| News24 | Die Burger | Volksblad | Beeld | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Streekkoerante | NetAfrikaans | ||||||
|
|
|||||
![]() |
||||||
|
|
||||||
| Voorblad | |||||||||||||||
| Meer Nuus | |||||||||||||||
| Suid-Afrika | |||||||||||||||
| Sport | |||||||||||||||
| Sake | |||||||||||||||
| Wêreld | |||||||||||||||
| In Diepte | |||||||||||||||
| Kommentaar/Opinie | |||||||||||||||
| Hoofartikels | |||||||||||||||
| Rubrieke | |||||||||||||||
| Briewe | |||||||||||||||
| Invoegsels | |||||||||||||||
| Tydskrif | |||||||||||||||
| Motors | |||||||||||||||
| Reis | |||||||||||||||
| Streeknuus | |||||||||||||||
| Leef in Gauteng | |||||||||||||||
| Kaap-Rapport | |||||||||||||||
| Multimedia | |||||||||||||||
| Fotogalerye | |||||||||||||||
| Blogs | |||||||||||||||
| Redaksieblogs | |||||||||||||||
| Leserblogs | |||||||||||||||
| Allerlei | |||||||||||||||
| Lotto | |||||||||||||||
| Nuusbriewe | |||||||||||||||
| Gewildste Stories | |||||||||||||||
| Promosies | |||||||||||||||
| Loopbane24 | |||||||||||||||
| Staatsdiensnuus | |||||||||||||||
| EPWP | |||||||||||||||
| Stalmaats | |||||||||||||||
| City Press | |||||||||||||||
| Sondag | |||||||||||||||
| Weer | |||||||||||||||
|
|||||||||||||||
| Meer oor Rapport | |||||||||||||||
| Wie is ons | |||||||||||||||
| Argiewe | |||||||||||||||
| Bestel foto's | |||||||||||||||
| Kontak | |||||||||||||||
| Redakteur | |||||||||||||||
| Web-redakteur | |||||||||||||||
| Nuusredakteur | |||||||||||||||
| Brieweredakteur | |||||||||||||||
| Ombudsman | |||||||||||||||
| Stuur jou video | |||||||||||||||
| Adverteer | |||||||||||||||
| Advertensiebestuurder | |||||||||||||||
| Nog Kontaknommers | |||||||||||||||
| Rapport-tariewe | |||||||||||||||
| Rapport.co.za-tariewe | |||||||||||||||
| Aflewerings | |||||||||||||||
| Teken in | |||||||||||||||
| Klagtes | |||||||||||||||
|
11/10/2008 20:27 - (SA)
Minki vonkel oor nuwe verbintenis Marlene Malan
Kaapstad Minki Visser vonkel behoorlik wanneer sy praat oor die glitz, glitter en glam van haar verbintenis met die beroemde Franse sjampanje Mumm. Nadat sy deur die internasionale maatskappy G.H. Mumm as sy “gesig” in Suider-Afrika gekies is, was die skiet van die reklameveldtog vir dié produk een van swier en glans, met “die mooiste klere en baie diamante”, vertel sy. Dié veldtog plaas haar in die klas van die ewe beeldskone model Eva Herzegova (35), wat pas as die gesig van een van die wêreld se ander beroemde Franse sjampanjes, Dom Pérignon, gekies is. Na Herzegova word dikwels as “die Marilyn van die 1990’s” verwys. Minki sê sy word graag met Mumm geassosieer “omdat dit sexy en sensueel is en selfvertroue en styl uitstraal”. “Dit versinnebeeld my waardes in elke opsig,” sê sy. “Ek het ja gesê vir die aanbod omdat ek mal is oor sjampanje.” Mumm is wêreldwyd die amptelike Formule Een-sjampanje – die een wat op wenpodiums geskud en gespuit word. Volgens me. Audrey de Mardt, kommunikasiehoof van Mumm se verspreiders in Suider-Afrika, Pernod-Ricard, het hulle op Visser (24) besluit “omdat sy die waardes en beeld van Mumm-sjampanje weerspieël”. Die kontrak geld vir ’n jaar, met die opsie om dit te hernu. “Van alle sjampanjes verkies die sjefs van die beroemde Michelin-gids vir voortreflike restaurante Mumm omdat dit uitstekend by alle kossoorte pas. Ons sien dieselfde sinergie tussen Minki en Mumm. Ons wou geen ander gesig as hare gehad het nie,” sê De Mardt. Mumm het ’n geskiedenis van 180 jaar, sedert die broers Jacobus, Gottlieb en Philippe Mumm dit in 1827 vir die eerste keer op hul wingerdplaas in die Rynvallei gemaak het. Sedert 1890 was dit die voorkeursjampanje in Europese paleise. Sowat 8 miljoen bottels word jaarliks in 100 lande verkoop, waarvan 40% in Frankryk. Minki sê sy geniet die droogheid van Mumm, maar as sy nie aan ’n glasie sjampanje teug nie, is haar gunstelingwyne shiraz, sauvignon blanc en chardonnay. Oor die geldelike ooreenkoms met Minki is De Mardt tjoepstil. “Al wat ek kan sê, is dat dit voordelig is vir albei partye.” • Ander beroemde sjampanjedrinkers is Marilyn Monroe, Noël Coward, Napoleon, Winston Churchill en James Bond.
|
|||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
|
|