| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Rugbyspan blom eers in pienk, nou dra hulle vrou op bors Pieter Malan
Londen Suid-Afrika het die Wêreldbeker, die All Blacks die haka en die Engelse ’n beseerde losskakel (Jonny Wilkenson). Dan is daar die Franse flair. Maar die rugbyklub Stade Fran?s is die laaste jare besig om dié Franse flair tot die uiterste te dryf. Eers was dié klub – wat Nick Mallett van 2002 tot 2004 baie suksesvol afgerig het – straks die eerste wat ooit in pienk truie uitgedraf het. En nou is dié trui-ontwerp nog meer bisar. Een van die drie verskillende truie wat die voormalige Cheetah-skrumskakel Noel Oelschig dié seisoen vir Stade Fran?s oor die kop sal trek, het portrette van Blanche van Castile, vrou van die koning Louis XIII, op die bors. Die Franse onthou Blanche, wat in 1252 dood is, as ’n beeldskone en dapper vrou wat bereid was om die Engelse amper eiehandig te takel. Sommige meen die nuwe Andy Warhol-geïnspireerde truie is ’n wonderlike voorbeeld van Franse flair. Ander meen dis ’n teken dat die Paryse klub se onortodokse eienaar-president sy varkies beslis verloor het. Sedert Max Guazzini die klub in 1992 oorgeneem het, het die span in vreemde uitrustings op die veld verskyn. Drie jaar gelede was die spelers waarskynlik die eerste rugbyklub ter wêreld wat in pienk gespeel het. Die vorige seisoen se truie was bruin-en-donkerblou met pienk lelies. Die tradisionaliste – veral die Franse omies op die suidwestelike platteland – het vreeslik gemor oor die spektakel van rugbyspelers wat in pienk op die veld rondtrippel. Maar Guazzini het hom nie daaraan gesteur nie. Dit was vir hom belangriker dat Paryse rugbyondersteuners mal was daaroor. In die 2005-’06-seisoen het die klub 20 000 van die pienk replika-truie verkoop. Deesdae moet hulle gereeld die groter Parc des Princes of Stade de France vir hul tuiswedstryde huur omdat hul tuisveld, Stade Jean-Bouin, wat net vir 12 000 toeskouers sitplek het, te klein is vir die pienk menigte. G’n wonder nie, want kaartjies vir wedstryde word sommer in Paryse supermarkte verkoop. Guazzini se mees gewaagde bemarkingstruuk was egter sy kalender met halfkaal rugbyspelers getiteld Dieux du Stade (Gode van die Stadion), wat in 2001 vir die eerste keer verskyn het. Die kalender het sedertdien al hoe meer gewaag geword en is veral ’n groot treffer by Parys se gay gemeenskap. • ’n Mens wonder hoe Bakkies Botha in so ’n veelkleurige pienk nommertjie sal lyk. Wat van een met Racheltjie de Beer op die bors? Of is die gifmoordenares Daisy de Melcker ’n beter simbool van die killer-instink wat ons by ons rugbyspelers wil kweek?
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|