| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Prokureur 15 jaar tronk toe oor R27 miljoen Sonja Carstens
Pretoria ’n Prokureur is tronk toe nadat hy in ’n tydperk van ses jaar byna R27 miljoen by sy werkgewer gesteel en die geld verkwis het om vir sy luukse leefwyse te betaal. Meer as R18 miljoen van dié geld is deur André Croukamp (42) in ander mense se bankrekenings oorbetaal of as geskenke uitgedeel. Die nasionale vervolgingsgesag se batebeslagleggingseenheid is nog besig met ’n ondersoek na wat van die bates geword het. Van Croukamp se vriende, vriendinne en familielede se bates is ook bevries hangende die ondersoek. Croukamp, ’n gewese direkteur van Findlay & Niemeyer Prokureurs, het die geld glo onder meer gebruik om in ’n private straler te reis en in vyfsterhotelle te oornag. “Ek het dit uitgep**,” was sy antwoord toe hy gevra is wat van die geld geword het. Croukamp, die pa van ’n driejarige seuntjie, is in die Pretoriase handelshof ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat gevonnis tot 47 jaar tronkstraf, waarvan hy effektief 15 jaar moet uitdien. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit. Die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies het reeds ’n aansoek by die Pretoriase hooggeregshof ingedien om Croukamp van die rol te laat skrap. Die aansoek is nog nie aangehoor nie. Nedbank se afdeling vir huislenings het Croukamp aangestel om uitstaande skuld by huiseienaars in te vorder. Dit moet gedoen word deur huisverbande op te roep en die oordrag van die eiendomme te behartig. Nedbank het geld aan Findlay & Niemeyer Prokureurs oorbetaal vir uitstaande eiendomsbelasting wat betaal moes word voordat die oordrag kon plaasvind. Croukamp het egter die geld met medewerkers se hulp aan 452 sogenaamde “begunstigdes” uit sy firma se trustrekening uitbetaal. Hy het nie die geld wat hy ontvang het van die balju, wat die eiendomme op ’n veiling verkoop het, aan Nedbank oorbetaal nie. Die “begunstigdes” het van die geld wat aan hulle uitbetaal is, weer aan Croukamp terugbetaal. Croukamp moes in 2005 vir Nedbank die oordrag van 5 325 laekostehuise behartig. Individue het hom opdrag gegee om sekere regswerk te doen. Croukamp het uitbetalings aan hulle gemaak uit die firma se trustrekening sonder dat enige werk gedoen is. Croukamp het tjeks by die firma aangevra vir die betaling van inkomsteseëls, maar ook van dié geld tussen hom en sy medewerkers verdeel. Hy is skuldig bevind op 935 aanklagte van bedrog, geldwassery, diefstal en korrupsie.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|