News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/10/2008 20:27  - (SA)  
Tekort van 15 000 onderwysers staar SA in gesig
Carien Kruger    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Me. Naledi Pandor. (Foto: Nasief Manie)


Pretoria

’n Oorkoepelende aksieplan is nodig om die onderwysberoep te red.

Só sê die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) in sy oorsig oor Suid-Afrika se onderwysbeleid.

Die organisasie het die oorsig op versoek van me. Naledi Pandor, minister van onderwys, gedoen en het benewens onderhoude ook bestaande dokumente en navorsingsverslae ge- bruik.

Hiervolgens is twee derdes van onderwysers tussen 35 en 50 jaar oud en die meeste van hulle is dus in die apartheidsjare opgelei.

Onderwys as ’n beroep het ’n lae status; onderwysers se indiensopleiding berei hulle nie altyd goed genoeg voor nie; en onderwysers voel so oorlaai deur papierwerk en regulasies dat hulle “aan die einde van hul kragte” is.

Sommige onderwysers wat hulself beskou het as stryders teen die apartheidstelsel voel nou ontnugter en vervreemd.

Die OESO verwys na die RGN se 2005-verslag waarluidens 55% van onderwysers die beroep sou verlaat het as hulle kon.

Hul redes is stres weens die werklading, klein salarisse, gebrek aan leerling-dissipline in skole en gebrek aan beroepsvordering.

Die nasionale gemiddelde verhouding van leerlinge tot onderwyser is 33:1, wat darem al beter is as die 35:1 van 2004.

Sowat 5% tot 6% van onderwysers verlaat jaarliks die beroep en die nasionale departement verwag om teen einde vanjaar ’n tekort van 15 000 onderwysers te hê.

’n Studie in 2005 het getoon minder as twee derdes van pas gekwalifiseerde onderwysers in KwaZulu-Natal het beplan om in Suid-Afrika skool te hou indien hulle wel enigsins beplan het om skool te hou.

In die tien jaar ná 1996 was onderwysers se reële, inflasie-aangepaste salarisverhogings gemiddeld 0,5%. Onderwysers se betaling het dus net effens meer as hul lewenskoste gestyg.

Die OESO verwys na toenemende kommer oor die afbrekende subkultuur wat inbreuk maak op die skoollewe, soos vandalisme, geweld deur leerlinge, intimidasie en verkragting, wat soms aangevuur word deur dwelmgebruik.

Dis blykbaar veral jong onderwysers wat die beroep verlaat omdat die oueres aan hul pensioen moet dink.

’n Jong Afrikaans-onderwyseres met ’n honneursgraad het aan Rapport gesê sy het vier jaar lank aan ’n parallelme?diumskool klasgegee, maar die kinders se swak gedrag en gebrek aan respek het haar ondergekry.

“Ek het myself begin verloor. Jy moet óf toelaat dat die kinders oor jou loop óf jy moet ’n monster word.”

Sy werk nou as vertaler vir effens meer geld, maar met baie minder stres.

“ ’n Onderwyser se werk is mos nooit klaar nie,” sê sy oor die lang ure wat sy voorheen moes werk.

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het die afgelope week gesê hy ontvang steeds klagtes oor die werklading van veral gr. 10- tot 12-taalonderwysers.

Maar ’n 41-jarige Engels-onderwyseres aan ’n vooraanstaande Afrikaanse skool sê sy blý in die beroep danksy haar dinamiese skool, haar hoof met sterk leierseienskappe en die veilige skoolomgewing.

“Die gevare by skole waarvan ek in die koerante lees, ervaar ek glad nie in my skool nie.”

Ja, die werklading is kwaai, erken sy, maar met twee kinders van haar eie wat smiddae rondgery moet word, pas buigsame ure haar. Dit help ook baie dat sy in ’n beheerliggaampos is en dus minder administratiewe werk het.

’n Ander onderwyser vertel sy het ’n vooraanstaande Afrikaanse openbare skool vir ’n onafhanklike skool verruil – nie vir meer geld nie, maar vir kleiner klasse en minder merkwerk.

Die OESO-span sê hy het tydens besoeke skole gesien wat met die bestes in ander lande vergelyk, maar hulle was ook by ’n modderhut met geen water, sanitasie of elektrisiteit nie.

“Vir die stil, terughoudende onderwysers wat hul bes doen in so ’n situasie, sal die diskoers oor die norme en standaarde vir opvoeders geen of min betekenis hê nie,” lui die verslag.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo