| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Bure vind liefde aanlyn ananova.com
’n Onderwyseres van Cardiff in Wallis het op ’n webwerf liefde gesoek – en haar toekomstige man in dieselfde straat as sy gevind. Julie McIlry (46) het na duisende foto’s van hubare mans gekyk voordat sy op Allan Donnelly (53) besluit het. Sy was stomgeslaan toe sy later besef hulle woon net ’n paar huise van mekaar af in dieselfde buurt. “Hy het baie gaaf gelyk, toe stuur ek vir hom ’n boodskap, waarop hy dadelik gereageer het,” sê dié geskeide ma van drie. “Ons het per e-pos begin kommunikeer en dis tóé dat ek hoor hy woon ook in Cardiff. “Nóg later het ons agtergekom ons woon albei in die Rhiwbinagebied,” sê McIlry. Twee weke later, toe hulle vir die eerste keer oor die telefoon gesels het, het hulle met ’n skok besef hulle is so te sê bure. Hoewel hulle mekaar al op ’n afstand gesien het, het hulle mekaar nog nooit ontmoet nie. “Dit wys net ’n mens weet nooit waar jy liefde gaan vind nie,” sê sy. Die twee het begin uitgaan en met vakansie Thailand toe gegaan, waarna Donnelly, ’n elektrisiën wat ook geskei is, die groot vraag gevra het. “Ons pas perfek bymekaar,” sê hy.
|
||||||||||||||||
![]() |
||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|