News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

04/10/2008 19:58  - (SA)  
Steve ly aan geheue verlies - eks-minnares
    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Janine van der Vyver. Sy sê die waarheid oor haar en Steve Hofmeyr sal nog uitkom in 'n hofsaak wat tans hangend is tussen die twee.


Gavin Prins
Johannesburg

Hy ly aan ernstige geheueverlies, het Steve Hofmeyr se voormalige minnares, Janine van der Vyver, gister gesê in reaksie op bewerings wat die sanger in sy boek Mense van my asem oor haar maak.

In sy “strafhoofstuk”, soos hy die hoofstuk oor Janine noem, sê hy “wat eintlik in 1997 tussen ons gebeur het, was seks. Een keer. Nie enige seks nie. Konsensuele seks.”

Rapport is een van drie koerante wat dié boek die afgelope week onder oë gekry het. Hy skryf benewens sy verhoudings met vroue ook oor sy verhouding met sy voormalige bestuurder, Louis van Wyk, sy huwelik en godsdiens.

Die res van die boek is meestal uittreksels uit sy Spoegblok op sy webwerf wat hy vroeër vanjaar “op advies van sy prokureur” toegemaak het.

In teenstelling met wat in die vermaaklikheidsbedryf gegis word, ontken hy dat hy ’n seksuele verhouding met die Hollywood-aktrise Charlize Theron gehad het toe sy nog betreklik onbekend was.

Vir Van Wyk se gewroeg toe hy destyds van verkragting aangekla is, het die sanger min simpatie.

Hy skryf die verskil tussen hom en die musiekpromotor is consent (toestemming).

“Ek het twee jaar lank, nadat Louis skuldig bevind is aan verkragting, steeds by hom gebly . . . Uiteindelik het ek Louis gelos omdat ek hom nie meer geglo het nie. Drie van my vriendinne het na vore gekom met soortgelyke stories (van seksuele teistering),” skryf hy.

Van Wyk is dit met Janine eens dat die sanger nie heeltemal eerlik is oor sy lewe nie.

“Ons waarhede verskil duidelik hemelsbreed,” het hy gister gesê.

“Dit is vir my betreurenswaardig dat hy sulke uitlatings maak. Duidelik het hy nog nooit in die klas opgelet nie. Hy het baie gerieflik versuim om te noem dat ek die verkragtingsaak op appèl gewen het.

“Baie mense sal met my saamstem dat twee wêrelde hier te bespeur is: een waarin Steve Hofmeyr hom tuisgemaak het en een waarin die res van ons moet leef,” sê Van Wyk, wat ook onlangs ’n boek, So jy dink jy wil ’n ster wees – die waarheid en ander liegstories, die lig laat sien het.

Oor sy sagte plek vir die skoner geslag skryf Hofmeyr:

“Ek het beskuldigings dat ek ’n vrouejagter is nooit rêrig aanvaar of ernstig opgeneem nie. In die groter patriargale bestel gee die piere-waaiers wat score slegs jaloerse mans aanstoot.”

Omdat Janine tans in ’n hofgeding met Steve gewikkel is, het sy haar op advies van haar regsverteenwoordiger, me. Annelien Snijmann, van kommentaar weerhou.

Sy dagvaar Steve omdat sy sê hy het sekere beloftes wat hy tydens hul 10 jaar lange verhouding aan haar gedoen het nie nagekom nie.

Maar Steve is besonder positief oor dié hofsaak. Hy skryf: “Vir haar hofsaak om te slaag moet sy die idee kan verkoop dat ons in ’n baie ernstige verhouding betrokke was, met wonderlike vooruitsigte en beloftes.”

Janine sê: “Dis arrogant hoe sy weergawe van ons verhouding sedert Februarie vanjaar tot nou só kon verander het.

“Verder kan ek niks sê nie behalwe dat daar ’n hofgeding voorlê waarin die volle waarheid deur genoegsame bewyse sal seëvier.”

Van die komiese dele in die boek is onder meer hoe die sangeres Amor Vittone en Christel Smith, Steve se eks-meisie en eertydse Egoli aktrise, by hom gespog het oor hul borsvergrotings.

Mense van my asem word deur Zebra Press uitgegee en is eerskomende Saterdag in winkels beskikbaar teen R189,95.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo