| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Boer opgesluit wat rondloper-leeu skiet Willem Pelser
Gravelotte ’n Bekende wildboer van Limpopo is ’n nag saam met geharde misdadigers in vuil polisieselle aangehou – omdat hy ’n rondloper-leeu geskiet het wat ’n bedreiging vir sy plaaswerkers en sy peperduur wild was. Boonop het die polisie van Gravelotte mnr. Chris Naudé (53) se hande die volgende dag geboei en hom hardhandig agter in ’n polisiebakkie geboender. Daar is toe teen meer as 150 km/h met hom na die hof in Phalaborwa gejaag. Familielede van Naudé het agter die polisievoertuig aangery. Hulle sê hulle kon nie byhou nie omdat hul voertuig nie vinniger as 150 km/h kon ry nie. Ná ure by die hof is Naudé aangekla van jag sonder ’n permit en op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy sê dit was ’n erge vernedering. “Ek is nie ’n skelm nie, almal ken my. Ek is baie onregverdig behandel.” Die dag van die skietery het hy en van sy plaaswerkers laatmiddag tydens ’n roetine-patrollie op die leeu afgekom. Dit was op ’n deel van die plaas waar swartwitpense en bastergemsbokke onder meer gehou word. “Toe ek die leeu van ver af in die lang gras sien lê, het ek eers gedink dis ’n rooibok – hier is glad nie leeus op enige van die plase nie,” sê Naudé. Die leeu het begin hardloop toe die bakkie nader kom. Naudé het die leeu twee keer met ’n .223-jaggeweer in die lyf geskiet en toe in die kop. Die volgende dag het hy die voorval by die departement van natuurbewaring aangemeld. Mense van die omgewing het hom probeer ompraat om stil te bly om onnodige moeilikheid te vermy. Naudé weet glad nie waar die leeu vandaan gekom het nie. Hy sê die afgelope 20 jaar het hy nie eens ’n “voëltjie geskiet” nie. Hy hou nie van jag nie en dis vir hom erg dat hy nou van jag sonder ’n permit aangekla word. Die hofverrigtinge is uitgestel tot 19 November. Supt. Ronél Otto van die provinsiale polisiehoofkantoor in Polokwane het Vrydag gesê die saak gaan deur die hoofkantoor ondersoek word.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|