| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Salueer kapt. Angel, 1ste vrou in beheer van vragskip Gerhard de Bruin
Durban ’n Jong Durbanse vrou gaan in die komende week die heel eerste vrou in Suid-Afrika wees wat as die kaptein beheer oorneem van ’n reuse-vragskip. Kapt. Louise Angel (29) van die Durbanse woonbuurt Gillitts is aangestel as bevelvoerder van die Safmarine Ngami, een van sewe nuwe vragskepe wat Safmarine vanjaar aangekoop het. Die Safmarine Ngami het ’n tonnemaat van sowat 34 000. Dit het ’n bemanning van 30 en kan tot 2 400 skeepshouers op ’n slag verskeep. “Ek het van kleins af in skepe belang gestel,” sê Angel. Dit was nog altyd my droom om in beheer van ’n groot skip te wees.” Sy sê dit het harde werk geverg in ’n veld wat deur mans oorheers word. “Ná matriek in 1996 het ek as ’n seekadet by Portnet in Durban aangesluit en in 1998 op my eerste skip, die Safmarine Nomzi, begin werk. Dinge was nie altyd maklik nie. Niemand kry jou jammer omdat jy ’n vrou is nie,” sê sy. Angel het in 2005 op 26 jaar die rang van eerste offisier verwerf. Sy is in dieselfde jaar getroud met kapt. Michael Knoechl, ook ’n skeepskaptein. Hulle beplan om binnekort met ’n gesin te begin. Albei is vir sowat vier maande op ’n keer op hul verskillende skepe weg van die huis. “Ons sal maar wel ’n plan maak,” sê sy. • Me. Debbie Owen, woordvoerder van Safmarine, sê Angel se aanstelling as skeepskaptein nog voor haar 30ste verjaardag is ’n besondere prestasie. Nog ’n vrou van Safmarine, me. Antoinette Keller, het ’n paar jaar gelede ook as ’n skeepskaptein gekwalifiseer. Sy het egter daarna verkies om aan wal te werk.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|