| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Lekkergoed op grafte nadat pa kinders skiet Estelle Ellis
Kaapstad Vandag, op klein Antoinette van der Westhuizen se vierde verjaardag, sal haar ma twee suigstokkies op haar graf gaan neersit – een vir elke hand. Haar boetie, Marius, sal ’n karamel-sjokolade kry waarop “Ek is lief vir jou” staan en haar sussie, Bianca, ’n Kit-Kat. “Ek gee altyd vir almal hul geliefkoosde lekkers, maak nie saak wie verjaar nie. As jy vir die een wil gee, wil die ander ook mos hê,” het mev. Charlotte van der Westhuizen (37) die afgelope week aan Rapport gesê. Haar drie kinders is op 28 Julie 2006 deur haar man, Marius, die waarnemende stasiekommissaris by die Claremont-polisiekantoor in Kaapstad in hul bedjies doodgeskiet. Bianca was 16 toe sy dood is, haar boetie, Marius, 6 en haar sussie, Antoinette, 21 maande. Charlotte het die afgelope week vir die staat teen haar man getuig. Marius het voor regter Willem Louw erken hy het die kinders geskiet, maar aangevoer dat hy weens erge depressie en post-traumatiese stresversteuring nie ten volle strafregtelik verantwoordelik gehou kan word vir wat gebeur het nie. Hy kan nie onthou wat die nag gebeur het nie en het bitterlik gehuil terwyl sy vrou getuig het oor die gebeure. Charlotte het egter getuig sy glo Marius het die kinders geskiet om haar te straf. Die hof het gehoor die twee het ’n stormagtige verhouding gehad met konflik wat gereeld van albei kante af gestook is. Charlotte het in trane verduidelik dat Marius haar sowat drie maande voor die kinders se dood in ’n hartroerende brief wat hy voor in ’n boek geskryf het, belowe het om vir haar en die kinders ’n veilige hawe te wees. “Ek het nooit bedoel om jou seer te maak nie,” lui die brief. “Ek het berou oor my gedrag. Jou man moet jou veilige skuiling en beskermheer wees. Dit is wat ek van nou af gaan wees tot in alle ewigheid.” Sy sê niks wat in die hof gebeur kan haar kinders terugbring nie. “Maar ek weet die kinders het hom vergewe. “Ek sal nooit ophou om vir hom te bid nie. In hierdie hof sal hy moet pa staan vir wat hy gedoen het. Hy wou my straf. Dit was uit en uit die rede. Hulle het hom net liefgehad. “As hy my soveel gehaat het, moes hy my geskei het of my geskiet het. “Ek wil hê hy moet lewenslank tronk toe gaan, want hy het my lewenslank gestraf. Hy het besluit om my lewend te los. Ek dra daardie gevolge 24 uur van elke dag.”
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|