deel.

Die vriendin, wat anoniem wil bly, sê die twee was nog heeltyd baie vriendelik met mekaar.

Daar was selfs sprake dat hulle dinge sou probeer uitwerk, maar dít het glo op ’n dooie punt uitgeloop.

“Mark se dronkpartytjies het te veel geword vir sy vrou. Hy sê nie eens vir haar hy gaan laat kuier nie. En dan strompel hy soggens by die huis in. Soms bly hy twee dae weg,” sê die vriendin.

“Om nie eens van sy rits vriendinne te praat nie. Loui het genoeg gehad.”

Nóg Mark nóg Loui het teen gistermiddag op dié bewerings kommentaar gelewer.

Twee jaar gelede, toe die paartjie nog in Londen gewoon het, het Mark sy vrou om ’n egskeiding gedagvaar. Maar een aand, terwyl hulle in aparte kamers geslaap het, is hulle deur rowers oorval.

Dié voorval het hulle blykbaar laat versoen en hulle het besluit om terug te trek Suid-Afrika toe.

Van versoening is daar egter nou geen sprake nie.

Mark is die naweek in Sun City met die kinders.

Loui is Vrydagmiddag in Pretoria opgemerk waar sy saam met vriende, onder wie die rugbyspeler Pedrie Wannenburg, in ’n restaurant geëet het.

Loui het gister ’n nuwe huis vir haar en haar seuns gesoek.

Mark en Loui is verlede jaar deur die tydskrif You as paartjie van die jaar aangewys.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo