News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

04/10/2008 18:50  - (SA)  
Kate Moss in goud verewig
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend


KARIN BURGER
Kaapstad

Sy is een van dié supermodelle van die wêreld – en superomstrede.

En daarby is Kate Moss letterlik haar gewig in goud werd.

Op 34-jarige ouderdom is sy al ’n hele 20 jaar in die bedryf. Deur die jare was sy nie net die inspirasie van mode-ontwerpers nie, maar ook die muse wat van die wêreld se voorste kunstenaars hul beitels en verfkwaste laat uithaal het.

Die jongste afbeelding van Moss deur Marc Quinn is ’n lewensgrootte-beeld van suiwer goud – gevleg soos ’n koeksister in ’n moeilike joga-posisie.

Dit bestaan net uit ’n dop en weeg sowat 50 kg – straks ietwat meer as die model se liggaamsgewig.

Die beeld, getiteld Siren, se waarde word op meer as R22,5 miljoen (?1,5 miljoen) geskat.

Dit is die afgelope Donderdag in die British Museum in Londen onthul en sal tot Januarie uitgestal word.

Moss het as ’n tengerige 14-jarige haar model-debuut in Calvin Klein-jeans gemaak en word as die koningin van die wêreld se loopplanke beskou.

Sy het al op meer as 300 tydskrifvoorblaaie verskyn en is naas Gisele Bündchen die bes betaalde model in die wêreld. Sy verdien jaarliks tussen $5 en $10 miljoen.

Onder die ander top- kontemporêre kunstenaars wat al afbeeldings van haar gemaak het, is Lucian Freud, Banksy, Chuck Close, Alex Katz, Gary Hume en Stella Vine. Freud se naakstudie van haar is in 2005 vir bykans R60 miljoen (?3,9 miljoen) verkoop.

Quinn se beeld is uitsonderlik omdat dit glo die grootste goue beeld sedert die antieke Egiptiese tyd is. Die kunswerk van 18 karaat goud is deel van ’n hele reeks wat Quinn oor die model maak. Sy 2006-kunswerk Sphinx beeld Moss ook in ’n joga-posisie uit.

Volgens Quinn is die supermodel ’n “kulturele hallusinasie wat ons almal geskep het”.

“Die kunswerk is oor die abstrakte wat ons lewe regeer – die verlange na geld, onverganklikheid en skoonheid.”

James Fox, mede-kurator van die uitstalling in die museum, sê die tydsgees wat Kate Moss uitstraal, fassineer kunstenaars.

“Quinn kry dit reg om haar kultusstatus in ’n beeld van soliede goud voor te stel,” sê Fox.

Moss het einde 2005 weke lank feitlik daagliks wêreldnuus gemaak.

Die Britse poniekoerant die Daily Mirror het foto’s van haar gepubliseer waar sy kokaïen snuif en sewe groot handelsname het haar toe soos ’n warm patat gelos.

Waar sy eers 18 kontrakte gehad het, het net 11 teen die einde van 2007 oorgebly. Sy het ’n ruk lank uit Brittanje gevlug om die kollig te vermy.

Ook haar aan-en-af-verhouding met die sanger Pete Doherty, wat meer in rehabilitasiesentrums as op verhoë was, het haar beeld verder geskaad.

Moss het egter teruggeveg en vroeër vanjaar is sy as die gesig van Donna Karan, Yves Saint Laurent én Roberto Cavalli aangewys.

Bronne: independent.co. uk; wikipedia.org; hollyscoop. com; dailymail.co.uk



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo