News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans
Charlize help VN
Charlize Theron is deur die Verenigde Nasies (VN) aangestel as vredesambassadeur.
Mej SA nou modeskouspel
Die nuwe formaat Mej SA-kompetisie beloof 'n modeskouspel soos Suid-Afrika nog nie gesien het nie.
  Soek Webwerf Argiewe Web  
Voorblad
Meer Nuus
Suid-Afrika
Sport
Sake
Wêreld
In Diepte
Kommentaar/Opinie
Hoofartikels
Rubrieke
Briewe
Invoegsels
Tydskrif
Motors
Reis
Streeknuus
Leef in Gauteng
Kaap-Rapport
Multimedia
Fotogalerye
Blogs
Redaksieblogs
Leserblogs
Allerlei
Lotto
Nuusbriewe
Gewildste Stories
Promosies
Loopbane24
Staatsdiensnuus
EPWP
Stalmaats
City Press
Sondag
Weer
min maks
Bfn  14°C  30°C
Kpstd  16°C  20°C
Dbn  21°C  29°C
Jhb  14°C  22°C
Meer oor Rapport
Wie is ons
Argiewe
Bestel foto's
Kontak
Redakteur
Web-redakteur
Nuusredakteur
Brieweredakteur
Ombudsman
Stuur jou video
Adverteer
Advertensiebestuurder
Nog Kontaknommers
Rapport-tariewe
Rapport.co.za-tariewe
Aflewerings
Teken in
Klagtes

11/10/2008 20:27  - (SA)  
Albert is g’n skaap-tjop, maar pure olifant
Dawie van Heerden    

  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend
Albert en Themba wandel in die veld. (Foto: verskaf)


Port Elizabeth

’n Uitsonderlike vriendskap het die afgelope ses maande by ’n wêreldbekende Oos-Kaapse wildreservaat ontwikkel tussen ’n uitgegroeide skaap en ’n wees-baba-olifantbulletjie.

Só geheg is Themba die olifant en Albert die skaap aan mekaar dat hulle dag en nag in mekaar se geselskap deurbring. “Albert dink hy is ’n olifant. Hy doen alles wat Themba doen. Hy verorber byna alles wat die olifantjie eet, het lief geraak om in grond te rol en hou daarvan om in bosse rond te loop. Aan ander skape steur hy hom glad nie,” sê me. Lyndal Davies van die Shamwari-wildreservaat naby Paterson.

“Ons moes ons voet dwars sit toe Albert saam met Themba melk wou drink. Ons veearts sê dit sal sy dood beteken.”

Die enigste ding wat Albert nie saam met Themba wil doen nie, is om in water te speel, sê Davies.

Themba is sowat ses maande gelede na Shamwari se dierehospitaal gebring nadat sy ma in die Sanbona-wildreservaat in die Wes-Kaap dood is toe sy van ’n krans afgeval het. Die wesie is ’n ruk lank gemonitor om te kyk of iemand van sy ma se trop hom sou aanneem.

“Niemand het in Themba belang gestel nie en ons moes besluit of ons hom ’n wrede dood gaan laat sterf en of ons hom gaan probeer red.”

Dis hoe hy toe in ’n slegte toestand by Shamwari beland het. Dr. Johan Joubert, veearts van Shamwari, sê hulle het besluit om vir Themba ’n maat te kry omdat olifante tropdiere is en geselskap soek.

“ ’n Boer van die omgewing het Albert aan ons geskenk. Met hul eerste paar ontmoetings het Themba slurp omhoog ’n dreigende houding teenoor Albert aangeneem en die skaap het padgegee.”

Maar toe maak hulle vrede en nou is hulle onafskeidbaar. “Gelukkig dink Albert hy is ’n olifant en dink Themba nie hy is ’n skaap nie.”

Themba gaan oor sowat twee jaar weer aan ’n trop wilde olifante voorgestel word terwyl Albert sal aanbly om siek diere by te staan.

Iemand sal Albert dan net moet oortuig hy is nie ’n olifant nie.

• ’n Dokumentêre program oor die twee se vriendskap word Donderdag en Vrydag op die DStv-kanaal Animal Planet uitgesaai.



Kry Rapport op jou Facebook-profiel

Kliek hier vir groot afslag as jy inteken op Rapport!


    Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis-Lenings
Wen tot R1000 verniet
Motor- & huisversekering
Werkgeleenthede
Afrikaanse boeke
Rapport-foto's
    Stem
Wie is, volgens jou, mees "presidensieel"?
Mnr. Zuma
Mnr. Lekota
Pres. Motlanthe

Resultate
Vorige Resultate
    Vind ou vriende
Kies jou skool se provinsie
en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP







Terug na bo