News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/10/2008 20:27  - (SA)  
Al hoe meer diere bedreig
Erna van Wyk    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Een uit elke vier soogdierspesies loop die gevaar om vir ewig te verdwyn.

Die Wêreldbewaringsunie (IUCN) se jongste lys van bedreigde spesies dui daarop dat 1 141 van die 5 487 soogdierspesies op die aarde na aan uitwissing is.

Die situasie kan egter veel erger wees omdat onvoldoende data oor 836 van die soogdierspesies bestaan.

“Die persentasie soogdiere wat bedreig word, kan selfs hoër as 36% wees,” sê mnr. Jan Schipper, ’n wetenskaplike by Conservation International.

’n Studie deur byna 2 000 wetenskaplikes van 130 lande toon dat 188 soogdiere ernstig bedreig word. Sommige van die 450 soogdiere wat nou in die kategorie vir bedreigde spesies val, was nie voorheen in gevaar nie. Dit sluit onder meer die Tasmaniese duiwel in waarvan 60% in die afgelope tien jaar uitgesterf het.

“In ons leeftyd kan honderde spesies verdwyn as gevolg van die mens en dit wat ons aan die ekosisteem doen,” sê me. Julia Marton-Lefévre, direkteur van die IUCN.

Meer as ’n kwart van die soogdiere wêreldwyd word bedreig deur ’n verlies aan en die agteruitgang van hul habitat. Dit gebeur veral in Asië, Afrika en Suid-Amerika, waar die natuur plek moet maak vir ontwikkeling.

Daar is egter nie nét slegte nuus nie. Die Afrika-olifant is deesdae nie meer bedreig nie, hoofsaaklik omdat sy getalle in Suider-Afrika die hoogte ingeskiet het.

Die jongste IUCN-rooidatalys vir álle spesies dui egter daarop dat meer as 16 000 spesies nou bedreig word, waarvan meer as 3 000 in die kritieke kategorie val.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo