| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Die vere maak die onnie Anri Cronjé, René-Jean van den Berg & Carien Kruger
Kaapstad, Johannesburg en Pretoria ’n Juffrou met sexy klere is uit, maar o wee, asseblief tog ook net nie ’n vervelige of slordige onderwyser nie. Só sê leerlinge oor hoe onderwysers behoort te lyk om hul respek en aandag te kry. Rapport het ’n blitsopname onder onderwysers en gr. 10- en 11-leerlinge gedoen nadat die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) skole verlede week gevra het om riglyne vir onderwysers se kleredrag op te stel. Dit is gedoen nadat die nasionale onderwysdepartement blykbaar klagtes ontvang het en min. Naledi Pandor die kwessie na die Saro verwys het. Die raad het egter besluit daar is soveel verskillende kulturele, klimaats- en kostefaktore dat hy onderwysers net vra om professioneel te lyk en die besonderhede aan skole oorlaat. Vir die doel van die ondersoek het Rapport ’n model, Mariska du Plessis, in vyf verskillende uitrustings afgeneem en leerlinge en onderwysers by ’n paar skole gevra watter voorkoms hulle verkies. Die modieuse juffrou was die meeste se gunsteling. ’n Paar van die onderwysers was wel effens bekommerd dat die halslyn te laag is en het gemeen ’n baadjie daarby sou dalk meer gepas gewees het. Die meer informele drag het wisselende reaksies uitgelok. Jeans pla leerlinge nie, maar nie almal wil juffrou se tone in die oop skoene sien nie. Die onnies was meer verdeeld daaroor. Terwyl sommige gevoel het jeans is hopeloos te informeel, het ander gemeen dis aanvaarbaar. Een van die pro-jean-groep, mnr. Giles Richardson, adjunkhoof van die Hoërskool Die Burger in Roodepoort, sê as mense deesdae jeans kerk toe kan dra, sien hy nie fout daarmee om dit skool toe te dra nie. “Alles is tog bedek en sy lyk netjies.” Die sexy klere is deur die bank afgekeur. Die onderwysers meen dit sal die kinders se aandag aftrek en afbreuk doen aan die klas se respek vir hul onderwyser. “Wat as sy moet buk,” wou een van die leerlinge bekommerd weet. En op dieselfde noot het een bygevoeg: “Asseblief, juffrouens, dra ’n gordel by jul broeke sodat ons nie jul tergtoutjies (G-strings) sien nie.” Die leerlinge het net so min van die streng formele klere gehou. “Sy lyk soos Hilda van 7de laan,” was een se kommentaar. Ook die onderwysers het gereken kinders sal nie aanklank vind by iemand wat só aangetrek is nie. Baie leerlinge is ook nie beïndruk deur die sweetpak nie omdat dit onnet lyk. Maar die onderwysers merk op dat dit in sommige gevalle, soos in die liggaamsopvoedingklas, tog kan werk. Dr. Dereck Jackson, opvoedkundige en voorligter, sê talle studies het al bewys hoe belangrik die onderwyser se voorkoms is. ’n Onderwyser met ’n afgeronde voorkoms wat ’n vervelige les aanbied, is in proefnemings beter deur leerlinge ervaar as ’n swak geklede onderwyser met ’n opwindende les. Die onderwyser se voorkoms dra by tot beter dissipline, want ’n onderwyser wat vervelig lyk, sal die kinders verveel en hulle kattekwaad laat aanvang. “Onderwysers is deel van die kommunikasiewêreld. Wanneer ’n onderwyser die klas instap, vergelyk leerlinge die persoon met die aanbieder wat hulle die vorige aand op televisie gesien het.” Jackson se raad is: “Trek aan soos die dokters, prokureurs en ander professionele mense in jou gemeenskap aantrek.” • Onderwysers en leerlinge aan die Hoërskole Bellville in Kaapstad, Tuine in Pretoria en Floridapark en Die Burger in Johannesburg het aan die peiling deelgeneem.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|